Elke donker wolkie het ‘n silwer randjie

23 Apr

Mm ja sure… En binne elke silwer randjie is ‘n donker WOLK!

Ek het net begin dink my lewe kry weer koers. My skuld is binne perke, maar ek wil nou heeltemal van dit ontslae raak. My apteekrekening is amper klaar betaal en sodra alles betaal is, sal ek dit nie maklik weer gebruik nie. My Foschini rekening kort net twee paaiemente en dan gaan ek dit sluit. Dan kan ek begin om Edgars klaar te betaal en dan is dit net my kredietkaart wat oorbly.

Dream on…

Alles werk so mooi uit op papier. Dit was nou tot gistermiddag. Want gistermiddag het ek vir ‘n slag gaan pos uithaal. En daar is toe vir my ‘n rekening van die skool af. Behalwe vir die twee betalings wat ek aan die begin van die jaar gemaak het, het my eks nie ‘n enkele sent betaal nie.

Ek is SO moeg

vir

ALLEEN sukkel

dat ek kan

SKREEU!!!!!

Vanmiddag gaan ek aansoek doen vir ‘n verhoging van die onderhoud. Het hom reeds laasjaar oorgesien. Maar ek dink ek was lank genoeg die goeie een in hierdie situasie. Want ek het my kar verkoop om sy skuld te betaal. Ek het meubels in die huis gelos toe ek geloop het. Ek het aangehou om al sy skuld wat op my naam was af te betaal na ons geskei is. EN hy het net ‘n kennisgewing in die koerant geplaas om te sê hy neem geen verdere verantwoordelikheid vir enige skuld deur my aangegaan nie.

Hy het in elk geval nooit. Nie toe ons getroud was nie en ook nie nou nie. Sy kind wil hom ook nie meer sien nie. Ek het nie nodig gehad eens om hom sleg te maak nie. Hy sien self. En vertel sy pa is net probleme!

Maar nou ja. Dink ons is al deur dieper water. Sal hierdeur ook kom…

Moet net vasbyt en aanhou boontoe kyk. Al was ek gister darem bitterlik moedeloos en het ek nie geweet ek het nog soveel trane oor nie…

Hoop dis my laaste negatiewe blog vir ‘n lang tyd, nou soek ek Smarties en moet ek bietjie werk vir ‘n slag…!

28 Responses to “Elke donker wolkie het ‘n silwer randjie”

  1. Wipneus! April 23, 2008 at 8:17 vm #

    Vang Xanika hier is vir jou nog smarties.

    Dit is ‘n hartseer storie, ek hoop dit gaan gou beter! 🙂

  2. Riaan Oosthuysen April 23, 2008 at 8:58 vm #

    Hi Xanika

    Sjoe, partykeer maak die lewe snaakse draaie. Die silwer randjie van die donker wolk is die karrakter wat ons bou wanneer ons deur moeilike tye gaan.

    Om skuldvry te word is die beste besluit wat jy nog ooit kon doen. Solank ons skuld het, is ons die slaaf van die persoon aan wie ons die geld skuld. Hou aan met die proses tot skuldvryheid. Dit is moeilik, dit is swaar maar die vrugte aan die einde van die dag is die moeite werd.

    Ek weet nie of jy weet nie maar daar is ‘n vinnige prosedure in die Hooggeregshof om agterstallige onderhoud te verhaal.

    Baie sterkte met alles maar ek weet jy so bo uitkom

    • Sene September 20, 2011 at 9:12 vm #

      Hi Riaan,

      Ek het geglimlag toe ek jou kommentaar aan Xanika lees. Ja, dit is waar… The borrower is slave to the lender. Om skuld vry te wees en veral as enkel ouer verantwoordelik met jou geld te werk is nie in menslike kragte moontlik nie.

      Xanika, Dit is nou al drie jaar nadat hierdie kommentaar geplaas is. Hoe gaan dit met jou? Is jy finansieel vry?

