Xanika se Blog

Junie 24, 2009

Hoe naïef is jy?

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 9:14 vm

Ek was naïef genoeg om te dink ek kan alleen ‘n Steve show reël. Nie dat die reëlings ‘n probleem is nie, dis verbasend hoe maklik dit vir my was om alles te kan reël, maar nou moet ek die deposito betaal!

Wat is die naïefste ding wat jy nog ooit gedoen het?

En help, hoe maak mens geld bymekaar soos in baie vinnig? Ek weet die mense sal kaartjies koop, maar hulle is so traag om te begin…

Ek oorweeg dit om besighede te nader vir donasies of as borge, maar hoe doen mens dit sonder om soos ‘n bedelaar te klink?

8 Kommentaar »

  1. Hi. Ek het destyds ‘n klein fees in Kloofstraat gereël met o.a. Nataniël en Chris Chameleon en ‘n nul-budget. Sien gerus my wenke by: http://mnrmuller.wordpress.com/2008/02/13/hoe-om-n-fees-te-reel/

    Wanneer jy onderhandel met ondernemings in die omtrek, moet jy sorg dat jy jou storie ken. Maak moeite om borgbriefkontrakte wat goed lyk, regstegnies voldoende is en taalversorg is, byderhand te hê – en gesels dan hóé julle wedersyds mekaar kan help.

    Min ondernemings gee geld, maar as jy lugtyd, koerantspasie, drukwerk, klank/ligte, ‘n saal, kos/drank of enige ander tipe produkborg kan kry, kan dit heelwat help.

    Ek het gevind eiendomsagente sal maklik genoeg ‘n geldjie gee vir die voorreg om hulle staanbaniere in ‘n voorportaal te sit.

    Dink aan ‘n VIP-seksie waarvoor jy sekere mense meer geld kan vra.

    Ook: dit help as jy kan sê wat met die winste gebeur. Dit help as jy ‘n welwillendheidsaak het waarna die fondse gekanaliseer word; dan gee ouens makliker :)

    Sterkte!

    Comment deur mnr.muller — Junie 24, 2009 @ 9:53 vm |Reply

  2. Dit is maar n hengse job, hoop dis suksesvol

    Comment deur parkes1 — Junie 24, 2009 @ 11:31 vm |Reply

    • Baie dankie, ek glo dit sal suksesvol wees as ek net die mense so ver kan kry om kaartjies te begin koop. In sulke klein plekkies dink die mense mos hulle kan wag tot die aand van die show! :(

      Comment deur Xanika — Junie 24, 2009 @ 11:33 vm |Reply

  3. Jy weet hoe ek hieroor voel…. jy kan, jy wil en jy sal. Gaan loer maar gerus by mnr muller……

    Hugs uit ‘n baie koue jhb!!

    Comment deur Renchia Naude — Junie 26, 2009 @ 9:37 vm |Reply

    • Ek gaan beslis ja! Het gaan loer, sal weer.

      Is hier ook ysig…

      Comment deur Xanika — Junie 26, 2009 @ 10:33 vm |Reply

  4. ‘n Paar verdere idees:

    Wanneer jy die omliggende ondernemings nader, bied vir hulle twee (of meer) komplimentêre kaartjies aan vir ‘n borgskap. Die donasie kan hulle aftrek van belasting; die show kry hulle dan verniet.

    Ook kan jy ‘n company team building geleentheid aan ‘n groot onderneming afsmous. Bied vir hulle hele kantoor kaartjies aan en maak moeite om hulle company banners op te sit en iets voor en ná die show vir hulle te reël. Vir ‘n onderneming is dit ‘n betreklik goedkoop geesbou-aktiwiteit.

    Skep ‘n golden circle/VIP seksie en adverteer oral (veral oor die radio) dat daar beperkte plek is. Reël vir hulle ‘n wynproe voor of ná die tyd saam met jou gaskunstenaar. Maak dit eksklusief – dan sal die kaartjies vinniger vlieg.

    Toe ek destyds vir Nataniël ingespan het, het ek gesorg dat hy elders in die Kaap ook optree – so kon ek sy vlieg-onkoste halveer. Ook het ek ‘n ete die volgende oggend gereël waar Peter Veldsman se restaurant die kos maak en Nataniël staaltjies vertel. Ek is seker as julle met sy boekuitgewers praat, kan julle ‘n borg daar ook kry.

    Vir Chris Chameleon het ons saam met die leerders na ‘n koffieshop toe gevat om (in daai tyd) te gesels oor sy rol in Sewende Laan. Ook het ons hom ingespan vir ‘n liriekskryf-workshop.

    Hê ‘n besprekingsgroep oor blogs byvoorbeeld in ‘n restaurant. Onmiddellik is dit iets nuuswaardigs vir julle plaaslike koerant om oor te skryf; dis nog ‘n kaartjie (beperkte aantal) wat verkoop kan word en as ‘n slotreël noem julle in elke berig die datum van die hoofshow ook. Nooi mediamense oor dié Spoegspreeksessie.

    Heng, jy kan selfs LitNet nader om weer die God-debat op ‘n Sondagnamiddag na te aap. Hulle het mos dié boek en Steve het daaraan deelgeneem.

    Die ding van ‘n show of ‘n fees is, jy moet die publiek iets unieks bied wat hulle nooit weer nêrens anders sal kan beleef nie. Dán koop hulle kaartjies.

    Comment deur mnr.muller — Junie 26, 2009 @ 10:20 vm |Reply

    • Dankie, moes iemand soos jy gekry het om dit alles te reël! Ek is treurig as dit kom by idees uitdink en om mense op plattelandse dorpies aan die gang te kry, is nie maklik nie!

      Comment deur Xanika — Junie 26, 2009 @ 11:11 vm |Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Aangedryf deur WordPress.com