Saambly – reg of verkeerd?

Published Junie 1, 2010 by Xanika

Ek het my hele storie agtermekaar gehad, maar eers bietjie gaan rondsnuffel op die internet en op die volgende afgekom:

Nie alle saamblyverhoudings is dieselfde

Bybelse Waarskuwing Aan Die Liberale Denkers!

Sociological Reasons Not to Live Together

Maar ten spyte daarvan, het ek steeds my eie siening…

Ek en my liefie bly nie saam nie. Tot redelik onlangs was ek totaal en al daarteen gekant. Maar tot mens in ‘n situasie is, kan jy jou nie werklik daaroor uitspreek nie. Ons is so gou om klippe te gooi en tot gevolgtrekkings te spring sonder om werklik voor- en nadele teen mekaar op te weeg of die situasie te analiseer.

My liefie bly wel naweke by my in die woonstel. En gistermiddag het ek besluit dat dit dalk nie so ‘n slegte idee was nie. Ek en my laaitie het vir agt jaar en vier maande by my ouers gebly. Ek het ‘n hele paar vriende gehad, maar dit was nooit baie ernstig nie – en as dit was, net vir ‘n dag of so!

My laaitie het dus geen idee wat om werklik te verwag van die hele trou storie nie. Na ek en hy in die woonstel ingetrek het, het dit net so gebeur dat my liefie naweke by ons kom “kuier” het.

Ek moet nou net dalk byvoeg dat dit hoofsaaklik die rede is waarom ons die troudatum vervroeg het van November na Junie – ek het een Sondagmiddag staan en skottelgoed was terwyl hy bietjie gerus het en net besef ek kan nie nog solank wag nie, die gedagte dat hy daardie aand weer moes teruggaan huis toe en dan bly ek en die laaitie alleen agter, was net te veel!

Ons bly dus seker nie heeltemal saam nie, maar ons doen tog. Ons het van die begin af geweet ons gaan trou – en trou nou oor net 11 slapies – en kan dit seker daarmee regverdig. Maar ek dink nie dit is heeltemal waaroor dit gaan nie. Vir my kind se onthalwe, sou ek nooit saam met ‘n man intrek nie, maar tog voel ek nou dat ter wille van die laaitie dit beter is soos ons dit doen, want in ‘n mate berei dit hom voor op wat om te verwag.

Dit sou tog sekerlik vir hom ‘n groter aanpassing wees as my liefie net die 12de Junie by ons intrek en ewe skielik verander alles?

“Ons” haal so maklik die Bybel aan en sê sodra jy twyfel oor iets is dit nie reg nie of dat die Bybel baie duidelik is en so aan. Maar daar staan in die Bybel indien jy oor iets twyfel en dit tog doen, dan is dit sonde. Indien jy dus twyfel of jy mag vleis eet (die Bybel sê tog duidelik jy mag!) en jy eet dit wel, sondig jy.

Dit terwyl die Bybel sê jy mag vleis eet! Wat probeer ek dus sê? Dat elkeen van ons vir onsself sal moet verantwoording doen. En dat nie een van ons kan sê iets is reg of verkeerd nie, dit gaan oor soveel meer…

6 comments on “Saambly – reg of verkeerd?

  • Xanika, minder as ‘n week oor, al wat ek wil sê, is ek hoop uit my hart uit dat jy gelukkig sal wees, elke dag, dat die stroms rustig sal word aan die einde van die dag en dat julle saam in rustigheid aan die slaap sal raak, want ongelukkig het die ou lewe ook maar sy stroms en selfs tsoenamis wat jou kant toe kom, dis net soveel makliker om daar deur te kom as daar iemand is om aan vas te hou en te help om die koue van die wêreld uit te hou. Mag jou Liefie daardie iemand vir jou wees, soos wat jy ook vir hom sal wees en ja daar gaan dae kom wanneer dit voel of Laaitie nie deur die aanpassing gaan kom nie, maar dit gaan ook verby en die rustigheid wat julle saam as een sal uitstraal sal ook vir hom sekuriteit bied. Geniet elke senutergende laaste oomblik ;)

  • Ek dink saambly is nie ‘n sonde nie sou dit later lei na trou.
    1 Kor 7:36 Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.

  • Leave a Reply

    Fill in your details below or click an icon to log in:

    WordPress.com Logo

    You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

    Twitter picture

    You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

    Facebook photo

    You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

    Connecting to %s

    Follow

    Get every new post delivered to your Inbox.

    Join 28 other followers