Xanika se Blog

Maart 31, 2008

My laaitie se wit en blou fietsie

Filed under: My laaitie — by Xanika @ 11:18 vm

My laaitie is in die wolke as ons dorp toe loop en hy kan met sy motorfiets ry. Hy pas nie eintlik meer op hom nie en sy knieë is al behoorlik deurgeskaaf, maar van sy motorfiets wil hy nog glad nie afskeid neem nie. Dit is natuurlik heeltemal te verstane, sy pa het dit vir hom nog voor sy geboorte gekoop. Hy het ‘n blinknuwe fiets in sy kamer, met ‘n valhelm en “arm guards” en hy kan al ry met net twee wiele, maar steeds verkies hy sy wit en blou fietsie. So toe ons Saterdag besluit om Spar toe te loop, het hy weereens met sy fietsie gery. 100_1434_edited.jpg100_1443_edited1.jpg En met die teruggaan slag, besluit hy dis ‘n goeie idee om nog bult op ook te loop. Daar is hierdie erge opdraende by ons huis en gewoonlik loop ons maar om die blok, maar omdat hy dit so geniet maak ek soms ‘n uitsondering. Op die foto lyk dit nou nogal nie so erg nie… 100_1444_edited.jpg

Die outjie se wang lyk darem nou nie meer so erg nie. 100_1445_edited.jpg Wens net hy wil sy hemde insteek! Snaaks genoeg het ek nooit nodig om te sê hy moet sy skoolhemp insteek nie, maar met gewone klere is dit ‘n gesukkel.

Die kat wou eintlik binne in die skoendoos gelê het, maar toe ons weer sien toe lê sy onder hom!100_1446_edited.jpg (My laaitie weet nou nie veel van my blog nie, maar wil altyd hê ek moet foto’s van die kat neem om op my blog te sit!)

Maart 28, 2008

Bokkiepark en die res en sies vir jou Jors!

Filed under: My laaitie, Uncategorized — by Xanika @ 10:51 vm

Bokkiepark in Boksburg was baie meer opwindend as “Bunny Park” in Benoni en beslis ook beter onderhou. Met die intrapslag wou meneer met die perdekar ry 100_1370_edited.jpg en het selfs die kamele ook aangedurf 100_1393_edited.jpg. Die snoepie is binne-in ‘n ou trein 100_1391_edited.jpg en later het ons nog sommer op hom rondgeklim ook! 100_1414_edited.jpg Hierdie hasie het so mooi gelyk waar hy op die klipmuur gesit het 100_1399_edited.jpg en hierdie bruin een het my na Marcell, my hasie, laat verlang 100_1400_edited.jpg. Verder was daar ook donkies 100_1401_edited.jpg 100_1402_edited.jpg, klein varkies 100_1404_edited.jpg , een groot vet vark 100_1403_edited.jpg en ganse met kleintjies 100_1408_edited.jpg wat nie baie beïndruk met my was dat ek hulle wou afneem nie. Ek het al vergeet wat se vreeslike naels hulle het 100_1412_edited.jpg! En hierdie een het ons lekker laat lag, was al voor ons en loop toe later. Ons roep hom toe terug en sê ek wil hom afneem en ewe mooi kom staan hy toe voor ons. 100_1413_edited.jpg

Die laaitie het die klimrame baie geniet 100_1405_edited.jpg en vir die eerste keer op so ‘n perd gery 100_1411_edited.jpg en op ‘n stadium was ek glad saam met hom op die ding! Ons het ook wipplank gery 100_1415_edited.jpg en hy was darem alleen op die glyplank! 100_1416_edited.jpg.

Saterdagaand was ons vir die eerste keer by Carnival City, ry altyd net daar verby. carnival-city.jpg Ongelukkig het ek nie my kamera gehad nie en het maar met my selfoon foto’s geneem wat nie so mooi duidelik uitgekom het nie. Die laaitie was baie bly dat ons weer met ‘n “trein” kon ry. trein.jpg

Volgende keer gee ek bietjie gratis publisiteit aan Koi Gallery 100_1422_edited.jpg, ‘n “petshop” met ‘n verskil en beslis die moeite werd om te besoek.

Vir die wat nog nie weet nie, my laaitie is gister deur ‘n hond gebyt. Hy is Dinsdag saam met sy oupa na my oom se plaas en hulle sou eers vandag teruggekom het. Hy het dit baie geniet, elke oggend gebel om more te sê en elke aand om nag te sê. Gisteroggend 9:25 lui my selfoon en ek weet sommer dadelik iets is fout. Hy is in trane en vertel my dat Jors hom gebyt het. Blykbaar was Jors besig om ‘n been te eet toe hy net by hom verbygeloop het en Jors hom gebyt het. Ek praat met my pa en hy sê hulle kom terug. Net na 11:00 stop hulle by my by die kantoor en ek gaan uit om my kind te groet. Kry amper net daar ‘n hartaanval, die hond het hom in sy gesig gebyt. Ek het my pa gevra om hom kliniek toe te vat en later het my ma ook gaan kyk of hy okay is. 100_1423.jpg Ek hoop net nie dit gaan lelike merke los nie. En die arme laaitie was net oor sy vrees vir honde.