      My storie lui baie dieselfde as joune en ek staan op die Ewige Rots en veg elke stap met alles in my, maar ek laat nie toe dat dit my innerlike vrede of vreugde steel nie.

      Ek sal graag wil hoor hoe dit met jou gaan.

      Groete

      • Xanika September 23, 2011 at 3:24 vm #

        Sené
        Baie dankie vir jou kommentaar, was lekker om van jou te hoor.

  3. Paula April 23, 2008 at 9:24 vm #

    Xanika, dit is ‘n wyse besluit om al jou skuld af te betaal. Ek het ook jare terug dit gedoen en sal nooit weer terugkyk nie.

    Baie sterkte vir jou!

  4. Xanika April 23, 2008 at 11:40 vm #

    Te danke aan al my epos maatjies en veral aan Dirk het my donker wolkie nou weer ‘n silwer rand!

    Baie dankie vir jul vertroue in my. Is nie ek wat so wonderlik is nie, maar God se genade wat so groot is vir my.

  5. neykie April 23, 2008 at 11:48 vm #

    Xanika,

    Sterkte vir jou

  6. meermin April 23, 2008 at 1:32 nm #

    Xanika sterkte moet net nie gaan staan en doen wat ek laasjaar gedoen het nie, my rekening het ook net 2 paaiemente oor gehad, toe ek aansoek doen by hulle lening afdeling en die lening toe kry ook, ek maak toe alle klein skuld klaar, maar ek moet oor die R15 000 terug betaal, baie meer as wat ek geskuld het!! HOE DOM KAN EEN MENS NOU WEES? Sterkte mens kom daar uit, dit vat tyd ek weet dit is nie maklik nie, my een kaart is so in die rooi, want ek het baie geld daaruit getrek met Jaco, ek wil dit probeer stoot hierdie maand, sodat ek teen Desember net my kar oor het om te betaal!!

  7. meermin April 23, 2008 at 1:36 nm #

    Riaan ek lees nou eers jou comment, my eks skuld my baie agterstallige onderhoud, baie, so ook toe hy destyds bedank het het ek nie ‘n sent van al daai pensioen gelde gekry nie, ek wou dit vir die kinders wegsit!! Glo my ek gaan nie weer my voet in ‘n onderhoudshof sit nie, jy maak jou naam net g@t!! Jy kan nie wen nie!!

  8. Pikkelik April 23, 2008 at 3:05 nm #

    (((((((Xanika))))))) Sterkte vir jou…

  9. platkuif April 23, 2008 at 3:24 nm #

    xanika…mail my as jy ‘n gap kry.tx platkuif@bosparra.com

  10. Riaan Oosthuysen April 24, 2008 at 12:45 nm #

    Xanika. Voel jy darem nou al beter? Hoe het dit gegaan met jou aansoek om verhoging?

    Met verwysing na die onderhoudshof. Dit is nie nodig om onderhoudshof toe te gaan vir agterstallige onderhoud nie. Ons kan dit met ‘n kort proses deur middel van die HGH verhaal.

    Ons ondervinding is dat met die HGH proses is dit gewoonlik die mans wat tweede kom aangesien die HGH nie hulle nonsens duld nie.

    • Lizna September 16, 2009 at 3:42 nm #

      Hi Riaan

      Kan jy asb vir my die prosedures gee om te volg. Eks desperaat en baie moeg vir die gesukkel.

      Groetnis
      Lizna

    • Anette Junie 19, 2012 at 1:30 nm #

      Riaan, ek sien dat jy darem iets lyk my weet van hoe onderhoud werk. Die Hooggeregshof het ‘n bevel aan my man uitgereik om onderhoud te betaal, maar hy betaal nie die bedrag wat daarin uiteengesit is nie. Wat kan ek doen? Dit is mos minagting van die hof? Ek sal enige raad waardeer.
      Dankie.
      Anette.

