Waterpokkies

Published November 24, 2009 by Xanika

Verlede Woensdag het die laaitie gekla hy kry koud, hy het hoofpyn en hy wou net die heeltyd lê. Ek het gewonder wat is fout en vir hom ‘n bottel Scott’s Emulsion gaan koop. Donderdagoggend toe ek hom groet voor ek werk toe gaan, sien ek daar is twee knoppies op sy voorkop en al het ek gewonder wat dit is, het ek my nie veel daaraan gesteur nie.

My ma het hom by die skool gaan haal en vir my ‘n SMS gestuur om te sê haar diagnose is dat hy waterpokkies het. Die middag toe ek by die huis kom, was sy hele lyf uitgeslaan en was dit duidelik dat haar diagnose reg was!

10 comments on “Waterpokkies

  • Hi
    ek weet hoe hy voel ek is 29 en het ook nou waterpokkies en my meisiekind van 4 het dit ook ek het by haar aangesteek en hoop nou nie dat my seun van 9 dit gaan kry nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

      • Hi Xanika,
        Baie dankie maar ek het gesien seun van die skool afkom
        het hy klaar begin met die knoppies op sy voorkop en op sy een been.so ai togie!!!!!!!!!maar gelukkig sliut die skool een van die dae en sy juffrou sÊ dat hy nie nou by die huis kan bly nie hulle het meriete aand en my seun kry n toekenning en ere klere.

        ek het die fotos van die leeuwelpies gesien hoor dis te uolik.ek wil ook graag my kiddies na so plek toe vat maar weet nie waar dit is nie.

        geniet jou dag.

  • Hi Jolanda. Jammer om te hoor van jou seun, sterkte vir hom – en vir jou! Is ook net die eerste paar dae wat hulle sleg voel, die ergste is seker die gejeuk. Voor my laaitie gekla het, het hy gedink dit is muskietbyte en een baie lelik gekrap – die merk sit! Baie geluk met sy toekenning en ereklere.
    Hierdie leeutjies bly by my laaitie se ouma, waar bly julle?

    • Hi Xanika

      jammer ek reply nou eers op jou email,ons bly in secunda jong hier gaan net mooi niks aan nie.o ja dit was toe nou nie waterpokkies nie ons het koksakkievirus gehad en my meisiekid het die breinvlies ontstekking virus gehad sy was baie siek gewees maar sy is darem nou baie beter.ek sien jou email address is op die website kan eke maar so met jou chat????

      • Hi Jolanda
        Sjoe, dit moes omtrent vir julle ‘n rowwe tydjie gewees het! Bly jou meisiekind is baie beter. Jy is welkom om met my te chat deur e-pos ja.

  • Leave a Reply

    Fill in your details below or click an icon to log in:

    WordPress.com Logo

    You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

    Twitter picture

    You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

    Facebook photo

    You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

    Connecting to %s

    Follow

    Get every new post delivered to your Inbox.

    Join 28 other followers