Gistermiddag het ons cup cakes gebak, hy geniet dit baie en kan dit nou al amper self doen. 100_1424.jpg 100_1427.jpg So toe eet ons sommer cup cakes vir aandete. 100_1429.jpg

En later moes die kat dit weer ontgeld, want ten spyte van al sy ontberings, kan hy haar nou maar net nie uitlos nie! 100_1432.jpg

Hopelik het ons ‘n rustige naweek…

Maart 26, 2008

Paasnaweek…

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 10:28 vm

Donderdagoggend word ons deur hierdie pragtige gesig begroet toe ons by die voordeur uitstap. 100_1352_edited.jpg 

En Vrydagoggend ry ons Boksburg toe vir die naweek. Vir ‘n slag was dit nie net ek en die laaitie alleen nie, my pa het saamgery, want hy het ‘n neef in Boksburg en ons moes daar verbyry oppad na Elize-hulle, so dit was ‘n gulde geleentheid vir hom om ‘n slag vir hulle te gaan kuier. Elize het ons daar kom kry en ons het agter haar aangery, maar die pad is baie maklik en volgende keer behoort ons darem self daar uit te kom. Sy het twee pragtige tienerseuns: 100_1353_edited.jpg

Saterdagoggend was ons eers na Eastrand Mall waar ek Therschia se lappop vir haar gegee het en sy was heel tevrede met haar (ek moet tog ‘n foto opsit…)

Van daar is ons na die “Bunny Park” in Benoni en die laaitie het dit baie geniet. Dit was nou wel reënerig, maar nie so erg dat ons nat geword het nie. 100_1354_edited.jpg  100_1356_edited.jpg Om te dink, ons moes al dit pad van die platteland af kom om varke en skape af te neem! 100_1357_edited.jpg 100_1358_edited.jpg En hierdie gans het so mooi vir ons ge”pose” dat ek net ‘n foto moes neem. 100_1359_edited.jpg  100_1361_edited.jpg  100_1362_edited.jpg  100_1363_edited.jpg 

Treintjies het egter nog nie hul betowering vir die laaitie verloor nie…100_1364_edited.jpg 

Om nie te praat van muntstuk motors en olifante en goed nie!  100_1367_edited.jpg

Ek vertel later van die Bokkiepark en die res…

Maart 17, 2008

Wilge Makiti

Filed under: My laaitie, Uncategorized — by Xanika @ 11:10 vm

Die naweek was dit Wilge Makiti. As ons wil hê dit moet reën, dan hou ons net Makiti!

Donderdagmiddag het daar niks aangegaan nie. Vrydag was bedrywig en gelukkig net koud en het dit nie die middag gereën nie. Saterdagoggend was koud en na 11:00 het dit begin reën. Vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd het ek natgereën. Ek het dadelik in die bad gaan spring toe ons by die huis kom om weer lewe te kry.

Die enigste rede hoekom ons Donderdagmiddag gaan kyk het, was oor ek die laaitie belowe het en omdat die toegang gratis was. Ons was seker nie 10 minute daar om alles te sien nie en was net op pad huis toe, toe dit begin reën.

Vrydag wou die laaitie al vroeg gaan, maar ek moes eers klaar werk. Die skool het 11:50 uitgekom, maar ek moes nog tot 12:30 werk en ons is toe na die Makiti. Lanklaas ook so verkeerd geëet soos die naweek, worsbroodjies en spookasem en pannekoek en sosaties en gaskoeldrank was al wat op ons spyskaart vir Vrydag en Saterdag was!

Het rondgedrentel tussen die stalletjies en in die pretpark. Natuurlik moes ma saam… Maar Vrydagmiddag was kalm teen Saterdag!

