My lappoppe

Na aanleiding van al die navrae wat ek onlangs ontvang het, net die volgende:

Ek gebruik grotendeels patrone uit die boek “Maak jou eie lappoppe” van Annelize Snyman. Ek stem nie oral saam met die aanwysings nie en as jy nie kan naaldwerk doen nie, gaan jy waarskynlik iewers hulp moet kry! Verder gebruik ek ook ‘n patroon uit die “Sewing with Confidence”, ‘n reeks wat by CNA en ander winkels beskikbaar was wat ek aangepas het.

Die patrone wat ek gebruik, is ongelukkig nie te koop nie. In die eerste plek sal ek die kopieregwet oortree en in die tweede plek is dit nie heeltemal moontlik om dit vir iemand met e-pos te stuur nie aangesien dit te veel inligting is. Ek maak die lappoppe om my inkomste aan te vul en aangesien ek dit kan pos, wil ek nie graag my eie kanse om poppe te verkoop, benadeel nie.

Ek vra R275 vir ‘n pop en indien ek dit nie self kan aflewer nie, pos ek dit met die poskantoor se koerier. Ek maak klein poppe (ongeveer 50 cm), die groot pop maak ek slegs op spesiale versoek en vra R400 vir hulle.

Indien jy dus sou belangstel om ‘n pop te koop, kontak my deur middel van kommentaar of stuur ‘n e-pos na Xanika@vodamail.co.za en ek stuur vir jou ‘n e-pos. Ek kan net byvoeg dat baie van die persone wat reeds navraag gedoen het, se e-pos nie werk nie as julle dalk wonder hoekom julle nie van my gehoor het nie!

Net ‘n paar van my pienk haar kinders – was meer uit snaaks wees dat ek een met pienk hare gemaak het:

elzaan.jpgmickey2.jpgelna.jpg100_0812_edited.jpg

En dan my blouhaar tweeling – Liefie wat nou ook klere moes kry soos haar boetie – Jannie – wat in Steve se kleedkamer oornag het!

tiane.jpgluan_edited.jpg

Ek het lank lank gelede aangebied om vir Suzanne, Steve se PA, ook ‘n lappop te maak. En uiteindelik het ek dit gedoen: 

Kliek hier, hier en hier vir nog poppe wat soos hierdie een lyk.

En  hier, hier, hier, hier, hier en hier vir ander poppe wat ek al gemaak het.

Hier en hier is van my groot poppe.

Volg hierdie skakel om ‘n lêer af te laai en na ‘n paar van die poppe wat ek al gemaak het met beskrywings, te kan kyk:

Basiese pop

Handtekening

68 comments on “My lappoppe

  • Sit ek nou so hier by myself en snik soos ek huil. My hart is so seer vir jou!!!! Ek wens jy was hier dat ek jou net teen my kon vasdruk en vir jou kon sê dat ek regtig vir jou lief is soos ‘n ma haar dogter lief het. Ek bid vir jou en dink aan jou en hoop dat wat ook al gebeur, net vir die beste sal wees.

    Hou jou kop hoog! Jy is spesiaal!!!

    Lekker dag

  • Hi Xanika,

    Ek was opsoek na lappop patrone om dit te maak vir ‘n ekstra inkomste, toe kom ek op hierdie ppartige poppe van jou af.

    Jy wil nie miskien die patroon van die lappop aan my stuur nie. Ek het al oral gesoek maar kry nie,

    Baie groete,

    Esther

  • Hi daar!!!

    Ek is mal oor jou poppe. Ek is opsoek na lappop patrone. Ek wil ‘n paar lappoppe maak vir die kinderhuis in wellington. Ek het nou onlangs begin naaldwerk doen maar so tussen my ma se naaldwerk idees en my ouma se ou breipatrone het ‘n gogga my gebyt. Ek wil nie geld maak met die poppe nie, net ‘n ietsie gee vir die kindertjies wat so ver weg van hul mammas af is.
    Ek sal dit regtig baie waardeer as jy vir my kan se waar ek kan kyk vir patrone.

    Lekker dag!!

