Xanika se Blog

Mei 8, 2008

Net ‘n bietjie (onnodige?) inligting

Filed under: My laaitie — by Xanika @ 7:53 vm

Ek het toe besluit om hom nie te sê sy halfsussie verjaar nie en ons het dus ook nie soontoe gegaan nie. En sy ouma se moedersdagkaartjie pos ons sommer vir haar.

Ek is weg by my eks nog voor my laaitie 4 maande oud was, want hy het gesê dis nie sy kind nie. In daardie tyd het hy een keer sy onderhempie uitgetrek toe hy moes gaan bad, een keer vir hom bottel gegee terwyl hy in sy waentjie gelê het en een of twee keer hom vasgehou sodat ek ‘n foto kon neem.

Ek weet vir ‘n feit dis sy kind, want ek was nooit ontrou aan hom gewees nie.

Ek het die laaitie gereeld na my eks ouers toe gevat, want ek het gevoel dis nie reg dat hulle ook gestraf word nie. Ons bly almal in dieselfde dorp en kan hulle huis van ons huis af sien, dus het hulle geen verskonings om nie die laaitie te sien nie.

Maar hulle stel nie belang nie en ek is moeg daarvoor om agter hulle aan te ry. Ek het gesorg dat hulle hom gereeld sien en hulle het baie duidelik gewys hulle stel nie belang nie.

Die laaitie is nou amper sewe en ek dink ek het meer as my deel gedoen dat hulle my nie eendag sal kan verwyt en sê ek het hom van hulle af weggehou nie, as hulle hom wil sien sal ek hulle nie keer nie, maar dit sal van nou af van hulle kant af moet kom.

Die laaitie was as baba baie gesond, maar my eks het gerook en die laaitie het gereeld met ‘n loop neus gesukkel. Toe hy so ongeveer een jaar oud was, het hy boonste lugweginfeksie gekry en was hy daarna baie gereeld siek.

Hy het kroep gekry en van toe af het hy elke liewe keer as hy verkoue of griep gekry het, brongitis gekry. Ek was raadop en ons was ten minste een keer elke sewe weke by ‘n dokter. Toe ek dit eendag nie meer kon vat nie en in trane by die dokter uitbars en vir hom sê ek is moedeloos, wat kan ons doen sê hy dis ‘n allergie. Hy het begin medikasie gebruik daarteen en van toe af word hy bitter min siek, nog net twee of drie keer verkoue gehad en dit het nie een keer oorgesit in brongitis nie.

Wat ek wil sê is, ek moet elke keer my eks bel as ek die kind dokter toe vat, anders weier hy om die rekening te betaal. Maar hy het nog nie een keer daarna gebel om te hoor wat fout is of hoe dit met die kind gaan nie. Hy het een keer gebel die middag na ek die laaitie by die dokter gehad het en ek het gedink dis oor hy wil hoor hoe dit gaan met die kind, maar hy het glad nie eens oor hom uitgevra nie!

Hy het my al gebel om telefoonnommers te kry en oor allerhande nonsens, maar nog nie een keer het hy gevra hoe gaan dit met sy kind nie.

Dit lyk nie vir my of hy belangstel nie, en as hy wel belangstel, steek hy dit ongelooflik goed weg.

6 Kommentaar »

  1. Hi Xanika

    Dit is jammer dat die X nie belangstel in sy seun nie. Jy het jou kant gebring. Daar is niks meer wat jy kan doen nie.

    Oor die Oupa en Ouma. My gevoel is dat dit nou maar hulle probleem is. As ek in jou skoene was sou ek nie weer daarheen gegaan het nie en as hulle vra hulle laat weet dat jou huis vir hulle oopstaan.

    Comment deur Riaan Oosthuysen — Mei 8, 2008 @ 8:42 vm |Reply

  2. Wees bly jy is ontslae van die ding (jy kan hom nie ‘n mens noem nie).

    Die oupa en ouma se oë mag dalk eendag oopgaan, en dit kan net te laat wees. Jou seuntjie kan net besluit hy wil niks met hulle te make hê nie. Hy word groot en sy ogies gaan ook oop.

    Comment deur Amanda — Mei 8, 2008 @ 12:16 nm |Reply

  3. Moenie stress oor dit nie, die ouma, oupa en jou X die vrugte pluk van hulle dade en soos hulle sê spyt kom altyd te laat.

    Comment deur Suz — Mei 8, 2008 @ 12:29 nm |Reply

  4. Sterkte Xanika! Dis maar ‘n moeilike saak.

    Comment deur Wipneus! — Mei 8, 2008 @ 1:45 nm |Reply

  5. Sterkte vir jou Xanika.
    Mag God jou behoed en bewaar.
    God Bless!

    Comment deur Paula — Mei 9, 2008 @ 10:06 vm |Reply

  6. Darem weet jy nou dat jy jou kant gebring het. sterkte dit kan nie maklik wees nie

    Comment deur neykie — Mei 12, 2008 @ 10:11 vm |Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Aangedryf deur WordPress.com