Dankie vir almal se comments. Ek wil darem net sê my kind het al die klere wat hy moet hê vir volgende jaar, het selfs ‘n baadjie present gekry wat lyk soos nuut. En ek het vir hom ‘n tas met wielietjies gekoop wat klaar volgepak is met al die benodigdhede – aarde, wat ‘n lys. Ek voel jammer vir die mense wat werklik sukkel, weet nie hoe hulle dit regkry nie. Ek het hom ook verlede week solank gaan registreer en die registrasiegeld en boekfooie betaal. So nou is dit net die skoolfonds. Maar ons sal regkom, want God sorg vir ons.
Wat die onderhoud aanbetref – ons was in die 5 jaar vandat my eks deur die Hof onderhoud betaal, 3 keer daar. Het elke keer die hele dag daar gesit en die eerste 2 keer net R50 verhoging gekry. Die laaste keer het die vorige ou vir wie ek gewerk het, my “gehelp” en daarin geslaag om ‘n R100 verhoging te kry. My eks betaal dus ‘n hele R500 onderhoud per maand.
Ek hoop nie ek het iemand te na gekom of iets nie, ek was nie in die beste van bui toe ek ”My noodkreet” getik het nie. Ek sal nooit loop en bedel nie, maar sal myself kaal uittrek vir my kind. Ek het nog van niemand gunste en gawes ontvang nie, maar kry van tyd tot tyd vir my kind tweedehande klere waarvoor ek baie dankbaar is.
November 22, 2007
My noodkreet – ‘n update!
2 Kommentaar »
RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI
Hallo daar! Ek kan jou nie raad gee nie maar ek kan wel luister as jy bietjie wil afpak want ek self was nog nie in so situasie nie, maar onthou ons bloggers kan altyd try help waar ons kan, jy bedel nie, jy vra vir hulp dit is twee verskillende dinge. En kindertjies is nie cheap nie, vra my ek het twee klein monstertjies. As jy sou belangstel om lappoppe te verkoop vir ‘n ekstra geldjie, moet jy skreeu ek ken baie mense wat sal belangstel om te koop. Ek self sal graag wil koop vir my meisiekind, sy is mal oor lappoppe solank hulle peink en pers klere aan het! Sterkte vir jou en byt vas, alles sal regkom. Waar bly jy?
Comment deur patches — February 1, 2008 @ 10:54 vm |
Dolla ek glo nie wat ek hoor nie . My BF moet aan sy ex vrou R2500 onderhoud per maand betaal ? Hulle is nie geskei oor n ander party nie en dit was blykbaar n gesamentlike besluit. Party dae voel dit vir my asof dit vreeslik baie is maar as ek na stories soos joune luister dan dink ek dis ook maar seker niks minder as reg nie! Kan jou nie finansieel help nie maar sal altyd n oor he wat luister. Sterkte jong !
Comment deur pluim — February 14, 2008 @ 11:54 vm |