  11. Liezel Februarie 25, 2009 at 10:29 vm #

    Kan jy dalk verduidelik wat die proses by die HGH is asb, ek sit in dieselfde penarie met verhoging v onderhoud, en ek sien nie weer kans vir die onderhoudshof nie

  12. Lizna September 16, 2009 at 2:56 nm #

    Hi Riaan

    Ek sluit aan by Liezel se comment, wil ook graag die prosedure weet, aangesien ek die einde van Oktober in die onderhoudhof moet wees. Ek’t ook al baie slegte ondervindings van dit gehad en is ook BAIE keelvol om net altyd te hoor hoe hy armoede pleit en daarmee weg te kom!!!!

    HELP ASB

  13. Liezel Februarie 4, 2010 at 9:37 vm #

    So gaan ons elke maand, v maand tot maand, om geld uit die ekse terug te kry, die onderhoud bet hy mooitjies betuds, elke maand op die 7 de nie ‘n dag vroeer of ‘n dag later nie, spite my, maar nie eintlik nie, ek bring my deel, kom net die kinders te na.

    Maar soos die skikking bepaal het, om die helfde skool uitgawes ens… kry nie ‘n doiie duit terug nie!

    Hoe gaan ek daarmee te werk?

    • Xanika Februarie 4, 2010 at 9:47 vm #

      Liezel, ek wens ek kon jou help! Die laaste keer dat ek hof toe gegaan het vir ‘n aansoek om verhoging van onderhoud, was die landdros gaan genoeg om ‘n bevel te maak dat my eks sy kind se skoolgeld moet betaal solank as wat hy hier skoolgaan. Hy betaal dit nie, maar ten minste tree die skool nou direk teen hom op en is dit nie meer my bekommernis nie. Op die oomblik is hy nog agter met die onderhoud ook, ek dink iets soos vier maande – ek is nie eens meer lus om te kyk nie! Het verlede jaar by hof gaan klag lê, maar hulle het bloot net op die datum van die hofverskyning vir hom gesê hy moet dit betaal en die saak van die rol verwyder.

  14. Liezel Februarie 5, 2010 at 10:36 vm #

    Weet jy die ergste van alles is, ek hoor gedurig hoe hul elke vakansie weggaan, ps3 stations kry, ens… en ek moet bedel vir die gedeelte wat hy moet betaal, sterkte vir jou ook, en mag die vroue een of ander tyd oorwinning vier

    • Xanika Februarie 5, 2010 at 11:07 vm #

      Liezel, dis so verkeerd dat ons so moet sukkel! Oral oor die media hoor mens hoe die kinders se belange veronderstel is om eerste te kom, maar in die praktyk werk dit net nie so nie. Baie sterkte, dit help nie regtig juis om te weet daar is ander mense wat ook sukkel nie, né!

  15. Ina Putter Junie 3, 2010 at 1:44 nm #

    Riaan Oosthuizen of enige iemand wat al die raad van Riaan gekry het van die HGH help my ook daarmee vir agterstallige onderhoud asb.

    Baie dankie Ina

    • Xanika Junie 3, 2010 at 2:28 nm #

      Hi Ina
      Ek hoop iemand kan jou help! Ek het self besluit om maar die onderhoudstorie te los, as hy nie betaal nie is dit maar net just to bad en as hy wel betaal, is dit ‘n bonus…

  16. Sene September 20, 2011 at 9:43 vm #

    Luister girls!
    Dit is sommer strooi hierdie!

    Jou kinders is geregtig op daardie onderhouds geld. Jy moet vir hulle opstaan. Ja, dit verg geduld en neem tyd maar hou aan hoop en moenie moedeloos raak nie. Doen wat jy kan en moenie dat dit jou lewe oorneem nie, maar moet verseker nie ophou nie!

    Het jy geweet dat iemand wat onderhoud moet betaal selfs krediet wat beskikbaar is moet gebruik om onderhoud te betaal! Hoe lyk sy krediet kaart? Ek weet van n geval waar die man 30 000 beskikbaar gehad het in sy krediet kaart en die Landros het beveel dat dit vir onderhoud betaal moet word.

