Xanika se Blog

Junie 29, 2009

Ontmoet Nala

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 10:07 vm

Die laaitie het Vrydag ‘n nuwe hondjie gekry. Ek het Donderdagmiddag by die troeteldierwinkel gehoor van iemand wat klein tipe hondjies het en het ek Vrydagoggend die vrou gebel. Daar was nog twee reuntjies en ‘n tefie en het ek gesê my ma sal die laaitie na skool vat om te gaan kyk.

Hy het vir hom die tefie gekies en sy is te dierbaar vir woorde! Sy slaap by my, die laaitie sal nie wakker word as sy tjank nie. Vrydagnag het sy my wakker gehou van ± 11:30 tot 2:30, Saterdagnag was sy 1:30 wakker en het ons 2:20 weer gaan slaap en laasnag was sy nie een keer wakker nie.

P260609_13.35[01]

P260609_16.11

P260609_16.11[01]

P260609_16.13

P260609_20.17

P270609_12.06

P270609_12.09

Junie 26, 2009

Thoughts on cat baths

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 11:32 vm

A few thoughts on

cat baths…by The

Cat:

‘But You Said You

Loved Me!’



‘You will pay, as God

is my witness, you will

pay.’



‘ you call this water

warm???’



‘I don’t think I like you

anymore.’



‘You Lied !!!!!!’



‘E.T. Phone

home……quick!’



‘No, I’m not your Good

Little Kitty anymore.’


‘Traction….I’m losing

Traction!’



‘I want my

Mommmmmmyyyyyyyyyyyyyy!’



‘No, no, no,

no…..NOOOO!!!!’

Even if you’re not a ‘cat person’ these pictures are priceless!!

Junie 24, 2009

Hoe naïef is jy?

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 9:14 vm

Ek was naïef genoeg om te dink ek kan alleen ‘n Steve show reël. Nie dat die reëlings ‘n probleem is nie, dis verbasend hoe maklik dit vir my was om alles te kan reël, maar nou moet ek die deposito betaal!

Wat is die naïefste ding wat jy nog ooit gedoen het?

En help, hoe maak mens geld bymekaar soos in baie vinnig? Ek weet die mense sal kaartjies koop, maar hulle is so traag om te begin…

Ek oorweeg dit om besighede te nader vir donasies of as borge, maar hoe doen mens dit sonder om soos ‘n bedelaar te klink?

Junie 23, 2009

45 lessons

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 12:35 nm

1. Life isn’t fair, but it’s still good.
2. When in doubt, just take the next small step.
3. Life is too short to waste time hating anyone.

4. Your job won’t take care of you when you are sick. Your friends and parents will. Stay in touch.

5. Pay off your credit cards every month.

6. You don’t have to win every argument. Agree to disagree.

7. Cry with someone. It’s more healing than crying alone.

8. It’s OK to get angry with God. He can take it.
9. Save for retirement starting with your first paycheck.

10. When it comes to chocolate, resistance is futile.
11. Make peace with your past so it won’t screw up the present.

12. It’s OK to let your children see you cry.
13. Don’t compare your life to others.
You have no idea what their journey is all about.
14. If a relationship has to be a secret, you shouldn’t be in it.
15. Everything can change in the blink of an eye. But don’t worry; God never blinks.

16. Take a deep breath. It calms the mind
.
17. Get rid of anything that isn’t useful,
beautiful or joyful.
18. Whatever doesn’t kill you really does make you stronger.
19. It’s never too late to have a happy childhood. But the second one is up to you and no one else.

20. When it comes to going after what you love in life, don’t take no for an answer.
21. Burn the candles, use the nice sheets, wear the fancy lingerie. Don’t save it for a special occasion. Today is special.

22. Over prepare, then go with the flow.
23. Be eccentric now. Don’t wait for old age to wear purple.

24. The most important sex organ is the brain.

25. No one is in charge of your happiness but you.

26. Frame every so-called disaster with these words
‘In five years, will this matter?’
27. Always choose life.

28. Forgive everyone everything.
29. What other people think of you is none of your business.

30. Time heals almost everything. Give time.

31
. However good or bad a situation is, it will change.
32. Don’t take yourself so seriously. No one else does.

