Xanika se Blog

Oktober 26, 2007

My noodkreet

by Xanika @ 8:04 vm

Ek is ook ‘n enkel mamma met ‘n ses jarige laaitie. Hy gaan volgende jaar skool toe. Maar al is ek ‘n enkel mamma is ek gelukkig genoeg om ‘n halfdag werk te kon kry. Want ek wil in die middag by my kind wees. Werk ek nou wel in die middag, kry ek dubbel wat ek in die oggend verdien en ek is verplig om een middag ‘n week te werk. En ja, ek mag my kind saamvat. So ek hoef niemand te betaal om na my kind te kyk as ek in die middag werk nie. Hy was ook in die kleuterskool en ek kon elke maand al my verpligtinge teenoor hulle nakom. En dit is nou sonder dat ek by die skool gevra het vir hulp of kwytskelding. En so sal ons ook volgende jaar die skool betaal. Met of sonder pappa se onderhoud. Want die oulike prokureur wat die skikkingsakte opgestel het, het nooit daaraan gedink dat die kind eendag sal skool toe gaan nie. En nee, ek wou net alles agter die rug kry en het ook nie daaraan gedink dat hy eendag sal skool toe gaan nie.

Ek tik ook een maal ‘n maand vir ‘n besigheid in ons dorp hul rekeninge waarvoor ek redelik goed vergoed word. Een middag se werk vir een week se betaling.En pappa betaal wel onderhoud. Nie altyd op datum nie en nie vreeslik baie nie, maar hy betaal en ek gebruik elke sent daarvan net vir my kind.O ja eintlik gebruik ek elke sent vir my kind wat ek nie vir my gebruik nie…En dan is daar ook nog my lappoppe. Waarvoor mense betaal omdat ek baie mooi poppe maak. (jakkals prys sy eie stert… Maar hulle is regtig mooi!)

Maar vra vir hulp sal ek nie maklik nie. Enige skenkings sal egter hoog op prys gestel word….

5 Kommentaar »

  1. Ek is seker jy kan aansoek doen dat jou onderhoud verhoog word. Vind bietjie uit by een van daai 4 prokureurs vir wie jy gewerk het!

    Comment deur boendoe — November 9, 2007 @ 12:22 nm |Reply

  2. Kyk nou die goeie raad wat Boendoe jou gee – netjies man! Yep, dis eintlik so maklik soos jy gaan landdroshof toe en vra vir die nodige vorms, voltooi en so doen jy dus aansoek en dis selde dat die onderhoud nie verhoog sal word nie – sover ding se onthou strek, gaan dit jou ook nie geld kos om sodanige aansoek te bring nie. Pa sal moet hard verduidelik hoekom hy nie ‘n paar rand meer kan betaal nie – veral as skoolgeld nie voorheen ingereken was nie.

    Sterkte!

    Comment deur ding — November 14, 2007 @ 1:20 nm |Reply

  3. Xan, ek is seker jy KAN dit doen en SAL! Ek ook ‘n enkelma maar van 3, geld IS min, maar met die genade van BO, is alles moontlik. Het nou die dag geluister en daar is blykbaar 365 keer in die Bybel wat se “FEAR NOT”. Iewers gaan daar ‘n uitkoms wees. Baie sterkte

    Comment deur Mandi — November 20, 2007 @ 10:49 vm |Reply

  4. Xanika,

    Mail my asb jeven1@gmail.com, ek wil jou baie graag help, en meer van daai poppe van jou weet!

    Groete,
    J

    Comment deur jeven — November 20, 2007 @ 3:17 nm |Reply

  5. Hi Xanika

    Stuur bietjie inligting oor jou lappoppe, wil graag een bestel

    Groete
    Mollie

    Comment deur Mollie — December 3, 2007 @ 10:47 nm |Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Aangedryf deur WordPress.com