Ek is die virtuele persoonlikheid van ‘n enkelmamma met die mooiste bruinoog seunskind. Hy het in 2008 met sy skoolloopbaan begin en doen baie goed, was in Graad 2 onder die top 5 en het sy juffrou vertroulik meegedeel hy staan 2de! Ek werk halfdag by ‘n prokureur, wil graag self my kind grootmaak en verwag dit nie van my ma om dit te doen nie.
Steve se Spoegblog was my eerste bekendmaking met die wêreld van blogs en het ek besluit om dit self te probeer. Ek vind dit baie terapeuties en sal nie maklik ophou blog nie. Meestal gaan dit oor my persoonlike lewe, maar soms ook oor ander mense en onbenullighede.
Net ‘n paar feite:
Ek het begin blog op 19 September 2007, die adres is ter nagedagte aan een van my gunsteling honde, finansies is die onderwerp wat die meeste aandag trek, daar het reeds 309 inskrywings verskyn (soos op 17 November 2009), 1585 kommentare was gelaat – waarvan Renchia die getrouste is en is sy ook my beste vriendin en Vrydag die 13de November 2009 was die besigste dag op my blog.
Die naam Xanika het ek uitgedink lank gelede toe ek begin Mxit gebruik het, ek wou die naam Anika gebruik, maar dit was nie beskikbaar nie en het ek toe net ‘n “X” vooraan gelas.
Ek is op Facebook as Xanika Seven.
Hi, geluk met jou blog!! Geniet dit. Ek weet rerig nie wie is jy nie, maar ons sal jou gou leer ken (ek hoop so) O nee jitte, daai stamboom gedoe is vir my te ingewikkeld, ek los dit maar vir my sussie. Bye bye
Dankie karoles. Ek is ‘n enkelma – my laaitie was Julie 6. En ek is ‘n tikster by ‘n prokureur. Die stamboom ding is vir my so interessant, maar ek kry nou net doodloopstrate!
Hi Doll,
jussie jong, jy’t darem so vinnig-vinnig verdwyn. het jy my email?? laat biekie weet, want hoe anners kan ons in kontak bly?? mooi bly anna x
Hello….het jou hier ontdek. Ek LIEF absoluut Navi Redd en as jy WEER alleen gaan kyk…..is ons kwaaivriende>>>>>verstaan jy, maaikie? Ek surf vandag en kom op snaakse goeters op die net af. Ek geniet egter die surfing, want soveel van my nuuskierigheid word bevredig. Geniet jou daggie……………
Petro