Vakansie – uShaka Marine World (deel 3)

8 Apr

Dinsdag was ons Durban toe om uShaka Marine World te gaan besoek. Om een of ander rede verdwaal ons altyd as ons van Amanzimtoti af Durban toe gaan. Ons het 118 km ver gery om daar te kom, en slegs 40 km om terug by die huis te kom! Die plek is asemrowend, daar is die oulikste winkels en ek kon uiteindelik vir die laaitie ‘n swembroek koop. Ons het eers by Milky Lane koeldrank gedrink en roomys geëet voor ons na die diere gaan kyk het en al is die toegangsfooie baie hoog, was dit darem die moeite werd.

buitekant-van-akwarium

ingang-na-sea-world-akwarium

Die akwarium is in ‘n boot en dit is ‘n ervaring wat mens sekerlik nie maklik vergeet nie. Die laaitie het hom verkyk aan hoe dit binne-in ‘n boot lyk en sommige van die tanks waarin die visse is, lyk amper soos televisiestelle! Ek het visse gesien wat ek nie eens geweet het bestaan nie en veral die spinnekopkrappe sal my op die water laat loop! Ons was selfs gelukkig genoeg om te sien hoe die haaie kos kry.

In die akwarium is ook ‘n “danger zone” met allerhande spinnekoppe en slange en giftige paddas en reptiele wat jou hare so ampertjies laat regop staan.

danger-zone

laaitie-tussen-dolfyne

Nadat ons die akwarium besoek het, het ons na ‘n dolfyn- en seeleeuvertoning gaan kyk, maar voor dit het ek en die laaitie vinnig ‘n draai by die pikkewyne gaan maak. Die pikkewyne se venster is baie vuil, maar gelukkig was een baie nuuskierig en kon ek hom afneem.

pikkewyne

ma-kon-ons-darem-gewaarsku-het

Ek was gelukkig genoeg om ‘n baie mooi foto van die dolfyne te kon neem en ons was die laastes wat die beeldmateriaal van die geboorte van die dolfyntjie verlede jaar kon sien. En aan die einde het hulle vir ons totsiens gewaai!

dolfyne

Die seeleeus doen nie altyd wat hulle gevra word nie en ons het lekker vir hulle gelag. Is verbasend hoeveel hulle in elk geval doen van wat hulle beveel word! Wanneer elkeen voorgestel word, waai hy/sy en wanneer hy/sy klaar sy vertoning gedoen het, waai hy/sy weer totsiens!

seeleeus

ushaka

Vir die wat dalk opgelet het: die foto’s wat ‘n datum op het, is wat my ma met my digitale kamera geneem het en dié sonder ‘n datum, het ek met my selfoon geneem.

9 Responses to “Vakansie – uShaka Marine World (deel 3)”

  1. Zee April 8, 2009 at 11:46 vm #

    X, ek het gou deur 1-3 gedraf. Lyk of julle darem maar LEKKER vakansie gehou het.

    Ek wil nog ook baie graag uShaka Marine World toe gaan. Ek hoor dit is so lekker daar, en as ek nou hierdie foto’s so bekyk, lyk dit of dit baie lekker was!

  2. Xanika April 8, 2009 at 11:54 vm #

    Zee ~ dit was baie lekker. Dit is ‘n belewenis en al is dit BAIE duur, moet mens regtig probeer om daar uit te kom as jy die geleentheid kry.

  3. parkes1 April 8, 2009 at 1:59 nm #

    Ons gaan so baie af Amanzimtoti toe en was ook nog nooit by uSHAKA nie. Daar by ons woonstel is n plek Splash daar is slides en swembaddens, jy kan net op die swembad rond rits op n tube en die slides ry of net lekker in die son le, ek dink dit kos so R50.00 p/p maar baie lekker ons was in Desember een dag daar. Die kinders geniet dit nogal.
    Maar glo my as ek by die woonstel is verkies ek om in die woonstel te bly, mens kyk uit die venster op die beach dis heerlik!!

  4. Jenny April 8, 2009 at 2:20 nm #

    Ekt ook die laaste keer toe ons by uShaka was gedink dis verskriklik duur, maar dis regtig ‘n belewenis wat n mens at least een keer moet doen. Ek sal beslis weer gaan. Volgende keer dalk net die waterpark-gedeelte ook…
    Ek is baie bly julle het die vakansie so geniet!

  5. Ninette April 9, 2009 at 5:47 vm #

    Hallo Xanika

    Baie mooi foto’s. Ek was een keer by uShaka en het dit net so geniet – was mal oor die dolfyne se vertoning al kry ek hulle jammer dat hulle in gevangeniskap moet lewe .. hulle is pragtig met daardie “glimlag” op hulle gesigte, en so slim.

    Mooi bly.

  6. Renchia April 9, 2009 at 7:07 vm #

    Jy sal moet ‘n GPS kry…. ek kan nie glo dat jy wat met ‘n paar aanwysings sonder moeite by my huis uitkom kan verdwaal nie…. Jy moet ‘n wonderlike paasnaweek he…. sien jou volgende week.

    Lief jou!

  7. Xanika April 9, 2009 at 7:56 vm #

    parkes ~ so tien jaar terug sou ek dalk van die waterpark gedeelte gehou het, maar nou verkies ek om droog te bly!

    Jenny ~ die waterpark lyk nogal lekker, maar die water is heeltemal te koud na my sin.

    Ninette ~ ek stem saam met jou, dis tragies dat hulle as gevolg van en ter wille van mense so moet leef, maar anders sou ons nooit die geleentheid gehad het om hulle te kon sien nie.

    Renchia ~ en dan was dit nog as gevolg van my ma se swak aanwysings dat ons so verdwaal het! Wonderlike paasnaweek ook vir jou, kan nie meer wag vir volgende naweek nie! Lief jou baie!

  8. ding April 13, 2009 at 4:04 nm #

    Hmmm…. dankie – DIT was nou groot bederf om deur jou oë op die skerm te sien wat Ding in die gedagte onthou. Jy is reg: hierdie Shaka-valley IS deur en deur die moeite werd – veral met die regte geselskap 😉

    Man, ek het nou hierdie inskrywing van jou geniet!

  9. Xanika April 14, 2009 at 8:16 vm #

    ding ~ dis ‘n groot plesier. Hopelik kan ek dit eendag weer beleef – met die regte geselskap! Nie dat ek kla oor my ouers nie, maar dis darem net nie dieselfde nie…

Wat is jou kommentaar?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: