Nog drie lappoppe

Published April 16, 2009 by Xanika

Ek het op die oomblik ‘n hele paar bestellings vir lappoppe waarvan drie darem uiteindelik klaar is en wat ek moontlik die naweek kan afgee, maar vir die ander drie sukkel ek nog om die regte materiaal te kry. Maar dis nou maar een van die nadele van in ‘n klein dorpie bly – en dit verkies!

afmeet-van-harebegin-om-hare-vas-te-werkhare-is-vasgewerkverkeerdekant-van-kopneus-kort-nog

Die foto’s hier bo wys hoe ek ‘n lappop se hare aanwerk. Eerstens word elke haar afgemeet en gesny en daarna een vir een aan die pop se kop vasgewerk waarna dit omgedraai en weer ‘n keer oor die eerste stiksel gewerk word (en ek wil nou nie sê ek is vreeslik oulik nie, maar al is dit glad nie ‘n maklike taak nie, is die tweede stiksel gewoonlik bo-op die eerste!). Teen hierdie tyd is die pop se gesiggie reeds geverf, maar die neus is nog nie vasgewerk nie.

Die drie poppe wat ek die naweek moet afgee se klere lyk verskillend terwyl twee se skoene deel van die lyf is en net een vingers en tone het. Behalwe vir die een wat se tone nog gewerk moet word, is al drie poppe heeltemal klaar.

Hester se popRenchia se wit popTannie Louise se pop

6 comments on “Nog drie lappoppe

  • Ek stem die een in die middel is pragtig.
    Xanika ek het n brei patroon om amper sulke poppe te brei ek het al een gebrei is net so mooi. Ek het nog een begin so ruuuuuuuuuuuk terug en sal kyk as ek hom kan klaar kry, ek word ouma die 27ste Mei en dis n dogtertjie so hopelik voor sy 2 jaar is sal daai pop dalk klaar wees.

  • Leave a Reply

    Fill in your details below or click an icon to log in:

    WordPress.com Logo

    You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

    Twitter picture

    You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

    Facebook photo

    You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

    Connecting to %s

    Follow

    Get every new post delivered to your Inbox.

    Join 28 other followers