Is al amper weer tyd vir Noot vir Noot en ek onthou nou eers om te blog oor Andries Botha …
Argiewe
All posts for the month Oktober, 2009
Steve Sê: Entries
Published Oktober 28, 2009 by XanikaMet vandag se tegnologie is dit darem baie maklik en vinnig om mededeelsaam te kan wees, net jammer ek is maar dom as dit by IT kom!
Wat is die lewe sonder ‘n eks …
Published Oktober 28, 2009 by XanikaVreedsaam
Idillies
Hemels
Wonderlik
Maar dis alles behalwe my lewe!
My keuse was om sonder my eks te leef en nou moet ek seker die gevolge dra. Dis net die tyd van die jaar wat ek wonder wat het my besiel:
Hoekom het ek getrou?
Hoekom het ek nie met Shane getrou nie?
Hoekom, hoekom, hoekom?
Nie dat dit juis help nie.
Ons kon Vrydag 10 jaar getroud gewees het, maar ek is steeds van mening dat ek beter af is sonder hom.
Maar nou is ek alleen en worstel met gedagtes oor waar ek iemand kan kry om lief te hê en om ‘n goeie pa vir my kind te wees en om al my rekeninge te betaal …
Nie dat dit heeltemal so eenvoudig is nie!
My eks verjaar vandag en ek het vanoggend vir hom ‘n sms gestuur om hom geluk te wens en dat ek hoop dit sal in hierdie jaar met hom goedgaan – nie net ter wille van sy oudste seun nie, maar ook vir sy gesin!
Hy het my daarna geskakel en dankie gesê en meegedeel dat hy weer transport ry vir een of ander besigheid. Dit beteken daar is hoop, hy is nou maar een maal een van daardie mense wat eerder vir ‘n baas moet werk …
Daily Survival Kit
Published Oktober 27, 2009 by XanikaToday, I am giving you a
DAILY SURVIVAL KIT
to help you each day…………
Toothpick … to remind you to pick the good qualities in everyone,including yourself.
Rubber band … to remind you to be flexible. Things might not always go the way you want, but it can be worked out.
Band-Aid … to remind you to heal hurt feelings, either yours or someone else’s.
Eraser … to remind you everyone makes mistakes. That’s okay, we learn by our errors.
Candy Kiss … to remind you everyone needs a hug or a compliment everyday.
Mint … to remind you that you are worth a mint to your family & Me.
Bubble Gum … to remind you to stick with it and you can accomplish anything.
Pencil … to remind you to list your blessings every day.
Tea Bag … to remind you to take time to relax daily and go over that list of God’s blessings.
This is what makes life worth living every minute, every day.
Wishing you love, gratitude, friends to cherish, caring, sharing, laughter, music, and warm feelings in your heart.
Hunkerend
Published Oktober 26, 2009 by XanikaEk bly hunkerend, hunker na iemand om my vas te hou
Om my veilig te hou teen die storms
En te laat vergeet van al my probleme
Wat saam met my langs die see kan loop
En lag oor die lawwe goed wat ek soms kan kwytraak
Iemand wat my aanvaar soos ek is
En vlinders in my maag laat rondfladder
Wat vir my kind ‘n pa sal wees
En vir my ouers ‘n seun
Om vir my sjokolade te koop wanneer dit voel ek gaan dood…
Thought for today
Published Oktober 22, 2009 by Xanika
The Final Analysis
People are often unreasonable, self-centred: Forgive them anyway. If you are honest, people may cheat you, but be honest anyway. What you spend years to build, someone could destroy overnight. Build anyway. The good you do today, people will often forget tomorrow. Do good anyway. You see, in the final analysis it is between you and God; it never was between you and them anyway.
Die einde van Gert…
Published Oktober 20, 2009 by XanikaEk het vanoggend besluit tot hiertoe en nie verder nie. Gert is oortuig ons trou Desember, maar waar hy daaraan kom weet ek sowaar nie. Met party mense kan mens nie eens vriendelik wees nie, dan maak hulle sommer ‘n horde aannames.
Die verlede het mos nou al mooi gewys dat ek en Gert nie kan uitwerk nie:
1 – …nie wou aanvaar dat ek nie oor hom voel soos wat hy oor my voel nie…
