Xanika se Blog

Julie 31, 2008

Perfect man

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 8:31 vm

The perfect man is gentle
Never cruel or mean
He has a beautiful smile
And keeps his face so clean.

The perfect man likes children
And will raise them by your side
He will be a good father
As well as a good husband to his bride.

The perfect man loves cooking
Cleaning and vacuuming too
He’ll do anything in his power
To convey his feelings of love for you.

The perfect man is sweet
Writing poetry from your name
He’s a best friend to your mother
And kisses away your pain.

He never has made you cry
Or hurt you in any way
Oh, screw this stupid poem
The perfect man is gay.

Julie 29, 2008

Ek het my eks begrawe…

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 11:59 vm

Gistermiddag het ek vir my eks ‘n sms gestuur: “Hierdie is my laaste poging om reaksie uit jou te kry. As ek niks van jou hoor nie, sal ek ‘n prokureur gaan sien oor die geld wat jy sou bydra vir jou laaitie se skoolbenodigdhede. Ek sal jou ook nie verder laar weet van besoeke aan die dr nie, jy sal maar sien as jy die rekening kry. En moenie verder worry oor jou vadersdagkaartjie nie, jou laaitie het besluit om dit liewer weg te gooi. Moet ook nie my een dag wil kwalik neem as jou oudste seun niks met jul te doen wil he nie, ek het hom genoeg agter julle aangery en sal geen verdere pogings aanwend nie.”

Ek glo hy het dit gekry, maar of hy dit gelees het of kan lees sal ek nie weet nie. Net voor ek dit vir hom gestuur het, het ek met my ma daaroor gepraat en sy sê toe sy het hom vroeër die dag in die dorp gesien en hy lyk soos Jannie gaan weeshuis toe. Dalk het hy besluit om hom nie meer aan my sms’e te steur nie. Nie dat dit nou meer sal saak maak nie, want ek beplan nie om ooit weer vir hom ‘n sms te stuur nie. Of met hom te praat nie. Of enigiets met hom te doen wil hê nie.

Hy maak my so vies met sy slap gat houding. Ons kan sy huis van ons huis af sien, maar dis vir hom te veel moeite om net af en toe vir sy kind te kom hallo sê. Of om hom te kom haal vir die naweke en vakansies wat hy geregtig is om hom te kry. Nie dat ek daaroor treur nie, is vir my moeilik sonder my laaitie en die keer of wat dat hy wel daar gekuier het, het ek die hele tyd geworry! (http://tekkies.wordpress.com/2008/03/03/is-jy-bietjie-gatvol/)

Die laaitie het vir sy pa ‘n kaartjie vir vadersdag gemaak. Hy het hom al drie keer gebel en gevra hy moet kom kuier en dit kom haal. Dit lê nog net so op die kas by die voordeur.

En dan is daar die R2,000.00 wat hy sou bydra vir die laaitie se skoolbenodigdhede met die dat hy die jaar skool toe is. Maar ek moet seker al van beter weet en lankal daarvan vergeet het. En nee, ek gaan nie ‘n prokureur daaroor sien nie. Dit was tog net ‘n mondelinge ooreenkoms en ek het geen bewys dat hy dit wel gesê het nie.

Hy het in ons skikkingsakte dit op skrif laat sit dat ek hom eers van alle doktersbesoeke moet laat weet. Ek het dit nog elke keer gedoen en nog nie een keer het hy daarna enige pogings aangewend om uit te vind wat fout is of hoe dit met die kind gaan nie.

Van die 10de Januarie af het ek vir my eks 10 sms’e gestuur. Ek dink nie dis te erg nie? En nee, hy het nie op een van hulle gereageer nie. Die nommer is wel reg, want dis die een waarop die laaitie hom bel en hy het hom darem nog elke keer in die hande kon kry.

Hy het nie eens die laaitie geluk gewens met sy verjaardag nie. En more word sy ander laaitie een jaar oud, maar ek sal maar weer sorg dat my laaitie nie daarvan weet nie. Dit kan nie goed wees dat ons altyd vir hulle geskenke aan dra, maar hy kry nooit iets van hulle af nie. En moet nou nie vertel dit maak nie saak nie, vir kinders maak dit beslis saak.

