Om swanger te wees met ‘n tweeling

1 Mar

Ek het swanger geraak binne vyf maande nadat ek die pil gelos en ons besluit het om ons gesin uit te brei. Aan die een kant was ek nogal verbaas dat my man so gou wou probeer, maar aan die ander kant wat ek baie bly – ek word nie jonger nie! My ovulasiedatum was min of meer 10 Desember en op 20 Desember het ek ‘n swangerskapstoets gedoen en was dit positief.

Dit is een ding wat ek kan sien verbeter het met die jare! Met my laaitie was ek al ‘n hele ruk swanger voordat ons dit uitgevind het en nou kan jy al ‘n toets doen vier dae voor jou verwagte menstruasiedatum.

My man het op daardie stadium in die oggend gewerk en ek was met verlof. Ek het hom gebel om te hoor of hy gaan huistoe kom vir ete (hy het slegs ‘n halfuur ete en kom nie altyd huistoe vir ete nie). Hy was nie van plan om huistoe te kom nie, maar kon ek hom gelukkig oorreed om wel te kom en die goeie nuus met hom te deel.

Terug by die werk het hy sy skoonsus vertel en sy het my gebel en terwyl sy met my gepraat het en ek haar gevra het om nog nie vir almal te vertel nie, het iemand gehoor dat sy met my praat en almal vertel… Ek sou eintlik so graag die nuus vir eers net vir my en my man wou hou, maar nou ja.

Ons het die 31ste Januarie vir die eerste sonar gegaan en uitgevind ek verwag ‘n tweeling. Ek het geweet dat daar so ‘n moontlikheid was (my ma is eenvan ‘n tweeling en het ‘n tweeling verloor en ek was die 19de Januarie al 35), maar toe ek die twee vrugsakkies sien, het ek dadelik besef dat ek nie gedink het dit is moontlik nie! Mens se hele wêreld draai net daar op sy kop.

Ek was die res van daardie middag so te sê histeries en vir die volgende sowat twee weke in ‘n toestand van skok. Dit was darem net tot ek en my ma Pep toe gegaan het en ek ‘n paar stukkies klere gekoop het – dit het gehelp om die skok in opgewondenheid te verander en voel ek van toe af darem meer positief daaroor. God sou sekerlik nie so iets oor ons pad laat kom het as ons dit nie kan hanteer nie – en as Hy nie ook verder vir ons en in ons behoeftes sal voorsien nie.

Die ergste is dat ek byna niks meer babagoed het nie. Ek het so drie jaar terug besluit dat ek nie weer gaan trou nie en dus ook nie nog kinders sou hê nie en byna al die babagoed wat ek nog gehad het, van ontslae geraak! Ek het darem nog die laaitie se kot en meeste van die beddegoed, maar verder nie veel wat ek sal kan gebruik nie! Gelukkig kan ek weer die babakas by my oom leen wat ek met die laaitie gebruik het en het ons ‘n kot en babakas gekry vir R500.00 wat ons vanmiddag gaan haal, maar ons sal moet nuwe matrasse kry en ek hoop om iewers ‘n camping cot te kry sodat hulle aan die begin saam by ons in die kamer kan slaap.

Verder was ons ook gelukkig genoeg om ‘n dubbelpram vir R1,000.00 te kry wat nog so te sê splinternuut is, dit was ‘n vloermodel in ‘n babawinkel. Eers het ons gedink om twee prams te kry omdat ek nie sommer alleen met hulle sal uitgaan nie, maar ek het nooit gedink aan alleen by die huis nie!

Ek was Sondag 13 weke swanger en is die “gevaar tydperk” darem nou verby. Ek sukkel met naarheid en moegheid en ek sukkel om te slaap, maar ek gelukkig geen ander klagtes nie. Behalwe dat ek nie meer veel klere het wat pas nie! Vrydagaand was my middel 86 cm en vanoggend 89 cm en toe ons gister by die dokter was, het sy gesê my uterus is reeds so ver soos ‘n vrou wat met een swanger is op 16 weke.

Ons kon die babas mooi sien op die sonar en baba een is verskriklik besig. Ons het ook gesien dat altwee duimsuig. Dit was net te wonderlik om hulle te kan sien. Ons sal net ongelukkig moet wag tot na 20 weke om te kan sien wat hulle is, want al is die geslag al duidelik herkenbaar op 13 weke, is ons dokter se sonar te oud om dit nou al te kan wys en sê sy jy kan eers sien na 20 weke. Ek glo egter dit is ‘n seuntjie en dogtertjie, maar wat dit ook al is, is die belangrikste maar net dat hulle normaal en gesond is.

14 Responses to “Om swanger te wees met ‘n tweeling”

  1. seegogga Maart 1, 2011 at 9:49 vm #

    Baie geluk en baie sterkte!

  2. Zee Maart 1, 2011 at 10:15 vm #

    Wow, dis so amazing! Alles gaan sommer in plek val, jy sal sien, en jy gaan alles wat jy nodig sal hê, op die regte tyd kry!

    Ek kan nie wag om die twee bondeltjies vreugde te sien nie 🙂

    • Xanika Maart 1, 2011 at 10:17 vm #

      Dit is werklik amazing! Ek kan nie beskyf hoe opgewonde ek gevoel het gister toe ek die twee sien nie, veral die een wat so besig is! Ek twyfel tog so maklik, as ek net al vat hoe maklik ons die pram gekry het.