2 – …nee, ek is nie van mening dat hy die man is saam met wie ek die res van my lewe gaan deurbring nie…
3 – …En in hierdie geval is ek 100% seker dat dit die verkeerde ding sal wees om met Gert te trou…
4 – …maar Gert het my die hoeveelste keer gevra om te trou en ek het weereens ja gesê…
5 – …Ek is nie lief vir hom nie…
6 – …Gert het weer kontak gemaak en wil al weer probeer, wens ek kan hom Mars toe stuur…
Ek het toe die volgende sms’e vir hom gestuur:
Hi. As jy dalk gewonder het hoekom jy nie van my hoor nie, dis oor jy laas gesê het jy sal weer bel. Dit was Saterdag… En nog ‘n rede is oor ek nie van plan is om met jou te trou nie. Nie Desember nie, ook nie ooit nie. En as jy wonder waar dit nou skielik vandaan kom of hoekom ek nou weer moeilik is, dis nie’n skielike iets nie, dis hoe dit nou al amper sewe jaar aangaan. Die res volg…
Die eerste drie maande na ek jou ontmoet het, was jy anders. Ek weet nie of ek maar net verlief was of wat nie, maar daarna het ek net nie meer kans gesienvir jou nie. Nie vir vriendskap of ‘n verhouding nie. Jy moes dit tog seker al besef het, elke paar maande gebeur daar iets wat ons uitmekaar laat gaan, maa r om een of ander rede hou jy maar aan om terug te kom.
My bedoeling is nie om jou seer te maak of af te kraak of enige so iets nie, ek is nie lief vir jou nie en het geen begeerte meer om saam met jou te wees nie. Ek hoop regtig jy kan iemand kry wat vir jou lief sal wees, maar dit is nie ek nie. Ons word ongelukkig groot gemaak met die idee dat ons ordentlik moetwees en nie mag sê wat ons wil of hoe ons voel nie en kyk waar het dit ons gebring…
So aanvaar dit asseblief nou dat daar geen kans vir ons is nie. My bedoeling is nie om jou seer te maak nie, maar ons kan nie so aanhou nie. As dit moontlik is, sal ek net graag Natasha se boek terug wil hê. Baie sterkte vir jou en dankie vir die mooi wat ons wel kon deel, maar dis ongelukkig nie genoeg nie.
Waarop hy as volg geantwoord het:
Halo dit is slegte nuus wt jy sé ma dis di realiteid ek hoop jy vind geluk en n goeie man jy is kosbaar ma jy het di call gemaak ek aanvaar dt geen kwade gevoelens hoop ons ka ng vriende wees e ni kwaad ni ek aan vaar dit danki dat jy eerlik is da sal va no af net 1 meisie in my lewe wees marisa totsiens
Ek gaan nie eens daarop reageer nie en hoop net dis hierdie keer vir altyd en nie weer net drie maande of so soos in die verlede nie…
Omgeegroep vir enkelmammas
Published Oktober 14, 2009 by Xanika
Ek is so moeg daarvoor om op my eie te moet sukkel, maar net so moeg daarvoor om alewig daaroor te loop en kla! Die laaste paar dae voel dit vir my of iets vir my sê ek moet ‘n omgeegroep vir enkelmammas begin. Dalk is dit waar dat die enigste manier om jouself te help is om ander te help?
Ek het nie eintlik ‘n idee waar om te begin of wat om te doen nie, maar ek het daaraan gedink om ‘n brief te skryf waarin ek net noem dat ek geroepe voel om so iets te doen en dat enige belangstellendes my moet kontak. Al help ons mekaar net deur ‘n skouer te wees op wie iemand kan huil of soms na mekaar se kids te kyk of sommer net ‘n koppie koffie te gaan drink, dis baie keer iets waarna ek smag! En die enigste een wat mens werklik verstaan, is iemand wat in ‘n soortgelyke situasie is.
Ek dink net mens moet baie versigtig wees, mense kan dalk maklik so iets uitbuit? Maar dalk is daar iemand wat hierdie lees en my kan help, al is dit net om raad te gee!
My laaitie se pa is op die oomblik drie maande agter met onderhoud, ek het ‘n beëdigde verklaring by die SAPD gaan aflê en dit vir die klerk by die hof geneem, so nou wag ek maar om te sien of iets gebeur. Soms wens ek ek kon vir my eks sê teken hom af en verdwyn uit ons lewens, hy stel tog nie in sy kind belang nie, maar dis nie hoe ek dit wil hê nie.
Geld is nou wel nie alles nie, maar mens kan ongelukkig ook nie sonder dit oorleef nie…


