Xanika se Blog

November 3, 2009

Oor die rivier, wolke, Nala en Meisiekind

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 10:19 vm

Ons het die laaste paar dae nogal lekker reën gekry en het vir ‘n slag net weer gaan kyk hoe lyk dit by die rivier. Ek hoop hierdie keerwal is baie sterk, kan net dink wat gaan gebeur as die rivier sterk moet afkom met al die bome wat teen die keerwal vasgespoel het…

P281009_16.40[01]

Ek was so bly oor hoe mooi hierdie foto uitgekom het, ek is mal oor wolke en dit het gelyk of daar ‘n erge storm oppad was, maar op die dorp het dit net gereën en die weer was nogal swaar. Daar was egter plase waar dit erg gehael  het.

P291009_16.06

Ons het uiteindelik gistermiddag vir Nala ‘n nuwe halsband gekoop. Hare was nou heeltemal te klein, maar die laaitie wou graag weer vir haar ‘n pienke koop. Daar het ‘n nuwe petshop op die dorp oopgemaak en hul was baie behulpsaam en het een bestel, maar toe ek dit gistermiddag gaan haal, is dit net so groot soos die een wat ons het. Ek en die laaitie is toe maar weer na die veearts toe waar hy toe maar ‘n oranje band gekies het (oranje is sy gunsteling kleur, maar Nala se leiband is pienk). Nala het toe by die veearts se deur uitgeglip en het ons omtrent gesukkel om haar weer te vang, ek het naderhand gedreig om haar net daar te los, maar die laaitie het haar toe vinnig gaan kry!

P021109_15.26

P021109_15.27

Sy en die kat het darem al so bietjie vrede gemaak, soveel so dat die kat amper weer haar ou self is…

P021109_17.27

Handtekening

Oktober 29, 2009

Noot vir Noot

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 10:09 vm

Is al amper weer tyd vir Noot vir Noot en ek onthou nou eers om te blog oor Andries Botha

P231009_20.10[02]

P231009_20.11[02]

P231009_20.15[01]
Handtekening

Oktober 28, 2009

Steve Sê: Entries

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 12:44 nm

Met vandag se tegnologie is dit darem baie maklik en vinnig om mededeelsaam te kan wees, net jammer ek is maar dom as dit by IT kom!

Steve Sê: Entries.

Handtekening

Wat is die lewe sonder ‘n eks …

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 10:01 vm

Vreedsaam

Idillies

Hemels

Wonderlik

Maar dis alles behalwe my lewe!

My keuse was om sonder my eks te leef en nou moet ek seker die gevolge dra. Dis net die tyd van die jaar wat ek wonder wat het my besiel:

Hoekom het ek getrou?

Hoekom het ek nie met Shane getrou nie?

Hoekom, hoekom, hoekom?

Nie dat dit juis help nie.

Ons kon Vrydag 10 jaar getroud gewees het, maar ek is steeds van mening dat ek beter af is sonder hom.

Maar nou is ek alleen en worstel met gedagtes oor waar ek iemand kan kry om lief te hê en om ‘n goeie pa vir my kind te wees en om al my rekeninge te betaal …

Nie dat dit heeltemal so eenvoudig is nie!

My eks verjaar vandag en ek het vanoggend vir hom ‘n sms gestuur om hom geluk te wens en dat ek hoop dit sal in hierdie jaar met hom goedgaan – nie net ter wille van sy oudste seun nie, maar ook vir sy gesin!

Hy het my daarna geskakel en dankie gesê en meegedeel dat hy weer transport ry vir een of ander besigheid. Dit beteken daar is hoop, hy is nou maar een maal een van daardie mense wat eerder vir ‘n baas moet werk …

Handtekening

Oktober 27, 2009

Daily Survival Kit

Filed under: Uncategorized — by Xanika @ 11:39 vm

survival kit

Today, I am giving you a

DAILY SURVIVAL KIT

to help you each day…………

Toothpick … to remind you to pick the good qualities in everyone,including yourself.

Rubber band … to remind you to be flexible. Things might not always go the way you want, but it can be worked out.

Band-Aid … to remind you to heal hurt feelings, either yours or someone else’s.

Eraser … to remind you everyone makes mistakes. That’s okay, we learn by our errors.

Candy Kiss … to remind you everyone needs a hug or a compliment everyday.

Mint … to remind you that you are worth a mint to your family & Me.

Bubble Gum … to remind you to stick with it and you can accomplish anything.

Pencil … to remind you to list your blessings every day.

Tea Bag … to remind you to take time to relax daily and go over that list of God’s blessings.

This is what makes life worth living every minute, every day.

Wishing you love, gratitude, friends to cherish, caring, sharing, laughter, music, and warm feelings in your heart.

Handtekening

Volgende Blad »

Aangedryf deur WordPress.com