Kry my tog net ‘n bietjie jammer asseblief!

16 Jan

Ek wou eintlik vandag die inskrywings oor my vakansie afgesluit het, maar ek het nie gistermiddag daarby uitgekom om dit te tik nie en sal dit nou maar eers moet wag.

Vanoggend voel ek bietjie jammer vir myself. Dis nou al ‘n hele ruk dat ek sukkel met ‘n seer been, vermoedelik as gevolg van ‘n “dislocated hip”. Ek het eers op 18 maande begin loop, my ma het begin vermoed iets is fout toe ek nie na my eerste verjaardag begin loop nie en het sy my dokter toe gevat. Daar was toe vasgestel dat ek met “dislocated hips” gebore is wat nooit opgetel was by my geboorte nie.

Ek kan nog onthou die spalke waarmee ek moes slaap en het ek nou nie juis enige lekker herinneringe daaraan nie!

In st. 6 was my regterbeen so seer dat ek ‘n ruk lank in die hospitaal was, maar die dokters kon nooit vasstel wat fout was nie en het hulle gesê dis “reumatoide artritis”. Ek kan nie onthou hoe lank ek in die hospitaal was nie, maar my been het reggekom.

Destyds het die dokter wat my met die spalke laat slaap het, blykbaar vir my ma gesê dat ek heel moontlik probleme gaan kry met my heupe. Ook dat ek nie normaal sal kan geboorte skenk nie. Gelukkig dat my ma my nooit daarvan vertel het nie, my laaitie se geboorte was seker een van die maklikste normale geboortes waaraan jy kan dink!

Verlede jaar September het ons op ‘n stadium my oom Vereeniging toe gevat. Ek dra nie baie hoëhakskoene nie en het net een paar hoëhaksandale en daardie middag het ek dit aangehad. Ek weet om dit nie aan te trek as ek baie loop nie, maar ek het nie daaraan gedink dat ons winkels toe sou gaan nie.

Ek weet nie presies hoe lank daarna nie het my tone aan my regtervoet begin pyn. En daarna my hele been. Soms wanneer ons met die hond gaan loop, voel ek lus om sommer net iewers te gaan sit en huil so erg seer is dit!

Vanoggend het ek toe so bietjie op die internet gaan lees oor “hip displacement”. En ek hou glad nie baie van wat ek gekry het  nie.

As ek liewer was vir dokters sou ek seker al dokter toe gegaan het daaroor, maar ek het nou nog nie juis gedink dat ek sal doodgaan van die pyn nie…

25 Responses to “Kry my tog net ‘n bietjie jammer asseblief!”

  1. Riaan Oosthuysen Januarie 16, 2009 at 10:02 vm #

    Sterkte met die pyn, maar solank daar lewe is, is daar hoop. Ek glo aan genesing maar ek glo ook dat God dokters daar gestel het. Glo jy gaan gou beter voel

  2. Xanika Januarie 16, 2009 at 10:11 vm #

    Riaan ~ dankie. Alle dokters is seker nie sleg nie, is nou maar net ongelukkig dat ons nog nie veel goeies mee te doen gehad het nie! Miskien het die twee ekstra kilogramme ook iets daarmee te doen en sal ek nou harder daaraan werk om daarvan ontslae te raak. Mens kry net nie veel ondersteuning as almal dink jy in elk geval maer is en hulle hoor jy nog 2 kilogram wil verloor ook nie!

  3. Wipneus! Januarie 16, 2009 at 12:43 nm #

    Dis sleg om so pyn te moet hê. Miskien moet jy tog maar ‘n dokter gaan sien. Sterkte vir jou!

    Gaan jy hierdie naweek partytjie hou?
    Ek sien iemand verjaar Maandag? 😉

    Lekker naweek!

  4. rosalindfranklin Januarie 16, 2009 at 4:38 nm #

    hallo daar,
    dit kan dalk die moeite werd wees om vas te stel of dit rheumatoid arthritis is of nie. Dit is ‘n outo-immuniteitsiekte wat erge pyn veroorsaak, en of dit gewone arthritis is. Want daar is behandeling vir beide. Daarvoor moet jy ‘n rumatoloog gaan sien.