En Vrydagaand het Juanita du Plessis gesing. Het gewens ek het Frank se boet daar gehad om mooi foto’s te kon neem! 100_1330_edited.jpg 100_1331_edited.jpg 100_1340_edited.jpg 100_1345_edited.jpg Daarna het ons geduldig in die ry gaan staan om ‘n CD te koop en vir haar handtekening en ‘n foto. Daar was ongelooflik baie mense, dink nie dit was veel minder as by Brugbou nie en dit is baie verbasend vir ‘n klein plattelandse dorpie. Terwyl ons daar staan en wag het, het iets gebeur wat my in verwondering gelaat het oor die onnosel, onbesonne of is dit sommer “stupid” goed wat mense kan aanvang. Eers vat ‘n dogtertjie ‘n foto van die tafel sonder om te betaal en ek vat dit toe by haar en sê sy moet geld by haar ma gaan kry en sit dit terug op die tafel. Nie lank nie toe kom sy en haar ma en nog ‘n vrou daar aan. Die ma vra vir Juanita of sy iets wil hê om te drink, daar is ongelukkig nie Savanna nie maar daar is wel Sarita (of so iets, ek drink nie so my kennis oor drank is uiters beperk!). Sy gee toe vir een van Juanita se “crew” ‘n halfgedrinkte bottel, hulle het net ‘n slukkie gevat en is seker Juanita sal nie omgee nie.

Ek kon nie sien of Juanita die bottel gevat het of ‘n slukke gevat het nie (ek vermoed wel sy het), maar het later opgemerk dat haar man daarna staan en kyk het. Juanita was in elk geval baie vriendelik met hulle en hulle is heel gelukkig weer daar weg. Hoe kan ‘n mens so iets doen?! Ek doen dit nie eens met my vriende nie, sal soms as ek vir my laaitie koeldrank ingooi ‘n slukkie vat en vir hom gee en sê ek het daarvan gedrink, maar dan is die glas nog vol.

Het iemand egter iets gesê dan was dit seker gister die koerante vol hoe ongeskik Juanita is of so iets. Maar eintlik is dit as gevolg van mense wat… Wag, laat ek liewer weer van my en my laaitie vertel!

Ek het ‘n foto gekoop om te laat teken en Juanita het ook in sy boekie geteken waarin Steve en tannie Carika en Navi Redd nou al geteken het. En ek het ‘n foto van hulle geneem wat gelukkig baie mooi gekom het. 100_1346_edited.jpg

Daarna het ek met Juanita en haar man gestaan en praat en dit was lekker om met hulle te kon gesels! Ek wens Juanita alle sukses toe vir die toekoms en gaan moeite doen om haar CD’s in die hande te kry.

Saterdagoggend was ons al voor 10:00 weer by die Makiti, maar dit was koud en het gelyk na reën. Ek was mal genoeg om saam met die laaitie te gaan gly image011_edited.jpg en aangesien hy die “Space Rocket” baie geniet het, moes ek saam. space-rocket_edited.jpg Dit was ‘n ervaring wat ek nie maklik kan beskryf nie, en plaas daarom net foto’s: image005_edited.jpg image007_edited.jpg image008_edited.jpg image009_edited.jpg image012_edited.jpg image013_edited.jpg image014_edited.jpg

Hy wou nog in die tornado gaan ry en die skulpies en ek weet nie wat nog alles nie, maar ek was gered deur die reën. Of so het ek gedink, want om nat te reën was toe ook nie so lekker nie!

Terug by die huis het ons in die bad gaan spring en die res van die dag rustig binnenshuis deurgebring!

Maart 10, 2008

Vliegtuie en hamsters…

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 10:18 vm

Saterdag was ons jaarlikse lugskou. Of moet ek sê verskoning vir ‘n lugskou. Want die persoon wat verantwoordelik was vir die advertensies, het blykbaar die webadres verkeerd aangegee met die gevolg dat dit een groot flop was. Daar was nie eens tien vliegtuie nie. En net een of twee vlieëniers wat wel probeer het om ‘n vertoning te gee. Vir my laaitie was die springkastele en waterglybaan baie meer opwindend!image033_edited.jpg 

En hierdie vliegtuig kon nie opstyg nie, want blykbaar was die enjins te warm (die ou het pas van Bultfontein af gekom, het familie hier). image025_edited.jpg Daar was darem een valskermspringer…. valskerm_edited.jpg

Die modelvliegtuie was baie meer opwindend. En pragtig. En party van daai ouens kan van vlieg. image032_edited.jpg image001_edited.jpg Ek hou van die helikopters.  image027_edited.jpg Niemand het geglo dat Snoopy “air borne” sou raak nie, en hy het ‘n paar ouens ore aangesit! image029_edited.jpg Die “flight simulator” was vir my laaitie baie pret, het gesukkel om hom te oorreed dat ons moet huis toe gaan. image031_edited.jpg

Sondagmiddag weer die hamster se hok moes skoon maak. Hierdie keer het ek maar gesorg dat ek self na ou Ghoempie kyk! Laaitie was hoeka besig om grassnyers buite rond te stoot! Die hamster het dit baie geniet en selfs ‘n gat gegrawe, so lyk darem of hy dit nog ‘n rukkie sal maak! image002_edited.jpg image003_edited.jpg image0000-3_edited.jpg

Volgende Blad »

Aangedryf deur WordPress.com