Die spreekwoord sê van uitstel kom afstel. Maar dis verkeerd – eintlik moet dit wees van uitstel kom stres! Hester het my gevra om vir haar twee poppe te maak, een vir Februarie en een vir Maart vir twee dogtertjies. En dan wou sy ook graag een vir haarself hê. In die tussentyd reël ek om die naweek van die 15de by Renchia te gaan kuier.
Na ek dit besluit het, besef ek dat dit die ideale geleentheid is om die poppe vir Hester te vat. Twee weke voor die 15de. En dit neem sowat twee weke om een pop te maak.
So toe maak ek al drie gelyk. En al drie was Vrydagmiddag klaar en kon ek dit Saterdag vir Hester gee. Sy kon dit nie glo dat almal klaar is nie. En wat dit ook nog bietjie moeiliker gemaak het, was dat sy gesê het die een moet pienk wees, die ander een moet ek maar self besluit en vir die derde een het sy vir my gesê wat se materiaal om te gebruik.
Vir die een wat ek self moes besluit, kies ek toe blonde hare met ‘n appelkooskleur rokkie met teddiebeergesiggies op aangesien die dogtertjie ‘n jaar oud is.
Die pienke was maklik:
En Hester se pop is my eerste pop wat ek met swart hare gemaak het. ![]()
Ons planne vir die naweek het egter gewysig en het ons toe net vir Hester gaan kuier. Vroeg Saterdagoggend gery om betyds vir Karen Hougaard se verskyning by Alice Art Gallery te wees. En Steve weer te sien! Ek het daarin geslaag om met Harvey en René te reël dat my laaitie sy Boe! boek self by Steve kon kry en sê ek vir hulle baie, baie dankie.
Karen se skilderye is asemrowend pragtig en die detail laat jou verstom staan. En haar gedigte uit “Woorde sonder wysies” het almal stil gehad. Steve en Karen het om die beurt van haar gedigte voorgelees en die skilderye bespreek en hierdie een van die hek het baie aandag getrek. Steve was egter van mening dat dit ‘n blou bul moes gewees het…
Ek en my laaitie het ook die geleentheid gehad om Carike Keuzenkamp te ontmoet en kon ons haar vertel dat hy ‘n hamster genaamd Ghoempie het!
Al die opwinding het hom egter uitgeput
!
Sondagoggend het ons Centurion platgeloop op soek na ‘n blokfluit en uiteindelik, net voor ons besluit het om op te gee, darem een gevind.
Maar dit was net die begin van my en die laaitie se gesukkel. Ons het besluit om Renchia te gaan hallo sê voor ons huis toe gaan, en toe ry ek verkeerd. Ek kon darem weer die regte pad kry en het ons veilig by Renchia aangekom.
Dit was egter nie my dag gewees gister nie, want toe ons van Renchia af huis toe ry, ry ek wraggies weer verkeerd! Gelukkig het ek nou geweet ek kan uitkom waar ek wil wees en na twee keer se omdraai, was ons uiteindelik op pad huis toe.
Ek is egter van mening dat alles met ‘n doel gebeur en toe ons op ‘n ongeluk afkom, was ek in trane. My laaitie kon nie verstaan nie en toe ek hom dit sê en dat ek van mening is dat ons verkeerd moes ry omdat ons nie in daardie ongeluk moes wees nie, was hy ook nie meer vir my kwaad oor ek verkeerd gery het nie.
Ons was by die Wimpy aan vir aandete en was 18:30 by die huis. Die kat het al vir ons gesit en wag, seker weer ouma se ore moeg geroep na haar basie.
Amper vergeet ek die ander hoogtepunt van my naweek – ek het dubbel kaartjies gewen vir Steve en Anton Goosen se brugbou konsert. Nou moet ek net uitvind wat dit gaan kos vir my laaitie. Baie dankie Frank, jy het my naweek nog beter gemaak.
En dankie Hester, die naweek was heerlik. Sien nou net uit daarna dat julle weer vir ons kom kuier…
Klink soos ‘n lekker naweek…..
Comment deur platterfuss — February 18, 2008 @ 10:57 vm |
Ek dink dis baie ordentelik van jou om beide hier en sssb vir steve dankie te sê. Dit laat my dink aan die storie van die 10 melaatses, maar net een het omgedraai om te kom dankie sê na Jesus hom genees het!
Klink of jy ‘n heerlike naweek gehad het!
Comment deur sandra — February 18, 2008 @ 11:31 vm |
Dit was ‘n lekr besige naweek het jy nie ‘n man nie.Jy noem niks nie ,en as jy een het gelukkig vir jou want hy gun jou omtrent ruimte.Het dit ook nodig maar lyk my hoe ouer hle word hoe meer HANG hle aan jou (die man nou)
Comment deur blksm — February 25, 2008 @ 2:39 nm |
[...] is so 21 kunswerke ook in die boek. Ek sien intussen Xanika het ook oor die uitstalling geskryf, en sy was so gelukkig om daar ‘n draai te maak toe Steve [...]
Pingback deur Karen Hougaard - woorde sonder wysies « My Kop Op ‘n Blok! — April 5, 2008 @ 10:03 nm |
ek wou nou iets stunnings sê oor jou oulike oulike blok monoloog, maar ek voel eweskeilik ontsettend naar
het dalk iets geët of is dalk preggies
ek moet hol
Comment deur annora — April 8, 2008 @ 7:35 vm |