    Om vas te stel of dit jou heupbene is, moet jy ‘n ortopeed gaan sien. (Congenital Hip Dislocation) of Dysplasia. Was jy’n sogenaamde “brug-baba”?
    Maar dit is vreemd, want as baba is dit sigbaar en die dokters sou dit maklik kan regmaak.

    As ek jy is gaan sien ek eers ‘n ortopeed wat ‘n x-straal sal laat doen om mee te begin. Daar is geen rede dat jy so swaar moet kry nie.

  5. Ninette Januarie 16, 2009 at 7:26 nm #

    Aai, dis nie lekker om seer te he nie – ek sou ook soos Wipneus se: gaan maar dokter toe en hoor wat daaraan gedoen kan word. Sterkte.!

  6. Xanika Januarie 16, 2009 at 8:25 nm #

    Wipneus ~ is vir my moeilik om te aanvaar dat die dokter by wie my ma my gehad het, haar gewaarsku het dat ek probleme gaan kry as ek ouer word en dit nie behoorlik behandel word met o.a. die spalke nie en my ouma-hulle toe soveel druk op my ma geplaas het oor ek swaar kry met die spalke dat sy dit toe maar gelos het. Van wat ek verstaan is die enigste oplossing in sommige gevalle om te opereer, vir die res kan niks gedoen word nie. Jy`s reg oor die verjaardag, sal seker Sondagmiddag koek en tee gee, maar beplan niks spesiaals nie.

  7. Xanika Januarie 16, 2009 at 8:29 nm #

    Ninette ~ ek gebruik nou maar pille vir artritis en dit help beslis. Moet ook maar nie te veel beweeg nie, maar dis ietwat moeilik! Sodra ek van ñ dokter gehoor het wat bereid is om na my hele storie te luister sonder om sy eie kop te volg, sal ek gaan. Tot dan moet ek maar daarmee saamleef.

  8. Xanika Januarie 17, 2009 at 8:27 vm #

    Rosalind ~ baie dankie vir jou comment. Ek was nie ñ brugbaba nie, was wel met dislocated hips gebore, maar om een of ander rede was dit nie opgetel by my geboorte nie. Destyds het die dokters gesê dis artritis oor hulle nie kon vasstel wat fout was nie. Ek het nou nie juis veel vertroue in dokters nie, hulle het byna my ma se dood veroorsaak, vandat sy nie meer oor alles dokter toe hardloop nie, gaan dit met haar baie goed. My pa was ook byna dood na hy ñ hartaanval gehad het en die dokter dit nie kon vasstel nie.

  9. Wipneus Januarie 19, 2009 at 7:37 vm #

    Baie geluk met jou verjaarsdag Xanika!!

    So, I hear you’re getting older
    Now where’s your common sense?
    You think that olders golder?
    Me, I’m staying here on this fence.

    I don’t wanna be grownup all the time, there’s no fun in that
    I tried it for a day or two and decided to slip back
    I don’t want to go to work each day, I’d rather stop and fish
    So I found me this special fence where I can do just what I wish.

    When I want to be a kid, I’ll tumble to the back
    I’ll run, and play and jump and slide and give a tree a whack
    I’ll play and play and play and play until the day is done
    And if I want I’ll play some more, as if it’s just begun
    And when I want to be a grownup, it’s to the front I’ll go
    No one can tell me what to do, because I’m too old you know.

    Now this special fence’s a big one, plenty big enough for two
    And I’ve saved a special spot here that’s just reserved for you

    It’s ok to have a birthday, birthdays can be fun
    Just don’t be any older when the day is done.
    Come and sit upon my special fence and you’ll stay ageless too
    And we’ll see that we have special fun in everything we do
    Let other folks get older, if that’s what they want to be
    And you and I’ll go fishing or we’ll go climb a tree.

    So go ahead and have your birthday, but use your common sense
    Don’t go getting any older just come join me on my fence.