    As jou eks werk gaan onderhoudshof toe en versoek n ‘garnishee order’ op sy salaris.
    Wees 100% eerlik en maak seker jou berekeninge is reg (Sluit selfs kontant bedrae in en dui dit aan as kontant).
    Vat die volgende saam:
    ‘n Rekonsiliasie van die onderhoud uiteensetting… wat hy betaal het en nie betaal het. Weet presies, tot op die sent wat hy jou skuld.
    Neem n afskrif van die hofbevel of skikkings ooreenkoms.
    3 maande van jou bankstate (oorspronklik en gestempel deur die bank), hiermee bewys jy dat jy nie die onderhoud ontvang het nie en wat jou bankbesonderhede is.
    Kry sy werkgewer se detail, salaris afdeling se nommer en adres. As hy dit nie vir jou wil gee nie vind uit waar hy werk. Jy weet ten minste in watter industrie hy werk en moet ‘n idee he. Bel die maatskappy, hoor of hy daar werk en kry hul detail.
    As jy moet, se vir hulle jy benodig hierdie inligting vir die onderhouds hof.

    As jy alles ingedien het, gaan dit na ‘n magistraat wat die salarisaftrekking bepaal en bevestig. Gewoonlik is dit: maandelikse onderhoud + ‘n deel vir die agterstallige onderhoud (bevestig deur n Landros in die strafregtelike hof).
    Die bevel word per balju op sy werkgewer onderteken.
    Die werkgewer trek dit direk by sy salaris af en betaal dit oor in jou rekening.

    Die magisstraat vind nie uit wat jou eks verdien nie, en stel hom ook nie in kennis daaroor nie. Dit gebeur net. As jy bv in Pta die versoek loods en hy is werksaam in Jhb kan dit tot 3 maande neem.

    Moenie verwag dat hulle (die hof of sy werkgewer) jou in kennis gaan stel nie. As jy alles ingedien het en duidelik aangeteken het wat jou bankdetail is moet jy nou net geduldig wag.

    Die ander opsie is om die persoon wat nie onderhoud betaal strafregtelik aan te kla vir die agterstallige onderhoud. Jy kan nie die persoon strafregtelik aankla EN ‘n garnishee versoek nie.
    Jy sal moet besluit watter opsie die beste is in jou geval.
    Strafregtelike mag jy dalk nie dadelik onderhoud ontvang vir die kinders nie; dit is n proses maar daar is ‘n plea and trial waarby hy skuld moet erken of nie. En die proses volg van daaraf.

    Ek ken nie die hooggeregshof roete nie. In elk geval het ek, as enkel ouer, nie geld om vir ‘n prokureur te betaal nie en die hooggeregshof vereis ‘n advokaat. Ek het besluit om alles in my mag te doen en nie onnodig geld te mors nie.

    Sterkte!

    • Xanika September 23, 2011 at 3:25 vm #

      Sené
      Baie dankie vir die inligting!

  17. GC Mei 2, 2012 at 12:37 nm #

    Hello daar, ek wil net weet of enige iemand terugvoer ontvang het van Riaan Oosthuizen. Ek is in dieselfde bootjie. Ek het dringend raad nodig. Help asseblief.

    • Xanika Junie 16, 2012 at 9:40 vm #

      Ek hoop iemand kon jou al help. Ek het opgegee met my eks.

  18. Xanika Junie 20, 2012 at 8:01 vm #

    Ek twyfel of Riaan nog hier lees, maar probeer hom kontak en laat weet of hy kon help! http://lawyersa.net/index.php?option=com_contact&view=contact&id=1%3Ariaan-oosthuysen&catid=12%3Acontacts&Itemid=53

Trackbacks/Pingbacks

  1. Wolke met silwer rante « Xanika se Blog - Junie 10, 2010

    […] so wonderlik hoe dinge sommer net kan verander. Nie dat ek dink enigiets gebeur sommer net nie, maar ja! Ek kan tog so […]

Wat is jou kommentaar?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: