En ek blog weer sodra alles teruggekeer het na normaal. Nie dat ek seker is wat dit is nie…
Argiewe
All posts for the month Oktober, 2010
Baie geluk, Esmaré
Published Oktober 25, 2010 by XanikaVrydag het my swaer-hulle se dogtertjie twee geword. Ek het vir haar ‘n lappop gemaak vir haar verjaardag en die glimlag op haar gesiggie nadat haar ma die pakkie oopgemaak het, was meer as genoeg beloning!
Ek het vir haar boetie karretjies gekoop, het nie verlede jaar vir hom iets gegee toe hy verjaar het nie en die kleintjies verstaan nie altyd hoekom kry die een iets en hy niks nie… 
Die laaitie het hom darem ‘n slag redelik goed gedra, is altyd ‘n storie as hy saamgaan en nie met die kleintjies wil speel nie. Sy kar was net bietjie klein!
Lea
Published Oktober 14, 2010 by XanikaEk kry die laaste ruk nogal baie navrae oor My lappoppe, onder andere hierdie een:
Goeie dag. Ek wil graag ‘n lappop koop, soos die 1 in die Tydskrif – IDEES van Augustus 2010. Wat sal dit kos & hoe groot is die poppie? Waar is jy gelee, sodat ek dit kan kom oplaai of sal ons dit moet pos?
Baie dankie.
In antwoord op my e-pos, het ek die volgende ontvang:
Dit is ‘n kerspersent vir my klein dogtertjie, so as ek die pop kan kry voor Desember is dit gaaf.
Die 1ste foto (NIKKIE) is die kleur van die hare,
Die 2de foto (EMILIE) is hoe die gesiggie moet lyk,
Die 3de foto (ROSE) is hoe ek graag die rokkie wil he.
Dit is net min of meer ‘n idée van hoe ek wil he die pop moet lyk, gebruik asb jou eie idees ook.
Kan jy vir haar ‘n denim handsakkie by maak? (ROSE)
Ek het gister die pop klaargemaak, en dit is hoe sy lyk:
Anré
Published Oktober 14, 2010 by XanikaSommer net ‘n mengelmoes…
Published Oktober 13, 2010 by XanikaEk is so dankbaar, die laaitie doen so goed op skool. Kan nie wag vir die sertifikaatplegtigheid volgende Vrydag nie!
Tessa se kleintjies word nou groot, almal se ogies is oop en hulle begin rondloop.
Maandagmiddag het ons bietjie by oupa en ouma gekuier en vir ‘n slag saam met haar en Nala gaan stap. Die laaitie se fietsie is nou bietjie klein…
Vir die wat dalk wonder, dit gaan baie goed met ons. Die laaitie doen goed op skool (soos jul kan sien!) en ek en my man is baie gelukkig. Was gister vier maande getroud en dit voel steeds soos ‘n droom wat waar geword het!
Een van my eerste lappoppe
Published Oktober 12, 2010 by XanikaDestyds toe ek begin het om weer lappoppe te maak (so ± 4 jaar terug) was een van my eerste poppe wat ek gemaak het, ‘n handpop vir kleuterkerk. Later het ek toe vir haar bene gemaak en ‘n nuwe rok en is sy toe verkoop. Ek het net ongelukkig nooit ‘n foto van haar geneem nie. Gelukkig kon die vrou wat haar by my gekoop het, haar by haar kleindogter “leen” en het sy gister bietjie by my gekuier sodat ek kon foto’s neem:
Ek was bly om haar te sien, sy kan doen met ‘n bad, maar na ten minste drie jaar se speel lyk sy nogal nie te sleg nie…
Thorndale Lodge
Published Oktober 6, 2010 by XanikaAasvoëlkrans – 24 tot 26 September 2010
Published Oktober 4, 2010 by XanikaDie langnaweek van 24 September 2010 het my man ons Aasvoëlkrans vakansieoord gaan wys waar hy vir drie jaar bestuurder was. Ons het vroeg Vrydagoggend gery en sowat ‘n uur langer op die pad spandeer te danke aan padwerke…

Ons was darem voor 09:00 in Johannesburg en was ± 10:40 by die oord nadat ons nog eers gaan kruideniersware koop het in Magaliesburg.




