Argiewe

All posts for the month December, 2010

Lihané

Published December 15, 2010 by Xanika

Ek het op 9 Desember 2010 die volgende e-pos ontvang:

Hallo Xanika

Ek hoop jy maak nog lappoppe. Daar is ‘n baie spesiale dogtertjie in ons lewens vir wie ek graag ‘n lappop wil gee vir Kersfees – dit is immers haar eerste Kersfees op aarde. kan jy dalk help? Ek bly in Centurion omgewing.

Na ek ‘n e-pos teruggestuur het, het ek die volgende antwoord gekry:

Baie dankie vir die terugvoer. Ek kan ongelukkig nie spesifiek wees nie. ‘n Lappop moet mos maar net “mooi” wees. Die ontvangertjie is net ‘n paar maande oud en dit is haar eerste Kersfees, dus moet dit darem ‘n spesiale pop ook wees. Te wyd ek weet. Ek sal baie bly wees as jy kan help, want ek kry regtig niemand wat lappoppe maak nie

Aanvanklik was ek skepties om te help aangesien Kersfees reeds so naby was, maar kon ek gelukkig gistermiddag hierdie lappop klaarmaak:

Ek hoop sy is “mooi” en ‘n spesiale pop!

 

 

 

En hier is ‘n foto van Lihané en haar nuwe maatjie:

KIT braaidag 2010

Published December 9, 2010 by Xanika

Ons het die naweek by Renchia afgesluit met die Kit Braaidag. Die tema hierdie keer was blou – en nee, nie Blou Bul drag nie! Steve moes self tot sy skok ontdek dat die enigste blou klere in sy kas, sy Blou Bul rugbytruie is.

Dit was my tweede braaidag, die eerste keer was in 2008 aangesien daar nie verlede jaar een was nie.

Ons het vroeg die oggend gery en ek en my liefie en laaitie het in die Centurion Mall gaan rondloop aangesien my man niks daarvan hou om te wag nie. Ons was toe gelukkig genoeg om blou hare te kry.

Ons het weereens baie lekker gekuier en die hoogtepunt was Steve se aankoms – daar was op daardie stadium ‘n kleurling gesin wat nie geweet het die klub was vir die dag gesluit vir die publiek nie en die vrou het omtrent te kere gegaan toe sy Steve sien en hy was gaaf genoeg om eers met hulle te gesels en foto’s te laat neem.

Dit was weer by die Centurion Society of Model Engineers en die kinders het dit baie geniet om te kon treintjie ry soveel hulle wou (en ons ook!).

Dit het ook heel goed uitgewerk met die dat die vrou wat Kayla bestel het, in Centurion bly en toe sommer self die pop by my kon kry.

Ons het so teen 16:00 teruggery en het gelukkig voor donker by die huis gekom. Dankie vir almal betrokke vir ‘n heerlike naweek!

Johannesburg Dieretuin

Published December 6, 2010 by Xanika

Na ons besoek aan die oorlogsmuseum, het ons ‘n draai by die Johannesburg Dieretuin gaan maak aangesien dit net langsaan is en ons baie vroeër as beplan deur die museum gestap het.

This slideshow requires JavaScript.

Die oorlogsmuseum

Published December 3, 2010 by Xanika

Verlede naweek het ek en my liefie en die laaitie vir Renchia gaan kuier – baie dankie vir alles vriendin, dit was baie lekker!

Saterdag het ons ‘n draai by die oorlogsmuseum gemaak, kon net ongelukkig nie alles sien nie aangesien hulle besig was om CCTV kameras te installeer as gevolg van diefstal. Hoekom kan mense nie net goed uitlos wat nie aan hulle behoort nie?

This slideshow requires JavaScript.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 28 other followers