Xanika se Blog

Julie 2, 2009

Leer ken Nala

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 9:12 vm

Dinsdagoggend het ons Nala vir haar eerste spuit na die veearts geneem en dit het tot gevolg gehad dat sy die res van die dag geslaap het. Sy het glad nie lekker gevoel nie en wou nie eens uit haar mandjie klim nie. Die aand was sy darem weer haar ou self en het sy die nag maar sleg geslaap!

Ons het by die veearts vir haar ‘n trui gekoop en lyk sy te oulik in blou:

P300609_16.32

Sy is baie lief vir bene, al kry sy nog nie veel uitgerig nie! Dinsdagaand na sy buite ‘n draai gaan loop het, het sy agter my aangeloop sitkamer toe, maar het sy haar been saamgedra van die kombuis af.

P300609_16.34

P300609_18.54

P300609_19.41

Sy slaap nog meeste van die tyd, maar wanneer sy wakker is is sy baie besig! Sy het ‘n pienk speelhondjie en hy word omtrent gekarnuffel. In die sitkamer waar dit lekker warm is, jaag sy alles en almal rond en begin sy al meer om te knor.

P010709_18.00

Gisteraand het die laaitie bietjie met haar gespeel en het sy hom gejaag, hy was voor haar moeg en het hulle altwee soos klippe geslaap! Hulle was 21:00 in die bed en het eers na 7:00 wakker geword.

1 Kommentaar »

  1. [...] July 10, 2009 @ 11:36 am } · { Uncategorized } Ek het voorheen vertel hoe van Nala se pienk hondjie,  hier is nou foto’s van die [...]

    Pingback deur Meer oor Nala « Xanika se Blog — Julie 10, 2009 @ 11:36 vm |Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Aangedryf deur WordPress.com