
En so het ons aan die einde van nog ‘n jaar gekom. Mag die jaar wat voor ons lê vol mooi dinge wees – mag die slegste van 2009 wees soos die beste van 2008!

En so het ons aan die einde van nog ‘n jaar gekom. Mag die jaar wat voor ons lê vol mooi dinge wees – mag die slegste van 2009 wees soos die beste van 2008!

Mag een en elkeen wat hierdie lees, ‘n baie geseënde Christusfees hê.

Vandag sluit die kantoor uiteindelik en het ek vir die eerste keer die jaar ‘n behoorlike ruskansie.
Van rekenaars en selfone wil ek so ver moontlik wegbly en weet ek gaan my blog baie mis, maar hier sal in elk geval seker nie veel mense inloer nie!
Mag een en elk wat ook verlof het, dit baie geniet en sterkte vir die wat nog moet werk.
En ‘n spesiale woord van dank aan en een elkeen wat in die afgelope jaar ‘n comment op my blog gelos het. Ek hoop nie ek laat iemand uit nie en weet ongelukkig nie wat om vir elkeen van julle te sê nie en hoop nie ek kom iemand te na deur net vir sommiges boodskappies by te sit nie, maar weet dat ek baie dankbaar is vir elkeen wat op my blog comment en soms verras is om te sien wie hier inloer (ek voel soms so skaam en teruggetrokke dat ek heeltemal verstom word deur jul goedhartigheid!).
Roer
boegels
mollie
wag-‘n-bietjie (ek geniet jou foto’s baie)
Louise Visser (jy weet altyd wat om te sê om mens op te beur)
Zee (met die mooiste blondekop “klein”seuntjie)
sterretjie (was die pop se ontvanger darem bly oor haar?)
Dellie
Sharks (nou meermin!)
Amanda / loergaatjie
Suz (dankie vir jou opbouende e-mails)
krista
platterfuss (mis jou)
boendoe
BB
neykie
wit perd
Platkuif (weereens dankie vir my bosparra.com hemp en pet!)
patches
Marina
jenny (dankie vir al die lekker gesels deur die jaar)
skoenlapr
attie
Skoor
ding (so bly om jou weer raak te lees)
pluim
sandra (wonder wat van jou geword het)
Koekie
blksm / lepel / slons
Johan Swarts
Petro (dankie weer vir die foto’s)
Wipneus!
annora (iewers het ek jou ontstel, jammer)
Riaan Oosthuysen
Frank Botha (dankie vir jou mooi woorde op jou blog)
machiel
dirkltjie
Jeanette
Pikkelik
Paula
kaalvoetinireen
Jaco
Estia
Eendjie
Jeannie
Tersia
Gerba
Ninette
Bierpens (ek het nie van kekkel op die plaas vergeet nie, maar my dae het net te min ure!)
elize (so bly ek kon jou ontmoet en hoop ons kan weer kuier)
Blixer
Jo-Ann Schou
oopkop (hoop dit gaan baie goed met julle en die pienkvoet)
Die Gestorwe Soldaat (nooit kon dink jy sou inloer nie, dankie)
marike (ek hoop jul het troos gevind na jul groot verlies)
007meisie
Monna
Oom Jan
Blondie
boskind
Renchia
Kokkewiet
rb
harrylouw
thasia
juffer
Nelba
nella
Carolina
George (baie dankie, jy’s wonderlik)
Anlo
Tinkie
White Knight
Ciska-Rene
Emma Dixon
Adrie (het lekker op jul blog gekuier en sal weer volgende jaar inloer)
skroplap
Klip
lola
Hoop ons kan almal weer lekker saam kuier in 2009! En ek gaan hard probeer om by meer blogs in te loer…
Die jaar snel ten einde en die baas werk asof die kantoor nie weer na Vrydag gaan oopmaak nie. Weet nie lekker hoe mens in twee weke se tyd alles gedoen moet kry waarvoor jy in ‘n hele jaar nooit tyd gekry het nie…
Die laaitie se hondjie word groot. Sy bly nou permanent buite en slaap ook buite. Sy huil nog maar baie, maar dit sal darem seker ook verbygaan.
Ons wil haar naam na Knersus verander, sy byt nog steeds alles wat voorkom en ons loop nou al omtrent almal met iets in ons hande as ons buite toe gaan om haar aandag van ons bene af te trek!
Toe sy nog in die huis gekom het, was sy lief daarvoor om in die stort te gaan slaap, seker lekker koel en nat daar. 
En kyk het hoeveel het sy gegroei! 
My laaitie neem blokfluitlesse by ‘n vriendin van my ma. Aan die einde van elke jaar hou sy ‘n konsert om te wys wat die kinders alles deur die jaar geleer het en om te wys hoe hulle vorder. Gisteraand was my laaitie se eerste “Musiekaand”.
Hy het baie mooi gespeel, al was hy in die diepkant ingegooi – sy maatjie wat saam met hom les het en saam met hom moes speel, was nie by die konsert nie en moes hy toe maar alleen speel.
Al die kinders speel en sing baie mooi en daar is ook ‘n paar volwasse vroue wat sang- en klavierlesse neem. Die een se dogtertjie het net glad nie daarvan gehou dat haar mamma moet gaan sing nie en het vreeslik hartseer gehuil en dan maar na mamma toe gegaan!
Hierdie eerste foto’s het ek met my kamera geneem en toe vir interressantheid besluit om die res met my selfoon te neem.
Daar was nie baie mense nie, skool het mos reeds verlede Woensdag gesluit, maar dink ek tog dit was ‘n groot sukses. Almal het dit baie geniet en dit was lekker om ‘n paar liedere te kon saamsing waar die tannie die gehoor ook betrek het.
Aangedryf deur WordPress.com