Argiewe

All posts for the month April, 2009

ABSA Waarmaker – Bethlehem

Published April 30, 2009 by Xanika

Gistermiddag was ons Bethlehem toe vir een van Steve se laaste Waarmaker konserte. Ons het goed gery, net jammer van die padvarkvirus waaraan baie van ons land se bestuurders ly!

p290409_1707

Ons was gou by die Wimpy vir aandete, my laaitie laat my nou maar een maal nie by ‘n Wimpy verby ry nie! Daarna het ek ‘n ou skoolvriendin wat ek laas in st 5 gesien het gaan opsoek en ons het lekker gekuier, net jammer daar was nie veel tyd nie.

Sy kon ons ook darem beduie hoe om by Voortrekker Hoërskool uit te kom en het my ouers ons daar gaan aflaai, hulle wou nie hê ons moet alleen ry nie en sou maar hulself besig hou tot ons klaar was.

My laaitie het die aand nie baie geniet nie, sy ore is net te sensitief vir die harde musiek en hy het hoofpyn gekry en later opgegooi. Sal  maar vir hom van daai goed moet kry wat mens oor jou ore sit as jy gaan oefen om te skiet!

Ek het darem kans gekry om met Allewyn en Andries te kon gesels en kon hulle ook vir my “mense van my asem” teken, ek maak mos almal wat ek in die hande kry en van wie Steve geskryf het se handtekeninge bymekaar!

Andries, ek en die laaitie

Steve het my onthou van die vorige kere dat hy my gesien het en is dit nogal lekker om dit te weet! Hy was baie besorg oor die laaitie en ek sal maar deur die loop van die dag met Suzanne of iemand probeer praat om hom darem net te laat weet hy is okay.

Ek en Steve

Renchia, Steve sê groete vir jou ook. En Jenny, hy sê hy sou graag weer wou blog, maar  daar is nie tyd nie!

Dit was uit en uit die moeite werd om bietjie langer as ‘n uur te gery het om hom te kon sien. Ek bly Steve se “fan”, ongeag wat hy doen. Wanneer hy met jou praat, laat hy jou voel asof jy die belangrikste mens in die wêreld is, en dit is vir my meer as genoeg…

Koek bak

Published April 28, 2009 by Xanika

Gister het ek en die laaitie koek gebak. Ons het nogal gereeld cup cakes gebak, maar om een of ander rede baie lanklaas. Vrydagmiddag was ons dorp toe en stel ek toe voor dat ons dit weer doen, maar hierdie keer het hy ‘n koek gekies en was hy baie verbaas oor hoe maklik en vinnig dit is.

Sommer net my laaitie

Published April 23, 2009 by Xanika

einaPas na ons terug was van vakansie, het die laaitie sy gesig flenters geval. Hy het blare gehark en sy voet het blykbaar aan die plaveisel vasgehaak. Ek was nogal geskok toe ek hom die eerste keer sien en nie eens geweet het dat hy seergekry het nie! Die tannie by die tuisnywerheid het hom so jammer gekry, dat hy ‘n hele pak skuimpies verniet gekry het.

00?

beterGelukkig herstel sy beserings gou en kan mens amper niks meer sien nie. Ek moet net onthou om meer gereeld tissue olie aan te smeer!

laaitie-en-thembaVerlede week was my baas met verlof en het ons weer na die honde gekyk. Die laaitie geniet dit baie en wil tog so graag weer ‘n hondjie hê, dink ons moet dalk die keer kyk vir iets soos ‘n kruising tussen ‘n maltees en ‘n foksterriër of so iets… Enigiemand met raad of  ‘n hondjie?!

Wat ‘n naweek…

Published April 21, 2009 by Xanika

Vrydagmiddag is ek en my laaitie en my ouers Johannesburg toe vir die naweek. Ons het eers op Heidelberg aangegaan by die materiaalwinkel waar ek nog steeds nie die lap kon kry wat ek soek nie en daarna het ons by die laaitie se oom-hulle ‘n draai gemaak. Sy tannie was ongelukkig nie daar nie, maar ons het lekker koffie gedrink en gekuier.

laaitie-en-klein-hondjie

Hulle het die oulikste klein hondjie en die laaitie het baie lekker met haar gespeel.

Ons was so 16:30 by Renchia waar my neef later my ouers gekry het, hulle het die naweek vir hom gaan kuier. Renchia was baie bly oor haar pop en die ander een se nuwe klere.

renchia3

Saterdagmiddag was ons Centurion toe vir ‘n heerlike kuier saam met ou spoegbloggers – loer hier vir Petro se foto’s.

katRenchia se kat het dit baie geniet om op my baadjie te slaap en sy is so pragtig dat ek nie omgegee het nie!

Sondag het ek uiteindelik haar jongste kleinseun gesien en wou hy baie graag met die laaitie speel.

christiaan-en-laaitieOp pad huistoe moes ons eers by die Wimpy aangaan vir die laaitie vir aandete, hy laat mens nie maklik daar verby ry nie!

Nog drie lappoppe

Published April 16, 2009 by Xanika

Ek het op die oomblik ‘n hele paar bestellings vir lappoppe waarvan drie darem uiteindelik klaar is en wat ek moontlik die naweek kan afgee, maar vir die ander drie sukkel ek nog om die regte materiaal te kry. Maar dis nou maar een van die nadele van in ‘n klein dorpie bly – en dit verkies!

afmeet-van-harebegin-om-hare-vas-te-werkhare-is-vasgewerkverkeerdekant-van-kopneus-kort-nog

Die foto’s hier bo wys hoe ek ‘n lappop se hare aanwerk. Eerstens word elke haar afgemeet en gesny en daarna een vir een aan die pop se kop vasgewerk waarna dit omgedraai en weer ‘n keer oor die eerste stiksel gewerk word (en ek wil nou nie sê ek is vreeslik oulik nie, maar al is dit glad nie ‘n maklike taak nie, is die tweede stiksel gewoonlik bo-op die eerste!). Teen hierdie tyd is die pop se gesiggie reeds geverf, maar die neus is nog nie vasgewerk nie.

