My Desember vakansie – Die ou skool

14 Jan

Deel 2 volg more, ek moet net eers al hierdie foto’s gebruik!

Ons was die vakansie weer by die plek waar my ouma skool gegaan het. Dit bly vir my ‘n wonderlike ervaring! Die keer het my pa en ma ook saamgegaan en my boet en sy meisie was ook by. Mens kan sien sy is ‘n regte stadsjapie, hou niks daarvan om deur die gras en dorings te loop nie. Sy het op ‘n stadium so gekla dat my boet sommer vir haar weggeloop het. Sy het baie vinnig agter hom aangehardloop en nie gou weer gekla nie!

Ek wens ouma het nog geleef dat ek haar kon uitvra oor haar skooldae. En ek wens ek het neergeskryf as sy my vertel het van haar swaarkry tye iewers in die sneeu waar sy en my oupa gebly het. Maar nou ja, spyt kom mos altyd te laat!

4 Responses to “My Desember vakansie – Die ou skool”

  1. Paula Januarie 14, 2009 at 12:46 nm #

    Dit is wonderlik om te sien dat die gebou nog bewaar gebly het! Weereens pragtige fotos 🙂

  2. Riaan Oosthuysen Januarie 15, 2009 at 6:41 vm #

    Daar is darem een voordeel. Jy het ‘n Blog en eendag kan jou kleinkinders jou hele geskiedenis hier kom lees. Mooi foto’s

  3. Xanika Januarie 15, 2009 at 8:18 vm #

    Paula ~ baie dankie. Ja nee, die ou mense het geken van bou!

    Riaan ~ dis waar ja. Baie dankie.

Trackbacks/Pingbacks

  1. My Desember vakansie - Die slot « Xanika se Blog - Januarie 19, 2009

    […] Die volgende dag het ons weer na die plaas toe gegaan waar die skool was waar my ouma skoolgegaan het. Daarna het ons na die beeste gaan kyk en het ek en my boet se meisie baie groot geskrik toe een van die koeie ‘n snaakse geluid langs ons maak. Sy sal seker nog lank daaroor gespot word, het amper bo-op my boetie se kop geklim! […]

Wat is jou kommentaar?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: