Argiewe

All posts for the month November, 2009

Sommer net ‘n deurmekaar Maandag inskrywing…

Published November 30, 2009 by Xanika

Daar is soveel wat ek wil vertel oor my en my liefie, maar ek wil hom nog nie deel nie… Dalk eendag, nog nie vandag nie…

Die oom wat die klippe versamel in Deel 1 oor Mal oor klippe, versamel ook allerhande ander interessante goed, soos messe. Hierdie is sowaar die interessantste mes wat ek nog ooit gesien het:

Eendag as ek groot is, wil ek ook so ‘n tuin hê soos my baas-hulle! Hierdie was geneem die laaste keer wat ons die honde opgepas het:

Katte is ‘n spesie op hul eie. Meisiekind drink vreeslik graag water uit die kraan en slaap waar sy wil…

Die laaitie en Nala het lyk my darem ook nou mekaar gevind, hy het lanklaas gedreig om haar te vermoor of my gevra om haar te adverteer!

Net voor ons agtergekom het die laaitie het waterpokkies, wou hy een aand nie gaan bad nie en toe ek met hom raas, hardloop hy badkamer toe en val toe hy die lig wil aanskakel. In die proses het hy ‘n stuk van sy een voortand afgebreek en die arme plant wat by die deur gestaan het, byna ontwortel. My ma het toe maar besluit om die plant buitentoe te skuif, maar hy kry baie swaar…

En  is hierdie nie te mooi vir ‘n plant wat moet buite bly nie:

Badtyd vir Nala

Published November 26, 2009 by Xanika

Nala het nou al ‘n hele paar keer gebad, probeer om haar ten minste een keer per week te bad, maar sy hou nie baie daarvan nie. As sy hoor sy moet gaan bad, probeer sy wegkruip!

Ek het vir die eerste keer onthou om foto’s te neem, snaaks dat ek wat so graag alles afneem, nog nie eerder daaraan gedink het om haar af te neem as sy bad nie!

Sy geniet dit natuurlik baie nadat sy gebad het om in die gras te gaan rondrol!

Sy hou ook baie daarvan om geborsel te word en val byna die borsel aan as jy ophou!

En kyk net hoe mooi glimlag ek vir die kamera na my bad…

Ek kon darem ook uiteindelik ‘n mooi foto van die laaitie met sy hond neem:

Falling in love…

Published November 25, 2009 by Xanika

Is seker tyd om die aap uit die mou te laat…

Saterdag, 14 November het ‘n vriendin van my ma ‘n man aan my kom voorstel. Sy het in die verlede ook al dit gedoen, maar dit het nie gewerk nie en was ek nie baie optimisties nie. Dit is haar tweede man se oudste seun en hy het so twee maande terug hier begin werk.

Ek het gehou van wat ek sien en hy het langer gekuier as wat ek verwag het. Voor hy geloop het, het hy my selfoonnommer gevra en het my gesms binne ‘n halfuur nadat hy geloop het. Sondagmiddag het hy weer kom kuier en ons het ‘n DVD gekyk.

Daarna het hy elke middag kom kuier en wanneer ons nie by mekaar is nie, sms ons of ons is op Mxit! Ek kan nie glo dat ek wat ‘n tydjie terug besluit het ek sal dit nou maar aanvaar dat ek alleen is, nou nie een oomblik sonder hom wil wees nie…

Hy voel blykbaar dieselfde, want wanneer ek by die werk is, kry ek kort-kort ‘n sms wat sê hoe baie hy my mis! Ek weet dit gaan nie net oor die liggaamlike nie, maar ek dink nie ek het al ooit so aangetrokke gevoel tot iemand nie. As ek net aan Gert dink, kry ek koue rillings, het gewens ek het arms soos ‘n seekat om hom van my af weg te hou, maar nou wens ek vir seekatarms om hom net nog bietjie nader te kan trek en stywer vas te kan hou!

Almal sê wees net rustig, maar nou vra ek hoe! En tog, sover is dit baie rustig. Ons het Donderdagaand gaan uiteet en hy het al ‘n paar keer by die werk kom hallo sê en verder kuier ons voor die TV. O ja en gistermiddag het ek saam met hom by sy pa-hulle gaan eet. Ek was nogal skrikkerig vir sy pa, maar ons het lekker gekuier en hy sê sy pa hou baie van my.

My pa het nog niks gesê nie, hy is maar baie stil. My ma het net gesê mens bid nie verniet nie en sy sal baie bly wees as ek ‘n maatjie kan kry…

Loer hier vir raad om nie verlief te raak nie!

 

Waterpokkies

Published November 24, 2009 by Xanika

Verlede Woensdag het die laaitie gekla hy kry koud, hy het hoofpyn en hy wou net die heeltyd lê. Ek het gewonder wat is fout en vir hom ‘n bottel Scott’s Emulsion gaan koop. Donderdagoggend toe ek hom groet voor ek werk toe gaan, sien ek daar is twee knoppies op sy voorkop en al het ek gewonder wat dit is, het ek my nie veel daaraan gesteur nie.

My ma het hom by die skool gaan haal en vir my ‘n SMS gestuur om te sê haar diagnose is dat hy waterpokkies het. Die middag toe ek by die huis kom, was sy hele lyf uitgeslaan en was dit duidelik dat haar diagnose reg was!

Mal oor klippe – Deel 3

Published November 23, 2009 by Xanika

So lyk dit om en in die kantoor waar ek werk:

My baas gaan selfs op uitstappies saam met lede van klubs (waarby hy ook nou aangesluit het) om klippe op te tel.

Good Morning

Published November 13, 2009 by Xanika

Something better

A person can make you feel high,
A person can make you feel low.
But only you can decide,
Which way you want to go.

A person can hurt you mentally,
A person can hurt you physically.
But only you can place,
A limit on your abilities.

A person can cause drama,
A person can cause a situation.
But only you can create,
Your own reputation.

A person can make you laugh,
A person can make you cry.
But only you can make,
Decisions for your life.

So
Don’t live by what people do,
But live by what you know is true.

Handtekening

Mal oor klippe – Deel 1

Published November 13, 2009 by Xanika

Dit lyk my as die klipgogga jou eers gebyt het, is daar geen keer meer nie…

Op soek na ‘n barmhartige Samaritaan… Of twee!

Published November 12, 2009 by Xanika

The Good Samaritan

My laaitie sukkel om ‘n maatjie te kry. Hy speel met almal, maar het nie ‘n goeie maatjie wat by hom kan kom speel of by wie hy soms kan gaan speel nie. Groot was my vreugde toe hy vroeër vanjaar met ‘n maatjie by die huis aankom.

Maar die vreugde was van korte duur… Nadat die kind – kom ons noem hom sommer Dewald – ‘n keer of wat hier kom speel het, het hy begin om van my laaitie se speelgoed saam te vat huistoe. Hy het my een keer gevra of dit reg is as hy ‘n paar trekkertjies huis toe vat, waarop ek gesê het dit is reg as my laaitie so sê, hy moet dit net weer terugbring.

Min het ek geweet dat dit toe sommer ‘n gereelde ding geword het en gou was daar amper meer van die laaitie se speelgoed by Dewald se huis as by ons huis. Dit het toe ook so gebeur dat ek hom van tyd tot tyd na skool by die huis moes gaan aflaai – of nee, ‘n ent van sy huis af, blykbaar is sy pa baie kwaai of iets en moet hy huis toe loop. Op een so ‘n geleentheid het ek toe vir hom gesê hy beter sorg dat my laaitie se speelgoed baie vinnig terugkom.

Die volgende Maandag was hulle weg… Niemand weet waarheen nie en die laaitie se speelgoed is saam. Tussen die speelgoed was verskeie “army” motors, ‘n boot en motorfiets en seker mannetjies ook. My laaitie was in trane toe hy besef hy gaan dit nooit terugkry nie en moes hy nou ook op die harde manier leer dat mens nie jou goed uitleen nie.

Soos ons almal weet, is Kersfees om die draai. Ek wil so graag weer vir hom “army” speelgoed koop, maar as gevolg van ‘n ietwat rampspoedige finansiële gebeurtenis, sal ek eers oor tien maande weer my kop uit my finansiële gemors kan lig…

Handtekening

 

 

 

 

 

Naskrif:  Ek wil nie myself nou verdedig of regverdig of iets nie, ek het maar net geskryf hoe ek voel en verwag nie van enigiemand om werklik te help nie…

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 28 other followers