So gistermiddag het ek my eks begrawe…

Why women are crabby

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 11:33 vm

We started to ‘bud’ in our blouses at 9 or 10 years old only to find that anything that came in contact with those tender, blooming buds hurt so bad it brought us to tears. So came the ridiculously uncomfortable training bra contraption that the boys in school would snap until we had calluses on our backs.

Next, we get our periods in our early to mid-teens (or sooner). Along with those budding boobs, we bloated, we cramped, we got the hormone crankies, had to wear little mattresses between our legs or insert tubular, packed cotton rods in places we didn’t even know we had.


Our next little rite of passage was having sex for the first time which was about as much fun as having a ramrod push your uterus through your nostrils (IF he did it right and didn’t end up with his little cart before his horse), leaving us to wonder what all the fuss was about.


Then it was off to Motherhood where we learned to live on dry crackers and water for a few months so we didn’t spend the entire day leaning over Brother John . Of course, amazing creatures that we are (and we are), we learned to live with the growing little angels inside us steadily kicking our innards night and day making us wonder if we were preparing to have Rosemary’s Baby.

Our once flat bellies looked like we swallowed a whole
watermelon and we pee’d our pants every time we sneezed. When the big moment arrived, the dam in our blessed Nether Regions invariably burst right in the middle of the mall and we had to waddle, with our big cartoon feet, moaning in pain all the way to the ER.

Then it was huff and puff and beg to die while the OB ? says, “Please stop screaming, Mrs. Hearmeroar . Calm down and push.  Just one more good push” (more like 10), warranting a strong, well-deserved impulse to punch the %$#*@*#!* hubby and doctor square in the nose for making us cram a wiggling, mushroom-headed 10 pound bowling ball through a keyhole.

After that, it was time to raise those angels only to find that when all that ‘cute’ wears off, the beautiful little darlings morphed into walking, jabbering, wet, gooey, snot-blowing, life-sucking little poop machines.


Then come their ‘Teen Years.’ Need I say more?


When the kids are almost grown, we women hit our voracious sexual prime in our early 40’s – while hubby had his somewhere around his 18th birthday.


So we progress into the grand finale: ‘Menopause’, the Grandmother of all womanhood. It’s either take HRT and chance cancer in those now seasoned ‘buds’ or the aforementioned Nether Regions, or, sweat like a hog in July, wash your sheets and pillowcases daily and bite the head off anything that moves.


Now, you ask WHY women seem to be more spiteful than men, when men get off so easy, INCLUDING the icing on life’s cake: Being able to pee in the woods without soaking their socks…

So, while I love being a woman, ‘Womanhood’ would make the Great Gandhi a tad crabby. You think women are the ‘weaker sex’?  Yeah right.  Bite me.

Julie 23, 2008

Nog ‘n verjaardagpartytjie… (en ‘n laaitie sonder ore)

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 8:49 vm

Saterdagoggend was ons nog gou eers by die dominee se dogtertjie se tweede verjaardagpartytjie. Sy is beslis die besigste kleintjie wat ek ken. Weet nou nie of dit iets te doen het met die feit dat sy ‘n laatlammetjie en klein wonderwerkie is nie, maar ek sal nie baie lank met so ‘n kind kan geduldig wees nie. Ek sê nog altyd ‘n kind wat so bederf word, is op die ou end nêrens welkom nie en is vir niemand ‘n plesier nie.

Die klein brakkie met die ballon om die nek het te dierbaar gelyk:

Die dominee en sy gesin is nog nie lank hier nie en moes daarom maar van die gemeentelede se kinders nooi en was daar nie eintlik ander kleintjies van die verjaardagmaatjie se ouderdom nie.

‘n Tannie in die ouetehuis het die Barney koek vir haar gebak:

En springkastele is oral gewild!

My laaitie was altyd hierdie gehoorsame, bedagsame kind, maar skielik kan ek nie met hom huis hou nie. Hy vat met alles kanse en as ek iets sê, dan het hy iets om terug te antwoord. En gewoonlik wanneer hy stout was en ek hom gefoeter het, het dit vir baie lank goedgegaan.

So eergistermiddag toe gaan haal ek nou maar vir siepsop braaiboud en gaan deur die hele uitputtende sessie om hom net ‘n paar houe op die boud te gee, maar gister was niks beter nie. (Ek slaan hom bitter min, want dit is amper erger as ‘n work out in ‘n gim!)

