Die laaitie het Vrydag ‘n nuwe hondjie gekry. Ek het Donderdagmiddag by die troeteldierwinkel gehoor van iemand wat klein tipe hondjies het en het ek Vrydagoggend die vrou gebel. Daar was nog twee reuntjies en ‘n tefie en het ek gesê my ma sal die laaitie na skool vat om te gaan kyk.
Hy het vir hom die tefie gekies en sy is te dierbaar vir woorde! Sy slaap by my, die laaitie sal nie wakker word as sy tjank nie. Vrydagnag het sy my wakker gehou van ± 11:30 tot 2:30, Saterdagnag was sy 1:30 wakker en het ons 2:20 weer gaan slaap en laasnag was sy nie een keer wakker nie.
![P260609_13.35[01] P260609_13.35[01]](http://tekkies.files.wordpress.com/2009/06/p260609_13-3501.jpg?w=225&h=300)

![P260609_16.11[01] P260609_16.11[01]](http://tekkies.files.wordpress.com/2009/06/p260609_16-1101.jpg?w=300&h=225)




Sy lyk oulik, Xanika – ek’s mal oor die voorpootjies wat lyk asof hulle in wit verf gedip is ..
Comment deur Ninette — Julie 1, 2009 @ 8:13 nm |
Dankie Ninette, ja dit lyk regtig of hulle in verf gedip is!
Comment deur Xanika — Julie 2, 2009 @ 8:15 vm |