  • Hi Xanika,
    My dogtertjie (6) en haar beste maatjie (3) verjaar altwee in Oktober en ek wil baie graag vir hulle elkeen ‘n lappop by jou bestel. Laat weet my asb hoe dit werk. Dankie

  • Hello Xanika,
    Ek stel baie belang om iets te maak vir ‘n ekstra inkomste en het gedink aan lappoppe. Kan jy my miskien ‘n paar riglyne, raad en patroon gee? Ek is bereid om jou te vergoed daarvoor. Ook asb ‘n aanduiding teen watter prys dit verkoop moet word.
    Groete.
    Lynn

  • Goeie dag. Ek wil graag ‘n lappop koop, soos die 1 in die Tydskrif – IDEES van Augustus 2010. Wat sal dit kos & hoe groot is die poppie? Waar is jy gelee, sodat ek dit kan kom oplaai of sal ons dit moet pos?
    Baie dankie.

  • More, ek is mal oor jou lappoppe. Ons familie is geseen met twee klein babbelbekkies die jaar en ek sal graag vir hulle ‘n lappop gee, want wat is ‘n ou dogtertjie nou sonder ‘n lappop. Kan jy asb vir my jou besonderhede stuur, as ek ‘n lappop wil bestel.
    Dankie, Charmaine

  • Stuur asb vir my ook inligting i.v.m jou lappoppe. Ek maak ook lappoppe maar is nie so goed met die gesigte borduur of verf nie. Stuur asb ook pryse ens.
    Dankie,
    Adri

  • Hallo Xanika, ek stel belang om ‘n lappop te bestel.
    Kan jy asb vir my die besonderhede stuur hoe ek moet maak. Wil baie graag een bestel as ‘n kersgeskenk vir klein dogtertjie. ek dink die klein poppie van 50cm sal die ding doen.

    Baie dankie, groet, Yvonne

  • Hi daar!
    Pragtige poppe!
    Ek stel belang om ‘n lappop te bestel asb(een wat lyk soos pienk Ané, maar net met swart hare) Laat weet my wat jou poppe prys min of meer asb?
    Het regtig nie die tyd om een te maak nie, en soek graag een vir my ongebore dogtertjie wat einde Jan 2011 met ons sal wees.
    Mail jou details ens asb?
    Groete

  • GOEIE DAG, EK IS MAL OOR JOU POPPE. KAN JY OOK ASSEBLIEF VIR MY BESONDERHEE E-POS OOR HOE OM VAN DIE PATRONE TE BEKOM. EK HET ONLANGS OUMA GEWORD VAN ‘N KLEIN DOGTER EN WIL GRAAG VIR HAAR ‘N PAAR LAPPOPPE MAAK.

    GROETE
    CORRIE

  • Hi daar. Ek wil asseblief vir my kleinkind Kayla n lappop bestel vir Kersfees.kan jy assebief vir my een maak, ek sal dadelik vir jou die volle bedrag inbetaal .
    Ek wil he sy moet lank geel hare he. En n mooi geel rokkie daarby. laat my asseblief weet baie dankie.
    Baie dankie amanda.

  • Hello daar,

    Het nounet op jou blog afgekom en eers lekker gelees!

    Wil by jou hoor – kan jy ‘n Ghoempie pop maak? My seuntjie word in Januarie 2, en ons kyk Carike se DVDs 2 of 3 keer per dag. Ek dink hy kom iets oor as ek vir hom ‘n Ghoempie pop kan gee.

    Baie dankie en groete,
    Maria

  • Ek soek ‘n lappop vir my kleindogtrer wat die 8ste Januarie 2011 1 jaar word. Kan jy help en wat het jy beskikbaar? Kan ek ook jou telefoonnommer kry asseblief.

  • Hi daar is alles nog reg oor die lappop wat ek bestel het vir Kayla ek is so opgewonde oor die lappop. Jy moet maar n Besigheid begin wat net lappoppe maak. Ek sal vir jou sommer baie bestellings kry. laat dit goed gaan. Liefde amanda

    • Hi Amanda. Ja, alles is reg en ek behoort vanmiddag met haar pop te begin. Ek wens ek kan! Laat weet gerus as daar iemand is wat ‘n pop soek. Lekker dag. En baie dankie vir jou ondersteuning. Liefde Xanika

  • Jou poppe is te pragtig!!!