Die drie poppe wat ek die naweek moet afgee se klere lyk verskillend terwyl twee se skoene deel van die lyf is en net een vingers en tone het. Behalwe vir die een wat se tone nog gewerk moet word, is al drie poppe heeltemal klaar.

Hester se popRenchia se wit popTannie Louise se pop

Vakansie – terug huistoe (deel 8)

Published April 15, 2009 by Xanika

Ons het die Saterdagoggend 9:25 van die Cottage af vertrek en was die middag 16:50 terug by die huis. Ons was duidelik haastiger om by die see te kom as om weer terug by die huis te kom!

Damwal

p040409_1307

p040409_1327

p040409_1332

Dis verbasend om te sien hoeveel vragmotors voertuie en trekkers en stroperrs vervoer terwyl ons daagliks oor die radio vertel word dat die land amptelik in resessie is. Gelukkig maar, anders was die pad nog besiger…

p040409_1251

p040409_1318

Na ons behoorlik moeg gery was, het ons uiteindelik by Montrose uitgekom waar ons gestop het om bene te rek en middagete te geniet.

p040409_1333

p040409_1335

p040409_142101

Ons het besluit om ook vir ‘n slag te gaan kyk hoe lyk dit by Makiti, my baas se vrou het al van haar skilderye daar uitgestal en gaan eet soms op ‘n Sondagmiddag daar, maar ons ry net altyd daar verby sonder om te stop.

pampoene-op-die-dak

laaitie-voor-miershoop

laaitie-op-ou-skaal

goggas

ystervoëls

emoe

miershoophuisie

makiti-van-die-pad-af

Van daar af is ons reguit huistoe en al was dit ‘n heerlike vakansie, was dit tog ook lekker om weer by die huis te kan wees – om ‘n huis te kan hê om na terug te keer.

p040409_1646

Een van die eerste dinge wat ek gedoen het nadat ons afgelaai en uitgepak het, was om rustig met my digitale kamera te gaan sit en hom versigtig uitmekaar te haal. En hier is die bewys dat ek hom reggekry het:

dankie-tog-my-kamera-werk-weer

Ons het soveel om voor dankbaar te wees. Daar was die persoon wat verkies om anoniem te bly wat geld in my laaitie se rekening inbetaal het en wat my laat besluit het op hierdie vakansie. Daar was my baas wat my geld vir die vakansie gegee het die Vrydag voor ons vertrek het. En dan het Natal se skole ‘n week na ons skole gesluit, met die gevolg dat ons buite-seisoen tariewe betaal het en wat ek eers na die tyd besef het. En belangrikste van alles:  my Hemelse Vader wat so goed is vir my sonder dat ek dit verdien…

Vakansie – laaste dag (deel 6)

Published April 13, 2009 by Xanika

Vrydag het ons besluit om dit kalm te vat. Ek, my ma en die laaitie was strand toe. My pa was siek van sy maag en het liewer by die huis gebly. Die laaitie het baie lekker in die sand gespeel en op ‘n stadium was ons al drie in die branders en het dit baie geniet.

Laaitie speel lekker op die strandEk en die laaitie op die strand

Die middag het ons gaan DVD’s uitneem en begin inpak om weer die lang pad huis toe aan te durf. Ons het onder andere Homeward Bound gekyk en dit maak nou maar nie saak hoeveel keer ek dit kyk nie, ek huil elke keer.

Vakansie – Amanzimtoti Bird Sanctuary (deel 5)

Published April 11, 2009 by Xanika

See-en-sandDonderdagoggend was ons vir die eerste keer strand toe met die doel om bietjie in die branders te speel en dat die laaitie in die sand kan speel. Dit was ‘n lekker sonnige dag – ek het die sonbrand om dit te bewys! Om een of ander rede koop mens sonbrandroom om dit in die kas te laat bly.

Pa-en-ma-op-die-strand

Laaitie-in-die-water

Laaitie-op-die-strand

Die laaitie het ons lekker laat lag. Hy wou sy voete skoon kry om in sy tent te kan speel, so toe gaan maak hy sy emmertjie vol water en spoel sy voete af. Omtrent almal op die strand het seker gewonder waaroor ons so lag!

Donderdagmiddag het ons na die Amanzimtoti Bird Sanctuary toe gegaan. Toegang is gratis, dit lyk of dit deur die munisipaliteit bestuur word en van voëls was daar nie veel sprake nie. Daar was net ‘n klomp wilde ganse en ‘n makou of twee.

wilde-ganse

Die plantegroei is baie mooi en daar is ‘n roete wat mens kan stap en gelukkig was daar nog ‘n man en vrou met hul drie kinders wat daar gestap het, anders sou ons dit liewers gelos het – dit was net te veel soos ‘n wildernis!

Begin-van-roete

Stroompie

Laaitie-tussen-bosse

Laaitie-by-einde-van-roete

Wat ons egter die meeste geniet het, was die klomp apies wat ons daar gekry het. Hulle het ons behoorlik vermaak en terwyl ek en die laaitie die roete gaan stap het, het my pa en ma vir die apies sit en kyk.

apies-en-voels

apie

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 28 other followers