    Geniet die dag!!! En mag die jaar vir jou alles wat mooi is inhou!

  10. Xanika Januarie 19, 2009 at 8:28 vm #

    Wipneus ~ baie dankie, ek is mal oor die gediggie! En ek kom sit met graagte saam met jou op jou “fence”!

  11. White Knight Januarie 19, 2009 at 9:10 vm #

    Dagse Xanika
    Baie geluk met jou herdenking van jou geboortedag. Glo en vertrou dat jou pyn gou iets van die verlede sal wees en jy ‘n voorspoedige lewe vorentoe sal beleef.
    Groete

  12. Xanika Januarie 19, 2009 at 9:16 vm #

    White Knight ~ baie dankie. Hoop jy het ‘n wonderlike dag!

  13. Zee Januarie 19, 2009 at 9:19 vm #

    Xanika, baie GELUK met jou verjaarsdag. Mag die jaar vorentoe net sommer stunning wees vir jou!!!

  14. Xanika Januarie 19, 2009 at 9:26 vm #

    Zee ~ baie dankie, ek waardeer jul almal se mooi wense meer as wat ek kan sê.

  15. Bottertjie Januarie 19, 2009 at 10:23 vm #

    Hartlik geluk met jou B-day! Hoop jou dag is vol liefde, vreugde en vrede en dat dit sal oorvloei na more en oormore en die dag daarna en die dag daarna en …

  16. Amanda Januarie 19, 2009 at 10:31 vm #

    Baie geluk met jou verjaardag! Mag die volgende jaar net vol geluk en vreugde (en miskien ‘n ander helfte, he he) wees!!

  17. Xanika Januarie 19, 2009 at 10:45 vm #

    Bottertjie ~ baie dankie vir die mooi wense.

    Amanda ~ baie dankie ook vir jou mooi wense (en ander helfte…)

  18. boendoe Januarie 19, 2009 at 10:53 vm #

    Geluk, Xanika! 😉

  19. Xanika Januarie 19, 2009 at 11:08 vm #

    boendoe ~ baie dankie!

  20. Klip Januarie 19, 2009 at 1:28 nm #

    Hallo daar Xanika

    Hoop jou dag is gevul met vreugde en liefde , mag jy nog baie jare gespaar wees.

    Sterkte met die eina, hoop jy voel beter , en mag jou eina sommer heeltemal verdwyn

  21. Xanika Januarie 19, 2009 at 3:18 nm #

    Klip ~ baie dankie. Moet seker maar by ñ dokter uitkom!

  22. rosalindfranklin Januarie 20, 2009 at 4:26 nm #

    Ek is ‘n bietjie laat, maar steeds baie geluk.
    Ek kan jou woede oor dokters verstaan, dit maak regtig vir my sin. Maar ek voel so sleg dat jy in pyn lewe. Jy kan self ook x-strale laat neem van jou heupe en daarna dit na ‘n ortopeet toe neem.
    Jy kan ook vir jou mediese fonds vra wie is goeie dokter om te gaan sien, die meeste fondse kan een aanbeveel.
    In alle geval as jy raad wil he oor hoe om ‘n dokter gal te gee en watter vra om te vra, wat jou regte is, kan jy my epos 😉

  23. Xanika Januarie 21, 2009 at 8:27 vm #

    Rosalind ~ baie dankie, ek mail jou!

  24. Johann September 15, 2017 at 12:25 nm #

    Ontwrigte heupe: Ek soek na ‘n vroutjie gebore 13 Julie 1974 met horrel voetjies (oeg, dis ‘n woord wat ek niks van hou nie). Vir haar het ek wonderlike nuus. Johann by Viljee7@gmail.com

Trackbacks/Pingbacks

  1. Sciatica « Xanika se Blog - Junie 2, 2009

    […] 10:17 am } · { Uncategorized } Ek was verlede week vir ‘n slag weer dokter toe oor my been. Dit gaan nog glad nie beter nie en die fisio het dit ook net vererger. Hierdie dokter het […]

Lewer kommentaar op Wipneus! Kanselleer antwoord