    Ek wil by jou hoor of jy nog die poppe maak, ek het as kind een gehad met swart hare en rooi strukkies in die hare. Ek is weer opsoek na so ‘n lappop vir persoonlike redes.

    Kan jy my dalk help?

    Groete
    Maryke

  • Hi Xanika

    Ek sien jy het ‘n navraag oor ‘n Ghoempie pop gekry. Kon jy toe een maak? My tweeling (2 jaar) is ook mal oor Ghoempie en ek kry nerens so pop te koop nie!

    • Goeiemore Lousanne
      Nee jong, ek het gesoek, maar kon niks kry nie. Ek is ook nie kreatief genoeg om self patrone te teken nie en was ook bang dat daar kopiereg op Ghoempie is, so ek het toe nooit probeer om een te maak nie. Interessant om te sien hoe baie mense tweelinge het, ek is self nou 25 weke swanger met ‘n tweeling!
      Lekker dag
      Xanika

  • Halo Julle, ek sien Xanika maak nie meer lappoppe nie, omdat sy besig is met tweelingetjies. Is daar moontlikheid dat die mense my kan kontak vir lappoppe en ek maak die fraaiste dogtertjie rokkies, o.a. feetjie rokkies (tutus) ens.
    Ek het opgehou werk in wil ook ekstra geldjie daarmee verdien.
    Ek woon in Port Elizabeth, maar pakkies kan gepos word.

    Baie baie dankie
    Wilma Vermaak

  • Ek is deel van Solidariteit Helpende Hand Lephalale/Ellisras – ek is op soek na lappop patrone sodat ek die wat nie ‘n inkomste het nie, te help om dit te maak vir ‘n inkomste. As jy kan help sal ek dit waardeer as jy vir my ‘n patroon kan stuur – ek soek net ‘n basis en kan dit verander soos ek wil. Byvoorbaat Dankie

    • Hi Desiree
      Ek gebruik die boek “Maak jou eie lappoppe” deur Annelize Snyman en sal jy maar moet kyk of jy dit nie iewers in die hande kan kry nie. Daar is ‘n hele klomp patrone in.

  • Halo mense, ag ek is opsoek na iemand wat vir my Ghoempie Ghoeghoe pop kan maak, ekt al oral gesoek en dis nie te koop nie, maar ek wil so graag vir my klein prinses dit gee vir haar verjaarsdag

  • Hi Xanika
    Ek is op soek na die boek “Maak jou eie Lappoppe” deur Annelize Snyman. Ek vind dit glad nie tre koop op die Internet nie.
    Enige Inligting waar om die boek te kly sal waardeur word.

    Byvoorbaat Dankie,
    Jan

  • Hallo Xanika,
    Ek dink jou poppe is te pragtig vir woorde. Ek het jare terug presies dieselfde boek gekoop, maar jou poppe is ‘n verfrissende verandering.
    Ek sal tans sonder werk en oorweeg dit ook ernstig om te begin poppe maak, aangesien ek my lewe lank nog ‘n sagte plekkie vir ‘n mooi lappop gehad het.
    Ek is redelik goed met naaldwerk, maar ek het geen idee wat om vir die poppe te vra en/of hoe om ‘n prys te bereken nie. Vat ek maar my uitgawes en sit ‘n persentasie wins by?
    Waar is jy geleë en hoe lank verkoop jy al jou poppe?
    Baie groete
    Amanda de Jager

    • Hi Louna
      My laaste pop het ek verkoop vir R275, maar ek het nou die dag sulke lelike poppe hier by ons in ‘n winkel gesien vir R400! En dan is hulle nie eens speelbaar nie…

  • Leave a Reply

    Fill in your details below or click an icon to log in:

    WordPress.com Logo

    You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

    Twitter picture

    You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

    Facebook photo

    You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

    Connecting to %s

    Follow

    Get every new post delivered to your Inbox.

    Join 28 other followers