Ek kan byna nie glo daar is nog net vier slapies oor voor ons groot dag nie. Gister was ek bietjie gespanne, maar vandag voel alles weer reg. Ons tel lankal die slapies en kan nou nie meer wag nie…
Gister was ek en my aanstaande vir die laaste keer by die pastoor en is meeste van die goed nou gereël en bevestig. Ek het verlede week vir my naels gegaan en dit lyk baie mooi, moet weer Vrydag gaan. En vanmiddag gaan ek my hare laat sny en die vrou sien wat my gaan grimeer.
O ja, en die baas en sy vrou vat my en my aanstaande uit vir ete vanmiddag aangesien hulle nie Saterdag hier kan wees met die troue nie.
My aanstaande het vir ons ‘n troukar gekry – is een of ander ou kar, maar dis baie mooi – moet my net nie vra wat se kar dit is nie! Ek het darem gister lint gekry, hier is nie veel winkels wat dit verkoop nie en by die een weier ek om te koop…
Ons het vir my laaitie nuwe klere gekoop, maar die hemp was heeltemal te klein! My liefie kon darem kry wat hy gesoek het, ons wou net opgee. En my klere het ek present gekry, moes dit net laat droogskoonmaak!
My laaitie gaan saam met my by die kerk instap aangesien my pa nie eintlik meer kan loop nie en dit in elk geval ‘n tweede troue is. En nee, ek gaan nie instap op die troumars nie…
Ek het self vir ons ‘n ringkussinkie gemaak en my aanstaande is mal daaroor. Ons het besluit om nie nou vir my ‘n ring te koop nie, gaan my verloofring gebruik en ek het vir hom ‘n ring gekoop waarvan ons altwee hou en my laaitie gaan die ringe inbring.
My beste vriendin en my liefie se een vriend gaan as getuies teken en ons gaan roosblare gebruik vir confetti. So interressant hoe mens se idees kan verander oor alles…
En na die huweliksbevestiging gaan ons lekker kuier met tee en koek. Of so hoop ek, ek het my ma gevra om dit te reël en kan maar net hoop vir die beste.




Dankie vir die voorreg……
Dis ‘n reuse plesier! Sien jou Saterdag, kan nie meer wag nie!!