33. Believe in miracles.

34. God loves you because of who God is, not because of anything you did or didn’t do.
35. Don’t audit life. Show up and make the most of it now.

36. Growing old beats the alternative — dying young.

37. Your children get only one childhood.

38. All that truly matters in the end is that you loved.

39. Get outside every day. Miracles are waiting everywhere.

40. If we all threw our problems in a pile and saw everyone else’s,we’d grab ours back.

41. Envy is a waste of time. You already have all you need.

42. The best is yet to come.
43. No matter how you feel, get up, dress up and show up.

44. Yield.
45. Life isn’t tied with a bow, but it’s still a gift.”

Junie 22, 2009

Ek wou dit nie weet nie…

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 9:13 vm

Wat doen mens met inligting wat jy nie regtig wil hê nie? Of is dit beter om iets te weet as om in onsekerheid te leef en oor allerhande goed te wonder? Terwyl ek en my eks nog getroud was,  het ek vermoed dat hy ‘n verhouding met ‘n ander vrou het. Na ons al ‘n ruk uitmekaar was, het ek uitgevind dat dit wel die geval was, maar daar was nie net een vrou nie. Nou moes ek uitvind dat een van daardie vrouens ‘n kind het en dat my kind heel waarskynlik nie my eks se oudste seun is nie. Dit verduidelik ook waarom die onderhoud baie maande laat is, want daar is nie net een kind om voor onderhoud te betaal nie!

My ma het op ‘n stadium vir iemand van die huis af begin werk en al het sy goed reggekom, het sy na ‘n ruk glad nie meer werkstukke ontvang nie. Ek weet dat die persoon wat verantwoordelik is vir die aflewer van die werkstukke een van die was met wie my eks ‘n verhouding gehad het terwyl ek en hy nog getroud was en ek weet ook dat sy ‘n kind het wat min of meer my laaitie se ouderdom is en ek wil amper dink daardie kind is effens ouer as my laaitie. Indien my vermoede dus reg is, sal dit ook verduidelik waarom my ma sonder enige verduideliking haar werk verloor het.

Dit sal verduidelik hoekom my eks nie eintlik in ons laaitie belangstel nie en waarom hy my daarvan beskuldig het dat ek ontrou aan hom was en dit nie sy kind is nie, as mens agter die deur staan soek jy iemand om saam met jou daar te staan. Dit voel soos legkaartstukkies wat in plek skuif.

Maar aan die een kant sou ek dit liewer nie wou weet nie!

My laaitie het nie vanjaar ‘n vadersdag kaartjie vir sy pa gemaak nie. Verlede jaar het hy vir hom die mooiste kaartjie gemaak, maar sy pa het dit nooit eens kom haal nie. Dit het lank by die voordeur gelê, maar ek vermoed die laaitie het dit later maar weggegooi. Hierdie jaar kon hulle by die skool kaartjies maak, maar hy het nie. Ek het die kaartjie en ‘n klomp prentjies gefrommel in sy skooltas gekry en net eenkant gesit. Vanaand het hy gesê hy wil dit more vir sy oupa klaarmaak en het ek gesê hy moet maar as hulle in die skool iets moet maak vir pappa, dit vir sy oupa maak en dat ons nou maar sy pa moet vergeet soos hy ons vergeet het en het hy saamgestem.

Ek wil nie vir hom vertel van die ander kind nie, maar die wêreld is klein en as dit waar is sal ek dit nie vir altyd van hom kan hou nie. Maar hy sal dit nie by my hoor nie, ek het nog altyd my bes probeer om nie sy pa voor hom sleg te maak nie, want ek het geweet hy sal hom self leer ken. Wens net ek kon weet wat op die aarde my besiel het om met daardie man te getrou het, vandag is hy soos ‘n vreemdeling vir my.

Maar daar is ‘n doel met alles, en as dinge nie so uitgewerk het nie, sou ek nooit my laaitie gehad het nie en dan sou my lewe baie leeg gewees het.

Gelukkig net dat ons nie “celebrities” is nie, anders was ons ook op die tydskrifte se voorblaaie!

My reëlings vir Steve se show die 31ste Julie vorder goed, ek hoop alles werk reg uit en dat ek voor Vrydag 140 kaartjies sou verkoop het…

Volgende Blad »

Aangedryf deur WordPress.com