Ek het iewers gelees as jy borsvoed en vermoed jou baba suig swak of kry te min melk, kan jy jou na ‘n voeding uitmelk en dit vir baba gee om te drink as sy wil.
Ek het toe besluit om dit te probeer:
Ek het my die eerste dag 3 keer uitgemelk as Bekkie klaar gedrink het (Lala het ook gedrink, maar ek het vermoed sy suig swakker en dan albei van die bors afgehaal). Elke keer het daar aan die kant waar Bekkie gedrink het, niks uitgekom nie en aan die ander kant waar Lala gedrink het, 20 ml! En sy het dit elke keer alles opgedrink – met ‘n medisyne botteltjie! En toe Bekkie 17:30 gedrink het, het Lala geslaap en het ek besluit om haar te los en alles uit te pomp. Bekkie se kant was weer leeg en die ander kant het 80 ml gehad – en net na 18:00 het Lala dit alles gedrink!
Die tweede dag het ek dit weer drie keer gedoen en het Lala 38 ml ekstra gekry om te drink. Ek het haar egter nou uit ‘n glas laat drink om tepelverwarring te voorkom. Die derde dag kon ek net een keer uitpomp, die ander twee kere wat ek probeer het, was Lala se kant ook leeg!
Vandag is die vierde dag en het ek net een keer probeer, maar was albei kante weer leeg!
Ek het Lala en Bekkie vanmiddag geweeg nadat hulle gebad het. Albei het 100 g gewig opgetel van Saterdag af en weeg Lala nou wat Bekkie geweeg het by geboorte (2.5 kg). Dit wil dus lyk of dit beslis gewerk het.
Ek is so dankbaar my ou klein dogtertjie word ook groot! Bekkie weeg al 3 kg!




Haai Anel
Het Rencha gevra of die 2ling al gebore is en toe kon ek weer op jou blok af – Baie geluk en kink my als het SO goed verloop! Baie bly vir jle en baie geluk! Hoop die 2 prinsessies gaan vir jle somr groot vreugde verskaf, geniet hle!
Baie dankie Deirdre. So lekker om jou weer hier te sien!
Hi Anel
Baie geluk met die dogtertjies! Geniet hulle..
Groete
Rene van KIT
Baie dankie Rene. So lekker om jou raak te lees, so spyt ek het nie weer hierdie jaar by KIT hernu nie!