Laas naweek was ek en die laaitie by Renchia vir ‘n show in Centurion. Dit was op die Sorex Landgoed en die plek is asemrowend mooi.

![P240709_17.36[01] P240709_17.36[01]](http://tekkies.files.wordpress.com/2009/07/p240709_17-3601.jpg?w=300&h=225)
Die show was great, eers was Zac van Niekerk op die verhoog en het hy almal laat skater van die lag.

Daarna was daar ‘n pouse en was dit lekker om met ‘n hele paar bloggers (Jenny, Louise, Sanet, Petro, Lyanda, Nelmarie, Carina, Marie) te kon gesels en veral om weer ‘n slag vir Ralph te kon sien. Die hoogtepunt van die aand was Steve se optrede.




Hy het my weereens verbaas met sy geheue. Die laaste keer dat hy my laaitie gesien het, was die outjie bietjie siek en kon ek nie ‘n foto van hulle neem nie. Hy wou weet waar is my kamera om hulle te kon afneem en toe het ek dit sowaar nie op daardie oomblik by my nie. Ons het gepraat oor Vrydagaand se show en het hy gesê hy sal my nie “drop” nie. Nou hoop ek net om genoeg kaartjies te verkoop sodat ek hom nie “drop” nie!
Nala word nou groot en slaap baie minder as voorheen. Sy speel graag met ‘n tennisbal, maar het ‘n hele paar ander speelgoed waarmee sy haar ook besig hou. Sy wil net nie eintlik vir my kyk as ek haar wil afneem nie!


Gister het die munisipale stakings ook ons dorp laat deurloop. Ek het nie geweet daarvan nie en was baie geskok om te sien hoe lyk die hoofstraat! Teen 16:30 was alles egter weer opgeruim.




![P180709_10.21[01] P180709_10.21[01]](http://tekkies.files.wordpress.com/2009/07/p180709_10-2101.jpg?w=300&h=225)


![P180709_12.03[01] P180709_12.03[01]](http://tekkies.files.wordpress.com/2009/07/p180709_12-0301.jpg?w=300&h=225)
![P180709_12.25[01] P180709_12.25[01]](http://tekkies.files.wordpress.com/2009/07/p180709_12-2501.jpg?w=300&h=225)



Iemand het my gekontak nog voor die skole vir die Julie vakansie gesluit het en gevra of ek haar sal help om ‘n handpop vir haar kind se taak te maak. Ek het gesê dis reg, maar glad nie weer van haar gehoor nie. Dinsdag bel sy my weer en vra of sy my Woensdagmiddag kan kom sien. Sy kom toe by my aan met ‘n boek wat vir jou sê wat jy alles nodig het om die handpop te maak, maar wil by my weet wat moet sy kry. Ek sê toe net wat die boek sê en ‘n ruk later kom sy terug met die goed.



![P110709_12.56[01] P110709_12.56[01]](http://tekkies.files.wordpress.com/2009/07/p110709_12-5601.jpg?w=300&h=225)

![P110709_13.55[01] P110709_13.55[01]](http://tekkies.files.wordpress.com/2009/07/p110709_13-5501.jpg?w=300&h=225)
Baie dankie Renchia, dit was so lekker om julle hier te hê!