Falling in love…

Published November 25, 2009 by Xanika

Is seker tyd om die aap uit die mou te laat…

Saterdag, 14 November het ‘n vriendin van my ma ‘n man aan my kom voorstel. Sy het in die verlede ook al dit gedoen, maar dit het nie gewerk nie en was ek nie baie optimisties nie. Dit is haar tweede man se oudste seun en hy het so twee maande terug hier begin werk.

Ek het gehou van wat ek sien en hy het langer gekuier as wat ek verwag het. Voor hy geloop het, het hy my selfoonnommer gevra en het my gesms binne ‘n halfuur nadat hy geloop het. Sondagmiddag het hy weer kom kuier en ons het ‘n DVD gekyk.

Daarna het hy elke middag kom kuier en wanneer ons nie by mekaar is nie, sms ons of ons is op Mxit! Ek kan nie glo dat ek wat ‘n tydjie terug besluit het ek sal dit nou maar aanvaar dat ek alleen is, nou nie een oomblik sonder hom wil wees nie…

Hy voel blykbaar dieselfde, want wanneer ek by die werk is, kry ek kort-kort ‘n sms wat sê hoe baie hy my mis! Ek weet dit gaan nie net oor die liggaamlike nie, maar ek dink nie ek het al ooit so aangetrokke gevoel tot iemand nie. As ek net aan Gert dink, kry ek koue rillings, het gewens ek het arms soos ‘n seekat om hom van my af weg te hou, maar nou wens ek vir seekatarms om hom net nog bietjie nader te kan trek en stywer vas te kan hou!

Almal sê wees net rustig, maar nou vra ek hoe! En tog, sover is dit baie rustig. Ons het Donderdagaand gaan uiteet en hy het al ‘n paar keer by die werk kom hallo sê en verder kuier ons voor die TV. O ja en gistermiddag het ek saam met hom by sy pa-hulle gaan eet. Ek was nogal skrikkerig vir sy pa, maar ons het lekker gekuier en hy sê sy pa hou baie van my.

My pa het nog niks gesê nie, hy is maar baie stil. My ma het net gesê mens bid nie verniet nie en sy sal baie bly wees as ek ‘n maatjie kan kry…

Loer hier vir raad om nie verlief te raak nie!

 

4 comments on “Falling in love…

  • Verlief is hoe jy voel wanneer jy voel dat jy nog nooit so gevoel het nie!Geniet!
    mmm…wanneer sien ons nou n bietjie ‘n fototjie of drie?

    • Daar was nog nie tyd vir foto’s nie… Maar ek het hom die hele naweek vir myself, so daar sal darem seker dan tyd wees om iets daaraan te doen om almal se nuuskierigheid te kan bevredig!

  • Leave a Reply

    Fill in your details below or click an icon to log in:

    WordPress.com Logo

    You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

    Twitter picture

    You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

    Facebook photo

    You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

    Connecting to %s

    Follow

    Get every new post delivered to your Inbox.

    Join 28 other followers