Ek’t nooit kon dink toe ek Vrydag gecomment het terwyl ek so af gevoel het, dat Steve Saterdag se blog daarmee sou begin nie. En dan wonder my vriendin nog of Steve ooit almal se comments lees! Maar ten minste het “gister” se trane gesorg vir “vandag” se glimlag. Dankie Steve. En dit laat my dink aan iets wat my ma al baie gesê het: moet nooit iets doen om iemand te beïndruk nie, wees net jouself. Want die een keer wat ek toe net sê hoe ek voel en niemand probeer beïndruk nie, word ek aangehaal! Ek hoor al my laaitie: “Party mense leer moeilik en ander – soos my ma – leer nooit”!
Saterdag was ek en my laaitie in die dorp toe die hemel bokant ons oopmaak. Ons het byna weggespoel, was net betyds by die huis. En Saterdagmiddag roep my ma my om te kom kyk wat doen meneertjie: ![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
En vir iemand wat nie hou van vuilword nie, het hy homself lekker bemors!
My laaitie was ongelooflik bang vir Kersvader. Met sy eerste Kersboom by die kerk, kon selfs die geskenk in Kersvader se hand hom nie oortuig om nader te gaan nie. Maar die outjie word groot, het gister sommer langs Kersvader gaan sit! ![]()
![]()