Vir al my blog maatjies
Published Oktober 13, 2009 by Xanika
Barnyard Vereeniging
Published Oktober 12, 2009 by XanikaGistermiddag was ek en die laaitie Vereeniging toe om een van die Afrikaanse Mengelmoes shows by The Barnyard Theatre Vereeniging by te woon. Daar was nege kunstenaars wat opgetree het en Steve was die gaskunstenaar. Ons het Renchia en Hennie daar gekry, dit was reeds haar voorstel en ek is baie bly dat ons gegaan het.

Riaan Grobler was die MC en een van die kunstenaars.


Chrizaan het die show begin en die laaitie is mal oor haar.

Ruan de Waal is 17 en weet van sing. Hy is ook baie goed op stage en ek dink Ray Dillan en Nicholis Louw het kompetisie!

Ruan en Chrizaan het ook ‘n duet gedoen – hul verassing vir die gehoor.


Liza Bronner was volgende aan die beurt en was dit die eerste keer dat ek haar sien optree het, het nog net haar hoor sing op Dis Hoe Dit Is en het haar so paar maande gelede ontmoet. Sy slaan jou voete onder jou uit wanneer sy begin sing, jy kan maklik mislei word deur hoe klein sy is.

Sy en Andries het ook ‘n duet gedoen (World without me) en ek het baie daarvan gehou om hulle saam te sien optree.


Riaan Grobler het die tweede helfte van die show begin.

Volgende was Alanda, sy sing goed, maar nie baie bekend op die internet nie – maar dalk soek ek net op die verkeerde plekke!

Louis Fivaz was volgende en het ek hom soos altyd baie geniet, dink hy is op hierdie stadium my favourite sanger…




Sorina aka Flooz van 7de laan het met haar motorfiets ingejaag gekom en sy is eintlik baie goed, laat mens bietjie nadink. Sy het net sommer aan die begin vir Hennie bietjie in die verleentheid gehad toe sy hom op sy stoel laat klim het…

Na haar het Andries Botha die gehoor vermaak en is dit ‘n belewenis om die man te sien kitaar speel.

Andries en Steve het die show afgesluit.

Daarna het ons die kunstenaars gaan groet, foto’s geneem en handtekeninge bymekaar gemaak. Die show was baie lekker, maar ek was bly dat dit nie te laat klaar was nie en was ons net voor 19:00 by die huis.
(‘n Spesiale woordjie van dank aan Belinda, sy het die meeste van hierdie foto’s geneem)
![P231009_20.10[02] P231009_20.10[02]](http://tekkies.files.wordpress.com/2009/10/p231009_20-1002.jpg?w=300&h=225)
![P231009_20.11[02] P231009_20.11[02]](http://tekkies.files.wordpress.com/2009/10/p231009_20-1102.jpg?w=300&h=225)
![P231009_20.15[01] P231009_20.15[01]](http://tekkies.files.wordpress.com/2009/10/p231009_20-1501.jpg?w=300&h=225)