Ons blyplek was nie baie groot nie, maar ons was so min daar dat ons in elk geval nie ‘n groter plek nodig gehad het nie. Gelukkig hou die laaitie daarvan om op die vloer met net ‘n slaapsak te slaap! En ek het darem vir ‘n slag onthou om die bed af te neem voordat ons daarin geslaap het…

Die laaitie wou net die hele tyd gaan swem, maar die water was heeltemal te koud na my sin. So toe gaan swem hy alleen – en dit terwyl hy nie eens kan swem nie. Hy het vir die eerste keer met vlerkies gaan swem – hy het ‘n baadjie gehad, maar dié het ‘n gat in gekry met die laaste swemmery saam met die Voortrekkers. Ek was baie bekommerd, maar my man glad nie. Na ‘n ruk het ons gaan kyk en ja, ek was verniet bekommerd…
Maar nee, aan die anderkant dink ek nie mens moet ooit te gerus wees by water nie – ongeag of jou kind kan swem of nie. Daar was darem mense by die swembad, maar dit is beslis nie iets waarvan ek ‘n gewoonte sal maak nie, ‘n ongeluk gebeur net te gou en daarvan kan vele ouers getuig wat al ‘n kind aan die dood afgestaan het as gevolg van water.
Op die oord is ‘n supertube en my man het eerste afgegaan, daarna die laaitie saam met hom en later saam met my. Eers was hy bang en wou nie meer afgaan nie, maar my man het hom omgepraat. Toe geniet hy dit so dat hy sommer ‘n paar keer alleen afgegaan het – my man het onder vir hom gewag en hom dan gevang. Hy het ‘n pa so baie nodig gehad…
Saterdagoggend het ons eers vir Wollie die Volstruis gaan brood voer.



Daarna is ons na die Orange Grove Garden and Home Centre waar ons baie oulike en mooi goed gesien het.



















Op pad terug na Aasvoëlkrans het ons by Olifantsnekverbygery.



Terug by die oord wou die laaitie net met alle geweld gaan swem. Ons het gehoop dat die water warmer sou wees, maar dit was nog steeds te koud vir my. Hy en my man het dit egter baie geniet in die water.






Na al die pret was dit tyd om aan kos te maak en het my man vir ons vleis gebraai. Die laaitie het sy eie vuur gemaak – om marshmallows te braai!






Sondag was ons eers weer by die “Candle Dipping” plek en by Thorndale en te danke aan die padwerke, eers na 16:00 terug by die huis.

Kara & Tania
Published Oktober 4, 2010 by XanikaTessa
Published Oktober 4, 2010 by XanikaMy man se hond het vir hom ‘n baie spesiale verjaardagpresent gegee…
Die week van die 25ste Julie het hy sy worshond tefie na die bure se reuntjie geneem om te kyk of hulle nie wil teel nie. Aanvanklik het ons nie veel gehoop gehad nie, maar dit het toe wel uitgewerk, want nie lank nie, toe sien ons Tessa se magie word al groter…
Ons was nie heeltemal seker hoe lank ‘n worshond dragtig is nie en het die veearts gesê so gemiddeld 63 dae of so iets. Ons het uitgewerk die kleintjies moes so teen einde September hul opwagting maak, en word hulle toe sommer op my man se verjaardag gebore!
Ek het gedink hulle was nogal groot vir ‘n eerste werpsel, veral as inaggeneem word dat sy sommer vier gekry het! Hulle is te pragtig, Tessa is ‘n baie goeie mamma.
Die naweek van die 24ste September het my skoonpa-hulle na ‘n konferensie gegaan en ons was Aasvoëlkrans toe, maar het my ma gelukkig aangebied om na die mamma en haar kinders om te sien. Alles het gelukkig goed afgeloop, Nala wou net baie graag die kleintjies hê – maar Tessa het haar vinnig op haar plek gesit!

Ek het hulle weer na die naweek gaan haal en teruggevat na my skoonpa-hulle, jy kon sommer sien hoe hulle in die paar dae se tyd gegroei het.

Ons gaan kyk so af en toe hoe gaan dit met hulle en ek dink dit sal beslis beter wees as ons eers by my ouers bly en die honde by ons kan bly.

Gister was ons weer daar, tweetjies se ogies begin al oopgaan.




















































































