Markdag

Published September 2, 2008 by Xanika

Gister was my laaitie se eerste markdag by die skool. Ek was net voor pouse by die skool en het ek hom gehelp om sy tafel reg te kry.

Hy het spuite met kondensmelk , malvahorinkies met sherbert en houertjies jellie met ‘n seediertjie binne-in verkoop.

Ons het vir elke item R5.00 gevra sodat hy self elkeen kon help en nie hoef te sukkel met verskillende pryse nie. Die malvahorinkies was nie baie gewild nie en die meeste het ons verniet uitgedeel, maar hy het nogtans R69.00 wins gemaak en ek dink nie dis te sleg vir ‘n laaitie van 7 nie!

10 comments on “Markdag

  • Riaan ~ hy het die sherbert gemeng – moes drie keer alles sif! – en het dit toe in die roomyshorinkies gegooi. Hy wou graag die kondensmelk in die spuite optrek, maar dit was ietwat van ‘n gemors en het ek dit toe maar liewer self gedoen. Met die jellie het hy baie gehelp, hy het die diertjies in die botteltjies gesit en die jellie aangemaak, ek het dit net ingegooi. Hy help graag in die kombuis en ek kan nie kla dat hy nie wil help nie.

    Ninette ~ baie dankie. Was vir my net so leersaam!

    Paula ~ dankie. Wil net kyk as ons weer in ‘n groot plek kom vir inspuitings, hier by ons kos dit R2 vir een en as ons dit goedkoper kan kry sal dit nog beter werk.

  • Ekke laaik sweeties maar ekke bly te ver om die sweeties daar te koop!!

    Dit was nou oulike idees gewees. Ek hou van hierdie markdae by skole, dit leer die kinders van geldsake (al is dit net basies). Hopelik het hulle nie al hulle winste weer by die ander tafels gaan blaas nie…

  • loergaatjie ~ dankie vir jou comment. My laaitie het net R6.00 spandeer by die ander tafels, hy kry dit baie beter reg om nie geld uit te gee nie as sy ma! Lyk of hy goed leer uit my foute…

  • Leave a Reply

    Fill in your details below or click an icon to log in:

    WordPress.com Logo

    You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

    Twitter picture

    You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

    Facebook photo

    You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

    Connecting to %s

    Follow

    Get every new post delivered to your Inbox.

    Join 28 other followers