Vrydagmiddag was my hart so seer toe ek my laaitie se skoolboeke teken. Ek het hierdie opstel in een van sy boeke ontdek:
Wat meer kan ek sê…
Vrydagmiddag was my hart so seer toe ek my laaitie se skoolboeke teken. Ek het hierdie opstel in een van sy boeke ontdek:
Wat meer kan ek sê…
Jinne, Xanika, dit is genoeg om mens hatseer te maak. Gelukkig weet hy sy mamma is lief vir hom…
Ninette ~ gelukkig ja. Mens hoor so dikwels van kinders in gebroke huise met niemand wat lief is vir hulle nie, maar met God se genade kan ek vir my kind die beste mamma wees wat hy verdien.
Onthou net altyd, soos jy sê, JY is die beste mamma vir AJ – meer as dit kan jy nie doen nie. Miskien moet jy daai opstelletjie is sy posbus gaan gooi…
Lief vir julle
Renchia ~ ja, ek het ook nogal gedink om dit vir hom te pos. En dalk moet ek dit net los – hy sal eendag vir homself moet rekenskap gee…
Lief jou baie!
(((Xanika)))
Roer ~ Baie dankie!
HI, Ek dink ook hy moet maar die opstel lees miskien verander dinge.As hy ‘n hart het moet sulke goed vir hom saakmaak en hy kan iewers daaraan begin werk en maybe is hy ‘groot’ genoeg om sy seun self te vertel hoe hy voel
slons ~ ek stem, sal maar vir hom dit pos en kyk wat gebeur!
Dit is hartseer … maar ten minste het hy vir jou en sy oupa en ouma. Mag God jou omvou met liefde.
Paula ~ baie dankie. Ja, ek weet nie wat sou ons sonder oupa en ouma gedoen het nie!
Dagsê, Xanika
Ouding lees hierdie en Ouding lees dit weer. Emosies wissel. Gedagtes spring. Xanika, Ouding wil nou nie hier vir jou kom vertel hoe om jou groenkoring te kyk nie. Want Ouding ken nie jou boerdery nie. Maar Ouding wil jou vra: gesels jy met jou seun oor sy pa? Is die pa bloot afwesig? Indien die pa bloot afwesig is, is dit wat nogal aan jou seun gekommunikeer kan word. Indien die pa bloot afwesig geraak het omdat hy aangegaan het met sy lewe, bly dit hartseer dat hy dit gedoen het, maar dit is eg menslik. Soms doen mense dit. Om deur iets of iemand koud gelaat te word, is anders as om van iets of iemand nie te hou nie. Sterkte – die roeping van ouer wees, is dikwels moeiliker as wat ‘n mens besef.
ding ~ baie dankie. Ons sien sy pa bitter min, al kan ons sy huis van ons huis af sien. Wanneer ons hom wel sien, vertel hy hoe jammer hy is dat sy kind hom so min sien en dat hy sal probeer om hom meer te sien. Die vrou met wie hy nou sy lewe deel, se laaitie (wat drie maande ouer as my laaitie sou wees) is dood aan wiegiedood en ek mag verkeerd wees, maar ek dink nie sy wil graag my kind sien en elke keer daaraan herinner word dat haar kind ook nou so groot kon gewees het nie. So ek dink sy hou my kind se pa weg van hom af. Maar dis steeds sy keuse. Ek probeer so ver moontlik my laaitie verseker dat dit nie is oor daar iets fout is met hom nie, maar dat sy pa sy eie lewe het.
Gits, dis voorwaar ‘n ongemaklike situasie. Maar ja, jy is reg: dit bly nog steeds die pa se keuse. As dit egter regtig ‘n geval is dat die pa julle seun meer sou wou sien, maar aan die anderkant ook ‘n nuwe lewe het wie dit nie gemaklik kan verwerk nie, moet ‘n mens dalk maar kyk om geleenthede uit die ander huis se onmiddellike oog te skep. Maar as dit vir hom gemakliker is om nie julle seun te sien nie, is dit sy keuse en werklik nie die beste keuse nie.
Aijajaija, en jou seun lyk na so ‘n oulike knapie! Sterkte. Ten minste het hy wel vir jou.
ding ~ dankie. Dalk gaan ek nou met klippe gegooi word, maar dalk is dit ook maar beter dat hy nie in sy kind belangstel nie. Ek besef vandag dat ek eintlik nooit met hom moes getrou het nie, maar daaraan kan nou niks verander word nie. En dan het ek nie die laaitie gehad nie en hy is beslis die beste ding wat nog ooit met my gebeur het! Soms wens ek ek kan hom net iewers heen stuur dat ek net bietjie tyd vir myself kan hê, maar meestal is ek dankbaar dat ek hom nie elke tweede naweek en vakansie na sy pa toe hoef te laat gaan nie, want ek sou ‘n senuweewrak gewees het. God laat alles ten goede meewerk vir dié wat Hom lief het en ek weet Hy sal sorg dat dit met my seun goedgaan, al het ek ‘n verkeerde keuse gemaak weet ek Hy het my vergewe en daarom kan ek rus in die wete dat Hy vir my en my kind sorg. My pa is in elk geval ‘n beter pa vir my laaitie as wat hy ooit vir my was, want ek het hom byna nooit gesien nie, hy was altyd so besig om te boer dat daar vir ‘n gesin nie juis tyd was nie.