Donderdagmiddag was dit weer die skool se jaarlikse borgstap. Die kinders het weer op die atletiekbaan gestap en was daar ‘n hele paar wat baie ywerig begin het, maar na ‘n ruk stil-stil verdwyn het!
My laaitie het hierdie keer 15 keer om die baan gestap, ek het net die laaste een en ‘n half keer saamgestap en het ons nog genoeg energie oorgehad om na die tyd met die hond te gaan loop!
Daar was nie hierdie jaar ‘n tema nie, maar van die onderwyseresse was soos engeltjies aangetrek. Die doel is maar altyd om te probeer verhoed dat die skoolfonds elke jaar verhoog moet word en daar is gevra dat elke kind ten minste R100.00 moet insamel. My laaitie het hierdie jaar ‘n hele paar donasies gekry en was ek die enigste een wat dom genoeg was om hom te borg en het hy R320.00 ingesamel met die gevolg dat hy ook Vrydag 11:00 huis toe kon gaan, want hy het meer as R150.00 ingesamel.


Kry vir jou vriendin – ek het al daai dinge 20 jaar gelede reeds gedoen…. bly om te sien dat daar sekere dinge is wat dieselfde bly in skole!
Comment deur Renchia Naude — November 10, 2009 @ 8:50 vm |
Ag dankie hoor! Daar is ‘n sêding van hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde en lyk my dit is baie waar.
Comment deur Xanika — November 10, 2009 @ 8:57 vm |