      My man kan ook nie meer wag nie. Dan gaan ons regtig ‘n plan moet maak om te ontmoet en te kuier! Iets soos Xanika se bloggachino of so!

  3. Julandi Pagotto` Januarie 3, 2012 at 2:06 nm #

    So jou tweetjies is nou gebore, was dit toe ‘n seuntjie en ‘n dogtertjie? My dogtertjie is nou al 2 en ‘n half maande oud en ek sukkel om haar deur geslaap te kry, ek het ook weer getrou en alles weg gegee na my eerste kind, maar een behoorlike storktea toe het ek alles weer! Maar sjoe alles is tien keer duurder as met my eerste kind!

    • Xanika April 5, 2012 at 4:30 nm #

      Hi Julandi skuus ek antwoord nou eers! Hoop jy het weer kom lees, myne is 2 dogtertjies en nou al amper 8 maande. Ons het uiteindelik met albei ‘n goeie nag gehad laasnag, hoop julle slaap al beter.

  4. Julandi Mei 15, 2012 at 12:27 nm #

    Hi

    Ek het darm weer kom lees, dankie vir die reply, my dogtertjie
    is nou al 7 maande, en sy slaap nogsteeds nie deer nie, so nou en dan slaap sy deer maar meer dan as nou haha, maar sy is pragtig! Sterkte, hopelik sal ons albei een van die dae elke nag ‘n goeie nagrus he!

    • Xanika Junie 16, 2012 at 9:42 vm #

      Ek hoop jou dogtertjie slaap nou al meer gereeld deur en nie meer net nou en dan nie! Hier is dit maar nog op en af, die twincessies maak beurte om sleg te slaap en soms werk dit so uit dat dit albei se beurt in een nag is! So ons hoop ook nog vir goeie nagte!

  5. Jane Junie 21, 2012 at 3:44 nm #

    Xanika ek het vandag (op 10 wekies) uitgevind dat ons ‘n tweeling verwag. Ek en my man is pasgetroud en het net 6 maande gevat om swanger te raak. Ons is baie opgewonde maar ek is skrikerig oor die kraam en die swaar drae en so aan het jy enige raad?

    • Xanika Junie 22, 2012 at 8:09 vm #

      Baie geluk Jane! Ons was ook 6 maande getroud toe ek swanger geraak het met die tweeling. Ek was ongelooflik geskok en eintlik histeries toe ons uitgevind het dit is ‘n tweeling en dit het my swangerskap en alles so beïnvloed dat ek dit nie werklik geniet het nie, waaroor ek vandag baie spyt is. Wees net rustig oor alles, vat dit een dag op ‘n slag, lees soveel as moontlik op oor tweelinge – om swanger te wees met ‘n tweeling, om te kraam en hoe om die eerste ruk te oorleef. Dit voel of 18 maande van my lewe gesteel is en kon dit so anders gewees het. Wat ek wel kan aanbeveel is kry ‘n dokter / gyni wat jy kan vertrou en wat jou en jou babas se welsyn eerste stel, doen so min as moontlik van 26 weke af (ek het sommer ophou werk en myself op bedrus gesit!), kry vir jou ‘n maternity support band (http://www.carriwell.co.za/asp/seamless/maternity_support_band.asp) en aanvaar almal se hulp! Ek hoop dit help, en jy is baie welkom om vir my ‘n e-pos te stuur (Xanika@vodamail.co.za) dan kan ons gereeld gesels!

  6. Tina Taljaard Julie 18, 2012 at 9:59 vm #

    Hallo Xanika

    Ek het toevallig op jou blog afgekom. Jammer dat ek voorop die wa klink maar ek vind dit baie opwindend dat jy daaroor skryf. Ek nou ook uitgevind ek word ouma van n tweeling. Ons is baie baie opgewonde. My skoondogter is nou 15 weke so sy het nog n lang pad om te stap. Hulle het n dogtertjie van 2jr en vyf maande. Hulle wou net nog enetjie gehad het maar nou ja die Liewe Vader het dit anders bestem. En ons is baie dankbaar daarvoor. Ek glo ook Ons Vader sal dit nie op hul pad sit wat hul nie kan hanteer nie. Julle is beslis uitgesoek vir hierdie wonderlike voorreg. Laat weet maar weer hoe gaan dit met hulle.

    Groete
    Tanie Tina

    • Xanika Julie 18, 2012 at 10:11 vm #

      Goeiemore Tannie Tina

      Baie dankie vir die kommentaar, ek stuur vir u ‘n e-pos!

      Xanika

  7. Hester van Staden Junie 27, 2017 at 11:20 vm #

    Xanika
    My dogter verwag ook ‘n tweeling. Voel tans baie negatief oor die naarheid. Dit is haar eerste swangerskap. Is daar raad wat ek haar kan gee asb.

    Groete
    Hester

    • Xanika Junie 27, 2017 at 2:13 nm #

      Baie geluk en baie sterkte. Het sy al gemmer (soos gemmerkoekies) probeer? Dalk help dit haar, ek kon dit nie gebruik nie, want ek is allergies vir gemmer!

Wat is jou kommentaar?

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: