Ek het vanoggend besluit tot hiertoe en nie verder nie. Gert is oortuig ons trou Desember, maar waar hy daaraan kom weet ek sowaar nie. Met party mense kan mens nie eens vriendelik wees nie, dan maak hulle sommer ‘n horde aannames.
Die verlede het mos nou al mooi gewys dat ek en Gert nie kan uitwerk nie:
1 – …nie wou aanvaar dat ek nie oor hom voel soos wat hy oor my voel nie…
2 – …nee, ek is nie van mening dat hy die man is saam met wie ek die res van my lewe gaan deurbring nie…
3 – …En in hierdie geval is ek 100% seker dat dit die verkeerde ding sal wees om met Gert te trou…
4 – …maar Gert het my die hoeveelste keer gevra om te trou en ek het weereens ja gesê…
5 – …Ek is nie lief vir hom nie…
6 – …Gert het weer kontak gemaak en wil al weer probeer, wens ek kan hom Mars toe stuur…
Ek het toe die volgende sms’e vir hom gestuur:
Hi. As jy dalk gewonder het hoekom jy nie van my hoor nie, dis oor jy laas gesê het jy sal weer bel. Dit was Saterdag… En nog ‘n rede is oor ek nie van plan is om met jou te trou nie. Nie Desember nie, ook nie ooit nie. En as jy wonder waar dit nou skielik vandaan kom of hoekom ek nou weer moeilik is, dis nie’n skielike iets nie, dis hoe dit nou al amper sewe jaar aangaan. Die res volg…
Die eerste drie maande na ek jou ontmoet het, was jy anders. Ek weet nie of ek maar net verlief was of wat nie, maar daarna het ek net nie meer kans gesienvir jou nie. Nie vir vriendskap of ‘n verhouding nie. Jy moes dit tog seker al besef het, elke paar maande gebeur daar iets wat ons uitmekaar laat gaan, maa r om een of ander rede hou jy maar aan om terug te kom.
My bedoeling is nie om jou seer te maak of af te kraak of enige so iets nie, ek is nie lief vir jou nie en het geen begeerte meer om saam met jou te wees nie. Ek hoop regtig jy kan iemand kry wat vir jou lief sal wees, maar dit is nie ek nie. Ons word ongelukkig groot gemaak met die idee dat ons ordentlik moetwees en nie mag sê wat ons wil of hoe ons voel nie en kyk waar het dit ons gebring…
So aanvaar dit asseblief nou dat daar geen kans vir ons is nie. My bedoeling is nie om jou seer te maak nie, maar ons kan nie so aanhou nie. As dit moontlik is, sal ek net graag Natasha se boek terug wil hê. Baie sterkte vir jou en dankie vir die mooi wat ons wel kon deel, maar dis ongelukkig nie genoeg nie.
Waarop hy as volg geantwoord het:
Halo dit is slegte nuus wt jy sé ma dis di realiteid ek hoop jy vind geluk en n goeie man jy is kosbaar ma jy het di call gemaak ek aanvaar dt geen kwade gevoelens hoop ons ka ng vriende wees e ni kwaad ni ek aan vaar dit danki dat jy eerlik is da sal va no af net 1 meisie in my lewe wees marisa totsiens
Ek gaan nie eens daarop reageer nie en hoop net dis hierdie keer vir altyd en nie weer net drie maande of so soos in die verlede nie…