Spesiaal vir Ilze:
1. Knip alle patroondele uit.
3. Trek strepe vir hare (net reguit in middel van agterkop, insetsel en ± 3 cm van voorkop, ek werk hare net op die middelpadjie).
4. Werk voor- & agterkop aan insetsel vanaf middelpunt ± 4 – 5 cm aan weerskante.
5. Knip tot teen naat weerskante van middelpunt, ± 3 cm vanaf middel aan weerskante en ryg nate plat tussen kepe. 
6. Werk agterste & voorste pylnate, knip en ryg plat. 
7. Knip hare in regte lengtes en werk vas. 
8. Werk nou res van voor- en agterkante van kop aan insetsel, knip waar nodig en ryg nate plat (druk ± helfte van hare in kop om laaste naat te kan werk).
10. Werk skouernate vanaf middel tot ± 2 cm van kant van lyf af.
11. Knip ± 1 cm vanaf einde van stikwerk en ryg plat. 
12. Steek kop en lyf aan mekaar en stik (verkieslik 2x). 
13. Stik arms, knip en ryg nate plat. 
14. Dop arms om en stop op.
15. Steek en werk arms aan lyf vas (voor en agter en stukkie van skouernaat wat nog nie gewerk is nie) en ryg nate plat.
16. Stik bene, knip en ryg nate plat.
18. Steek en werk bene aan voorkant van lyf vas.
20. Werk pop toe met die hand.
21. Maak hare vas (ek vat ‘n string wol en steek dit deur die kant van die kop ± 2.3 cm vanaf nek en maak eers daarmee vas voor ek linte insit).







Baie oulik.My dogter se tweeling is gisterr geboerr- baie vroeg en entjie benodig suurstof vir longetjies wat nog nie so reg werk nie. Bid asb vir hulle. Verderr goed.
Baie dankie. Baie geluk en baie sterkte.