Op die oomblik werk ek voldag, want die baas gaan Saterdag vir ‘n maand oorsee. Met die gevolg dat die laaitie in die middag saam met my kantoor toe moet kom. Ek verwag dan van hom om sy huiswerk by die kantoor te doen sodat dit klaar kan wees teen die tyd dat ons huistoe gaan. Gistermiddag het hy allerhande slim stories, want hy weet sy ma sal niks voor die baas se vrou doen nie.

Boonop was daar nog kliënte ook by die baas so ek moes maar luister na al sy stories. Vieruur toe sê ek nou gaan ons huistoe. As ek elke dag moet voldag werk, sal ek hom maar liewer na een van die huiswerksentrums toe stuur, want vir so ‘n gesukkel elke dag sien ek sowaar nie kans nie.

By die huis aangekom vertel hy hy het hoofpyn. Ek sê toe as hy nie sy huiswerk gaan doen nie, gaan hy meer pyne hê as net ‘n hoofpyn. En sommer vinnig is alles klaar gedoen.

In die week as daar skool is, gaan sy wekker 6:55 af en hy weet hy moet dan opstaan en aantrek sodat ons kan gaan eet en ry sodat hy betyds by die skool kan wees. Toe ek vanoggend 7:15 in sy kamer instap nadat ek klaar gestort het, staan hy eers op en vertel hy kan nie aantrek nie, want hy is vreeslik honger. So toe gaan eet ons eers. En ten spyte van al my versoeke dat hy moet klaarmaak, was hy nog nie klaar toe ons 7:50 moet ry nie.

So toe klim ek in die kar en ek ry. Snaaks hoe vinnig hy toe aangehardloop kom. Hy is skool toe sonder ‘n das, trui of baadjie. Maar ek het dit klaar in die kar gehad en hom net gou by die skool gehelp om tog maar klaar aan te trek. Vanmiddag sal hy maar moet huistoe loop, want omdat hy laat was, was ek nog nie 8:00 by die werk nie.

Hoop dit gaan more beter…

Julie 21, 2008

Cowboys & Indians

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 10:42 vm

Saterdag se partytjie was ‘n reuse sukses. Dis nou ten spyte van die feit dat net 4 van die genooide 7 maatjies opgedaag het. Maak mens moedeloos as jy alles beplan en die mammas laat weet nie net dat hul kiddies nie kan kom nie. Want dan kon ons ander in hul plek genooi het. Hulle het seker nog nie alles beplan en gereed gekry en dan daag daar nie ‘n enkele maatjie op nie… Dit het al met ons gebeur en vir my arme kind was dit so sleg, maar nou ja, nie almal weet wat dit is om ‘n sin vir verantwoordelikheid te hê nie.

Donderdagmiddag het ons koek gebak en Vrydagmiddag het ons dit versier.

Ek het besluit om nie weer soos verlede jaar tafels uit te dra buitentoe en die gazebo op te slaan nie, almal is baie gewillig om te help voor die tyd, maar wanneer daar opgeruim moet word is niemand in sig nie!

Toe alles in die huis uiteindelik gereed was, het ons die springkasteel laat opblaas en het die groot spelery begin, was nog besig toe die eerste maatjie meer as ‘n halfuur voor die tyd al opdaag. 

Teen 14:30 het die ander ook begin aankom en teen 14:45 het ek besef dat die ander dan seker nie gaan kom nie. Van 2 se mammas het ek niks gehoor nie, maar die derde een het na my toe gekom by die skool en vir my gesê sy sal haar laaitie bring, sy sal hom net dalk vroeg al kom haal. Moes seker toe al besef het dan sal hy glad nie kom nie, maar nou ja, ons bly maar hoop en vertrou!

Net voor 15:00 het ek almal bymekaar gemaak vir ‘n foto…

en toe is ons die huis in om te gaan koek eet. Ons het Steve se Laaities & Ladies gebruik om te help sing en het almal gehelp om die kersie dood te blaas. Dink ons moet ophou om syfers te koop vir kersies en kyk of hy volgende jaar al 8 kan doodblaas!

Na almal koek geëet en iets gedrink het, is hulle weer uit buite toe om te gaan speel.

En na al die maatjies huis toe is, het ek en ouma ook bietjie pret gehad…

En toe die springkasteel se motor afgeskakel is sodat ons dit kan opvou, het die kat ook gaan kyk!

Na ‘n lang dag was dit tyd om bietjie rustig te verkeer…

Volgende Blad »

Aangedryf deur WordPress.com